Dit is met groot opwinding wat ons Leendert en Christel se unieke seiljag verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers deel. Met deftige uitrustings en asemrowende ligging is hierdie fotosessie een wat jy nie moet mis nie!
Die inspirasie vir die fotosessie het ontstaan uit die paartjie se gedeelde liefde vir ʼn dam uitsig. Hul gesamentlike huis in Hartbeespoort kyk oor die dam en hul troue vind plaas by ʼn venue met dieselfde uitsig oor die dam. So dit het vir Anru en Taniks soos die perfekte plek gevoel om die seiljag verlowing fotosessie oomblik vas te vang
Die paartjie het al te pragtig gelyk! Christel het 3 verskillende uitnemende rokke aangehad. Leendert het net so dapper gelyk met sy swart pak.
Leendert en Christel vertel dat hulle graag foto’s wou hê vir hul trou uitnodigings en om gemaklik te raak voor die kamera vir die groot dag. Ons is verseker dat hulle sommer baie pragtige foto’s gehad het om van te kies. Dit is een van die baie redes hoekom paartjies graag ʼn verlowing fotosessie wil hê.
Foto’s saam as ʼn paartjie is so belangrik. Dit is daardie herinneringe en terugflitse wat mens kry as mens na foto’s kyk wat foto’s só belangrik maak. Nie net is dit herinneringe nie, maar dit kan ook só mooi lyk as deel van jul trou uitnodigings, deel van jul trou skryfbehoeftes en julle trou webtuiste, indien julle een het.
Is julle besig om ʼn troue beplan? Besoek Mooi Troues se trougids vir al jul trou diensverskaffers. Met professionele trou diensverskaffers sal julle trou beplanning soveel minder stresvol wees.
Rol af om meer te lees oor Leendert en Christel se seiljag verlowing fotosessie en ook hulle liefdesreis as paartjie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Na ʼn toevallige ontmoeting ʼn paar jaar gelede het ons mekaar toe weer op Tinder gevind. Van die eerste kuiertjie af was die skoot hoog deur. Ons het 24 Mei 2022 begin uit gaan en het verloof geraak 22 Julie 2023.
Die groot vraag:
Dit was ʼn groot verassing!
Leendert het van sy naaste vriende gehad om saam hom die hele verlowing te beplan. Hy het vir my gesê ons gaan na ʼn vriend van hom se doeke braai toe in die Kaap. Ons een vriendin het vir my gesê ons gaan na ʼn dames kaas en wyn dag toe terwyl die manne by die doeke braai is. Sonder dat ek weet was daar nooit ʼn doeke braai nie.
Toe ons by die venue van die “kaas en wyn” opdaag toe wag Leendert reeds vir my. Ons gunsteling liedjie is “Lief” deur Jacob Swann … Toe ek by die trappe op stap toe staan Leendert en wag vir my terwyl Jacob Swann regstreeks ons liedjie vir ons optree. Ons was by Bartinney Private Cellar waar ons oor die wyn landgoed gekyk het en gekuier het vir die dag saam ons naaste vriende en familie.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Leendert het die mooiste omgee hart. Hy gaan uit sy pad uit om my elke dag soos ʼn prinses te laat voel. Hy verstaan my menswees en het elke deel van my oneindigend baie lief.
Christel is ʼn trouvrou! Die manier hoe sy haarself versorg en my altyd soos die belangrikste man in die kamer kan laat voel is ʼn baie spesiale eienskap van haar. Sy gaan uit haar pad uit vir my op alle vlakke en stel my altyd heel eerste op haar prioriteitslys.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons trou die 16de Desember 2023.
Die verloofring:
Ek het vir Leendert ʼn paar idees gewys van wat ek van hou en hy het self die ring laat ontwerp. Ver bo my verwagtinge.
Visie vir droomtroue:
ʼn Groot bruilofsfees!
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons ongelooflike fotograaf het vir ons ʼn paar idees gegee en die fotosessie wat ons gekies het was toe die een naaste aan ons hart. Ons het saam ʼn huis in Hartbeespoort gekoop wat kyk oor die dam en ons trou by Kleine Rijke met dieselfde uitsig oor die dam. So dit het vir ons soos die perfekte plek gevoel om die oomblik vas te vang.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons verwagtinge is om so ver as moontlik hierdie spesiale tydperk van ons lewens te geniet en dit in te neem vir wat dit is. Ons het geen vrese net opgewondenheid vir wat die toekoms vir ons inhou.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Vir ons trou uitnodigings en om gemaklik te raak voor die kamera vir die groot dag.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons verwagtinge is om so ver as moontlik hierdie spesiale tydperk van ons lewens te geniet en dit in te neem vir wat dit is. Ons het geen vrese net opgewondenheid vir wat die toekoms vir ons inhou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Shanay Greene
- Fotosessie Venue: Hartbeespoort dam
- Verloofring: Franchan Diamonds