Dit is met groot opgewondenheid wat ons Elzo en Heidi se tropiese troue in Gauteng met Mooi Troues se lesers deel. Dié paartjie waardeer albei eenvoud en elegansie en dit word weerspieël in die algehele styl van die mooi troue.
Die bruid se aanskoulike trourok het haar moeiteloos komplimenteer. Met die vleiende lae en geplooide materiaal het die trourok só ʼn elegante en romantiese voorkoms. Ons is mal oor die bruid se handruiker met wit rose en groenigheid wat verder die elegansie van die trourok beklemtoon. Die bruidegom het ook al te deftig gelyk in sy swart pak met die swart strikdas.
Dit was ʼn pragtige buitelug seremonie, waar almal die spesiale oomblik in die natuurryk atmosfeer kon koester en onthou. Die paartjie fotos in die versorgde tuine van die Gauteng trouvenue was só mooi vasgevang. Die spontane en gemaklike voorkoms van die fotos het ʼn pragtige romantiese gevoel.
Bliss Floral Creations se onmiskenbare talent kan bewonder word met die troue. Hulle het beslis die paartjie se visie volledig verstaan en laat realiseer. Omdat dit ʼn somertroue was, wou die paartjie ʼn vars gevoel in termes van blomme en dekor skep. Met die kombinasie van Monstera palm blare en vars vrugte, was die tropiese gevoel wat die paartjie wou skep beklemtoon.
Die kleurskema en dekor was geïnspireer deur die bruidegom se familie wat vanaf Mozambique kom, dus wou die paartjie ʼn tropiese en kalm voorkoms gehad het in die onthaal lokaal.
Die aardse kleurskakerings van die servette, tafelloper, kerse en blomme het alles só mooi saamgewerk. Alle elemente van die troue het ʼn algehele romantiese en gesofistikeerde gevoel.
Rol af om meer te lees oor Heidi en Elzo se tropiese troue in Gauteng en om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis!
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar 13 jaar voordat ons ʼn paartjie geword het ontmoet, en weer bymekaar gekom toe die tydsberekening reg was vir ons albei.
Elzo het tydens vakansie vir my gevra om te trou voor die Bosjes-kapel met die agtergrond van die Ceres-bergreeks in die Wes-Kaap.
Trourok:
My trourok was pasgemaak, want ek kon niks beskikbaar kry wat soos ‘ek’ voel nie. Ek wou iets romanties, tog elegant hê.
Meer oor Bliss Floral Creations:
Bliss Floral Creations is ʼn boetiek trou blomme ontwerp en -dekor verhuring maatskappy, gebaseer in Johannesburg. Bliss Floral Creations is passievol oor blomme en sal saam met jou werk om te verseker dat jou troue enig in sy soort is. Hulle weet hoe belangrik jou groot dag vir jou is. Dit is in die skep van ʼn onvergeetlike oomblik wanneer geluk intree, om seker te maak dat die eindresultaat jou verwagtinge oortref.
Dit is hoe Bliss Floral Creations jou help om jou troudag onvergeetlik te maak. Bliss sal nou saam met jou werk om te verseker dat die reëlings jou visie vir die dag vasvang en binne jou begroting pas.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Om in die trougang af te stap met die bome oorhoofs het die mooiste natuurlike en intieme opstelling verskaf. Om ons vriende en familie te sien die venue geniet en teenwoordig en ontspanne te wees was ook baie spesiaal.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
MiaMay Hair & Makeup, haar energie, hulpvaardigheid en vriendelikheid het my dag regtig goed begin.
Chi-Chi’s Fine Foods, die spyseniering is baie aangeprys en geniet deur al ons gaste.
Modern Rae Media, die fotograwe het goeie energie gehad en ons kalm laat voel.
Verloof- en Trouringe:
Ons ringe is eenvoudige goue bande gegraveer met R.H.F wat staan vir Respect, Honesty & Friendship wat ons glo belangrike waardes vir ons huwelik is.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Die spanning wat julle waarskynlik op die oomblik voel, sal die moeite werd wees. Probeer om ten volle teenwoordig te wees en tyd saam met al jul gaste deur te bring, want die dag gaan baie vinnig verby en julle sal dit wil herleef.
Trou Venue:
Ons albei hou daarvan om buite te wees en The Ground se natuurlike skoonheid het ons gewen.
Trou Dekor en Styl:
Elzo se familie is van Mosambiek, so die tropiese styl blomme was ʼn huldeblyk daaraan. Dat ons ʼn somertroue gehad het wou ons hê die dekor moes vars wees en daarom het ons verskeie pienk as ʼn kleurpalet gebruik en baie vars vrugte op die tafels ingewerk. Ons albei waardeer eenvoud en elegansie en dit word weerspieël in die algehele styl van ons troue.
Eerste Dans:
Trou Begroting en Beplanning:
Daar was 200 gaste by Heidi en Elzo se troue. Hul troubeplanner het vir ongeveer ʼn jaar aan die troue beplan.
- Blomme: Bliss Floral Creations | Kontak
- Fotograaf: Modern Rae Media | Kontak
- Venue: GROUND The Venue | Kontak
- Dekor: All Things Wedding| Kontak
- Grimering: MiaMay Hair & Makeup| Kontak
- Hare: Cleo Robyn Artistry| Kontak
- Koördineerder: Ethereal Events Co.| Kontak
- Kroegdiens: GROUND The Venue| Kontak
- Platejoggie: DJ Flaton Fox| Kontak
- Paartjie se verblyf: GROUND The Venue| Kontak
- Skryfbehoeftes: Ethereal Events Co.| Kontak
- Spyseniering: Chi-Chi’s Fine Foods| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Knysna