Juan & Roelene se Welige Tuin Verlowing Fotosessie

Dit is met groot opwinding wat ons Juan en Roelene se welige tuin verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers deel.  In die versorgde en surrealisties tuine van ʼn venue in Bronkhorstspruit het die paartjie die groot volgende stap geneem.

Ons is absoluut dolverlief op die paartjie se verlowing foto’s.  Dit is so spesiaal dat Dust & Dreams Photography die paartjie se onvergeetliker oomblikke perfek vasgevang het.  Die fotosessie was die perfekte kombinasie van elegant en natuurlik.  Die fotograaf se passie en talent het beslis reflekteer in die paartjie se spontane en gemaklike voorkoms.  Mens kan duidelik hul liefde vir mekaar deur die prentjie mooi foto’s sien.

Die rustigheid van die natuur in die aanskoulike tuine het ʼn onmiskenbare romantiese gevoel geskep vir die paartjie se verlowing fotosessie.  Met so merkwaardige natuurtonele sal die paartjie vir altyd die herinneringe koester en onthou.

Roelene se fraai groen rok het verder die natuurryk atmosfeer gekomplimenteer.  Dit het so mooi deel gevorm van die omringende kleur skema en die fotosessie ligging.

Roelene se besonderse mooi verloofring is 18kt roosgoud natuurlike ovaal diamant ring deur Uwe Koetter Juweliers.  Hulle het ook ʼn bypassende troupant met die mooiste klein diamantjies vir Roelene se troue vervaardig en pas 100% by die ovaal diamant van haar verloofring.  Uwe Koetter Juweliers het ook vir die bruidegom ʼn moderne Tungsten ring voorsien vir hulle groot dag.  Uwe Koetter Juweliers kan beslis vertrou word om jou droom van ʼn verloofring ʼn realiteit te maak met ʼn waarborg van kwaliteit en pure skoonheid.

Rol af om meer te lees oor Juan en Roelene se liefdesreis en foto’s van hulle romantiese verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Juan het mekaar op ʼn dating app ‘ontmoet’, waarna ons twee weke moes wag om mekaar vir die eerste keer in lewende lywe te ontmoet.  Ek was vir twee weke op vakansie en het seker gemaak ek vlieg die Sondagoggend terug sodat ons mekaar kan ontmoet vir koffie die Sondagmiddag.

Met die eerste ontmoeting was ek só op my senuwees, Juan het my gevra hoekom ek bewe.  Die was ʼn vreeslike lang ontmoeting wat so kort gevoel het.  Dit het gevoel asof ons mekaar al jare ken.

Dit was nie lank nie, toe sien ons mekaar byna elke dag.  Ons was net ʼn jaar en paar dae saam toe hy die groot vraag vra.

Meer Oor Dust & Dreams:


Steph en Elaine het die afgelope agt jaar deur Suid-Afrika en in die buiteland gereis om liefde, lewe en alles tussen in te fotografeer.  Hulle is passievol daaroor om foto’s en kuns te vervaardig wat organies en eg voel.  Wanneer hul nie op die pad is met hul kameras wat troues, fyn kuns projekte, hoofartikels of die lewe soos hulle dit sien vasvang nie, spandeer Steph en Elaine hul dae om ʼn stil lewe te lei, naby die natuur in ʼn ou plaashuis in Mpumalanga, Suid-Afrika.

As natuurlike lig trou fotograwe vind Dust & Dreams Photography inspirasie uit hul daaglikse avonture en reise om julle troue op ʼn unieke, tydlose en natuurlike manier te fotografeer.  Trou fotograwe met ʼn aanslag wat daarop gemik is om julle gemaklik voor die kamera te laat voel.  Skenk hulle aandag nie net aan die besonderhede wat julle dag spesiaal maak nie.   Ook dit wat julle as ʼn paartjie uniek maak!  Hulle fotografie is modern maar klassiek, vol lewe, lig en romanse en met hulle onblusbare passie vir fotografie, perfek vir ʼn paartjie op soek na kunswerke wat hulle vir jare na hul troudag nog sal koester.

Die groot vraag:


Ons het eintlik al van maand drie af geweet dat ons vir seker gaan trou.  MAAR Juan het geweet hy sal nie my ouers se goedkeuring wegdra in so kort tyd nie.  So, hy het maar gewag (en gespaar) vir die verlowing.

Ek het die verlowing tot ʼn mate verwag, omrede ek geweet het hy het al ʼn ring, hy het gesê dit sal teen die einde van 2022 gebeur en dit was November.  Ek, Juan en my ouers het weg gegaan vir die naweek en dit was die gulde geleentheid vir hom om te vra.

Ons was in ʼn wildreservaat en ons het op ʼn game drive gegaan.  Gewoonlik kan my ouers nie ʼn geheim hou nie, maar die keer het almal hulle pose so mooi gehou dat ek begin twyfel het dat hy my op die naweek sou vra.

Ons het by die dam gestop rondom sonsondergang, waar hy toe vir my ʼn teddie gee.  Hy het vir my gesê ek moet die teddie se handjie druk.  Toe ek die handjie druk het die opname van Juan se stem gespeel waar hy my baie mooi vra om met hom te trou.  Toe ek opkyk was Juan op een knie.

Die oomblik was effens te groot vir my ouers, die video het nie suksesvol uitgekom nie (hahaha).

Hoekom ons mekaar liefhet:


Juan se eienskappe: man van God, sagmoedig, omgee en liefdevol.

Roelene: Sagmoedig, vergewe altyd, aanmoediging en bystand.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Dit sal 11 maande wees.

Die verloofring:


Ons het gaan ringe kyk en ek het vir hom gewys waarvan ek hou.  Hy het toe na ʼn ontwerper toe gegaan om vir my die perfekte ring te maak.

Meer Oor Uwe Koetter Juweliersware:


Uwe Koetter Juweliers bied gratis ontwerp afsprake met die bekende, wenner van vele ontwerp toekennings, Johan Louw aan.  Hulle maak ontwerpe en drie-dimensionele afdrukke van die ring alvorens hul vervaardig om seker te maak dat die paartjie 100% tevrede met die eindproduk sal wees.  Elke element van die ringe word bespreek, met ander woorde metaal keuses, steen keuses, om die paartjie te rus te stel en seker te maak dat hulle opgewonde oor die eindresultaat sal wees.  Dit is inderdaad ʼn hoogtepunt vir enige toekomstige verloofdes.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Dit was hoofsaaklik vir die trou uitnodigings, maar ons wou ook die fotograwe ontmoet en bietjie meer gemaklik raak voor die kamera.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons wou graag die tema van ons trou venue deurbring in ons fotos.  Met die tema van ʼn reis na vir ewig.

Omdat ons trou op Rovos Rail se stasie het ons besluit op ʼn piekniek en die padkaart.  Op die padkaart het ons die ‘viraltyd bestemming’ van ons verhouding omkring (Rovos rail).


v

Visie vir droomtroue:


Net om elke oomblik te geniet en soveel moontlik in te neem.  Die dag gebeur egter net een keer.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers