Louis & Nadia se Weskus Verlowing Fotosessie

Dit is met groot opwinding wat ons Louis en Nadia se Weskus verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers deel.  Ons is mal oor hierdie romantiese fotos in die mooiste ligging!

Die paartjie het te pragtig gelyk en mekaar sรณ mooi komplimenteer in hul maroen uitrustings.  Met die asemrowende strand agtergrond en goue ligging kon die fotos nie beter uitdraai nie.  Ons is veral gek oor die sonsondergang fotos.

ล‰ Verlowing fotosessie speel ล‰ belangrike rol in ล‰ paartjie se trou beplanning proses.  Dit help die paartjie om meer gemaklik te wees voor die kamera, sodat hulle ล‰ stresvrye fotosessie kan hรช op hul troudag.  Die paartjie kry ook die geleentheid om hulle trou fotograaf beter te leer ken, indien dit die selfde fotograaf is wat julle troue gaan afneem.  Ons raai aan dat julle ล‰ verlowing fotosessie doen met julle trou fotograaf, sodat julle die fotograaf beter kan leer ken.

Mooi Troues se Trougids is vol professionele trou fotograwe regoor Suid Afrika.  Besoek gerus ons trougids om die perfekte trou fotograaf vir julle verlowing fotosessie en troue te bespreek.  Rol af om Louis en Nadia se aanskoulike Weskus verlowing fotosessie te bewonder.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ล‰ wonderlike storie om te vertel. Ek en Louis gee albei al 8 jaar in die Middel-Oos skool.  In 2019, het ek vir hom ล‰ Facebook boodskap gestuur en min geweet dit gaan my man wees.  Louis het eers gedink ek stuur hom ล‰ boodskap omrede ek werk soek in die UAE.  Ons lag vandag daaroor omrede hy sรช soveel dames het hom boodskappe gestuur om vir hulle werk te kry in die UAE.  Ek en Louis het op ล‰ koffie afspraak gegaan kort daarna, en daar het ons avontuur begin.  Ons het April, 2023 in die Maldives verloof geraak.

Die groot vraag:


Louis het my na ล‰ sandbank gevat in die Maldives en mense gekry om ล‰ drone video te vat.  Ons het gestap op die sandbank en hy het gesรช sal jy die pad stap saam met my vir die res van ons lewens.  Toe ek weer sien, toe gaan die man op sy knie.  Dit was ล‰ verskriklike mooi oomblik wat ek altyd sal onthou.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Sy sin vir humor.  Haar mooi omgee hart.  Sy manier om altyd mense te help in nood.  Haar manier wat sy altyd die mooi in als sien.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


1 Jaar, ons trou 6 April 2024.

Die verloofring:


Louis het die verloofring self gekies.  Hy weet waarvan ek hou.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Fotos vir Save the Date, en om gewoond te raak voor die kamera vir die groot dag.


Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Louis het onlangs ล‰ huis laat bou in Shelley Point in die Weskus.  Dit is ล‰ verskriklike mooi plek.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Altyd gelukkig te wees en respek te toon vir mekaar.

Visie vir droomtroue:


Klein intieme troue. Wit en goud.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: