Wean & Nicci se Pragtige Helder Troue

Met opgewondenheid deel ons Wean en Nicci se pragtige helder troue met Mooi Troues se lesers.  Hierdie skilderagtige unieke troue in die Wes Kaap is een wat jy nie moet mis nie!

Die paartjie fotoโ€™s is sprokiesagtig mooi.  Met die natuur tonele by Cherry Glamping kon dit nie meer beeldskoon uitdraai nie.  Ons is mal oor die geskilderde sonsak wat sรณ romantiese atmosfeer skep.  Hierdie moderne rustieke trouvenue is pragtig met sy beeldskone omgewing en uitsigte.

Fender Bridal Design het die aller mooiste trourok vir Nicci ontwerp.  Die inspirasie vir Nicci se trourok was โ€œou wรชreldse sjarmeโ€.  Nicci het 3 uitrustings โ€œin eenโ€ gehad โ€“ vir die seremonie: โ€™n driekwart mou bo-stuk gemaak van ingevoerde moderne kant met crepe romp; vir die onthaal het sy die crepe romp verruil vir โ€™n sjiffon romp en die bo-stuk vir sjiffon moue.  Die elegansie van die trourok het haar natuurlike skoonheid versterk en het ล‰ tydlose, betowerende voorkoms gegee.

Die dekor en blomme deur 4 Every Event was ongelooflik pragtig en helder.  Alles het sรณ perfek saamgewerk om ล‰ uitsonderlike atmosfeer te skep.  Die kreatiwiteit en aandag aan detail het duidelik in die trou dekor en blomme uitgeblink. Dit het die venue omgetower in ล‰ wonderlike skouspel van skoonheid.

Die span  het ook gesorg vir ruikers vir die bruid en haar gevolg. Hulle was verantwoordelik vir die huur van meubels en die installasie van al die liggies by die troue.

ร‰hl-kah Creative was die trou koรถrdineerders vir hulle troudag en het seker gemaak dat alles vlot geloop het en al diensverskaffers was op tyd en opgestel.  Mens kan altyd staat maak op Ehl-Kah Creative en hulle span om dit vir jou en jou gaste ล‰ onvergeetlike fees sonder stres te maak.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se troue en hul liefdesreis!

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het heel toevallig ontmoet by ล‰ wynfees in Oktober 2019 (Wine on the River) en het so goed oor die weg gekom.  Ons het vir ล‰ geruime tyd vriende gebly voordat Wean my Oktober 2021 uitgevra het.  Op my 30ste verjaardag in September verlede jaar het hy vir ons twee ล‰ verrassings reis gereรซl.  Ek het my vermoedens gehad, maar niks groot nie.  Na ล‰ pragtige stap deur die woud, was ek besig om reg te maak vir wat ek gedink het ล‰ gesin middagete was, maar het uiteindelik verloof geraak.  Dit was sรณ spesiaal en ek sal dit altyd onthou as een van my gunsteling dae.

Trourok:


Omdat ek self ล‰ trou fotograaf is, sien ek gereeld hoe sommige bruide sukkel om te dans en hul aand in ล‰ lang rok, of ล‰ styfpassende lang rok te geniet.  My beste vriendinne het toe saam na ล‰ paar aanpassings gekom en ek het regtig verlief geraak op ล‰ hele paar rokke.  Ek het ล‰ plan gehad en ek wou daarby hou, en ek is so bly ek het dit gedoen.

Ek het Fender Bridal op Goggle gevind, hulle is baie naby aan my gebaseer, so ek het my kanse gewaag en ล‰ konsultasie bespreek.  Sonder om te veel in te meng, laat hulle jou soos die enigste bruid in die wรชreld voel!  Hulle het vir my ล‰ rok ontwerp wat 4 elemente bevat om dit soos ล‰ heeltemal ander rok te laat lyk sonder om verander te word.  Ek het ล‰ kort boob-tube rok (1) gehad, met ล‰ romp wat ek kon aantrek en oor my rok kon uittrek (2). Ek het ล‰ stunning cami gehad vir die seremonie (3) en ook aanknip moue sodat ek die nag kon dans sonder dat dit afgly (4).

Meer oor 4 Every Event:


4 Every Event is ล‰ familie besigheid in die Overberg Grabouw/Elgin area.  Hul spesialiseer in troues โ€“ hoofsaaklik ล‰ dekor en verhuring maatskappy.  Alles van die gewone huur items soos eetgerei, glase, borde โ€“ tafels, stoele, basies al die praktiese items wat paartjies mag nodig kry by hulle troues, tot die mooi maak items soos die blomme, beligting, meubels, dansvloere en tente.

Hulle dienste is aanpasbaar vir elke paartjie in terme van beperkte huur items of ล‰ volle diens.  Die span se passie is troues, die details, die stilering, ontwerp en dan die op die dag se diens om alles bymekaar te bring.  Hul mik vir ล‰ groen voetspoor in hul besigheid en fokus daar op om tweedehandse items aan te koop en oor te doen.  Hulle maak ook baie van hulle eie meubels, gebruik slegs sover moontlike tweedehandse hout, seisoenale blomme en herwinbare produkte.

Trou Venue:


Een van die belangrikste dinge vir ons was dat almal kon oorbly en jol tot watter tyd hulle wil!  Ons was opsoek na ล‰ venue wat ons toegelaat het om te doen presies wat ons wou en ons wou ook ล‰ venue hรช waar al ons gaste die Vrydagaand bymekaar kon kom en tyd saam met vriende en familie kon spandeer wat hulle dalk lanklaas gesien het.  Cherry Glamping het ons al die bogenoemde gegee.  Dit was ook lekker naby die huis so dit het elkeen van ons boksies afgemerk.  Dit is ook absoluut stunning daar wat ook gehelp het. ๐Ÿ™‚

Verloof- en Trouringe:


My ring is die wonderlikste skepping wat jy nog ooit gesien het.  My ouma het vir my 2 diamante en ล‰ saffier gelos.  Wean het ล‰ paar wenke by my geneem wat ek voorheen aan hom gestuur het, en ล‰ meesterstuk ontwerp met die stene wat my ouma vir my gelos het.  Dit is eerlikwaar die mees spesiale stuk juweliersware!

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Ek het nie regtig ล‰ gunsteling oomblik nie.  Ek bedoel diรฉ hele dag was skouspelagtig!  Maar ek moet sรช, om in die trougang af te stap is redelik verstand bysterend. ๐Ÿ™‚ So as ek moes kies, sou dit waarskynlik dit wees.

Meer oor Fender Bridal:


Fender Bridal Design het โ€™n aanlyn winkel met ล‰ versameling goed gekoรถrdineerde trourokke, meng-en-pas trou kledingstukke, bykomstighede (sluiers ens.) en juwele. Alles op hul aanlyn winkel kan ook in persoon besigtig en aangepas word by ons ateljee in Somerset-Wes, slegs 40 minute se ry van Kaapstad af.  Hulle voer trourok materiaal in van regoor die wรชreld, en kliรซnte het toegang tot die nuutste ontwerpers materiaal en kant wat beskikbaar is.

Hul produkte word in Suid Afrika vervaardig wat beteken hul kan in minder as 2 maande jou trourok vir jou aflewer indien nodig.  Fender Design bied ook vir bruide die opsie om aanpassings te maak op die silhoeรซt, kleur en materiaal waarvan die rok gemaak is.  Patrone word uniek vir elke kliรซnte opgetrek volgens die bruid se liggaamsbou wat beteken hul werk nie met standaard rok groottes nie.  Hul koerier bestellings regoor die land โ€“ konsultasies geskied dus aanlyn of in persoon.  Daar is ล‰ verhurings opsie.

Meer oor Ehl-Kah Creative:


ร‰hl-kah Creative spesialiseer in beplanning en koรถrdinering van troues en geleenthede.  Hulle gaan probeer om altyd die JA te vind vir hul kliรซnte en om wonderlike ervarings te skep terwyl hul koste-effektief werk.  Hulle verhoudings met hul paartjies is vir ons baie belangrik omdat elke paartjie/kliรซnt is uniek.  Die span glo dat die reis wat hul saam met hul paartjies stap voor die troue is net sรณ belangrik soos die troudag.

Hul werk saam met ล‰ droomspan van diensverskaffers wat hul meer baie sterk verhoudings opgebou het en wat hul paartjies die beste diens moontlik bied. El-Kah Creative spesialiseer in trou skryfbehoeftes ook soos die ontwerp van welkom borde, spyskaarte vir die tafel en ook troue geskenkies wat ons paartjies vir hulle gaste wil gee!  Hulle sien uit daarna om die beste dag van jou lewe te beplan!

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Dit is ล‰ verskriklike vraag! Ek het my diensverskaffers gekies omdat ek geweet het hulle sou ongelooflik wees! 

Die kos was iets waaroor almal nog praat, so ek moet sรช, Stan het regtig uitgehaal en gewys met die canapes en die hoofgereg.  Dit was ongelooflik en ek kan nogal moeilik wees as dit by goeie kos kom. 

Om ล‰ goeie platejoggie te hรช, is eintlik die beste ding wat jy vir jouself kan doen!  Armand was ongelooflik en het almal op die dansvloer gehou!

Trou Dekor en Styl:


Ons het nie ล‰ vasgestelde kleurskema gehad nie.  Ons wou alles moes aards en eenvoudig hรช.  Ek wou kleiner blomme op die tafel hรช, want kom ons wees eerlik, niemand praat daarna ooit oor die blomme nie.  Ek wou hรช die tafels moet elegant lyk sonder dat die blomme spasie opneem sodat mense dinge moet rondskuif.  Die een ding wat ek nie wou hรช nie, was Eucalyptus blare.  Hulle lyk net vir my vals.  Ek wou egte plante hรช en het regtig baie hulp gehad van Nadia van 4Every Event wat ons blomme en dekor gedoen het.  Ek het vir haar ล‰ paar idees gestuur en sy het die visie gesien en dit tot lewe gebring!

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reรซlings:


Wees selfsugtig vir julself!  Soveel mense raak betrokke en probeer help.  Ja, dit kan nuttig wees, maar onthou dit is jul dag.  As daar iets spesifiek is wat JULLE wil hรช, doen dit dan!  Moet ook nie te veel bekommer oor almal anders op die dag nie.  Almal is daar om jou liefde en geluk te ervaar, jy hoef nie iemand anders gelukkig te hou by jou troue nie.

Eerste Dans:


Lief- Karlien van Jaarsveld

Trou Begroting en Beplanning:


Wean en Nicci het 105 gaste by hul troue gehad met โ€˜n koste van ongeveer R2 400 per persoon.  Die koรถrdineerder het vir om en by 7 maande aan die troue beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: