Jacques & Inge se Sprokies Troue

Dit is met groot opgewondenheid wat ons Jacques en Inge se sprokies troue met Mooi Troues se lesers deel.  Die mooi paartjie het die knoop deurgehak in die Onderstepoort area, net buite Pretoria-Noord.

Oh, ons is mal oor die styl van hierdie sprokies troue!  Dit was die aller mooiste seremonie in die kapel.  Met die gepreserveerde blomme en spatsels van oranje en geel blomme hier-en-daar het dit al te fraai gelyk.  Die kombinasie van droë blomme en bloekom in potte wat lei tot die kansel het ʼn pragtige effek tot die seremonie gehad.

Die bruid het al te asemrowend gelyk in haar trourok.  Met die fyn kant detail en die snit van die trourok, het sy soos ʼn absolute prinses gelyk.  Die bruidegom het ʼn deftige grys pak aangehad met bruin skoene.  Jacques en Inge het albei moeiteloos bygedra tot die sprokies gevoel van hul sprokies troue.

Al die verskeie instellings vir foto geleenthede om die venue het beeldskoon mooi paartjie fotos vir Jacques en Inge gebied.  Ons is gek oor die dromerige gevoel wat die donker rook effek vir die fotos bied.  Dit vat talent om ʼn paartjie se liefde vir mekaar só mooi vas te vang en dis so spesiaal vir hulle om na terug te kyk.

Die onthaal lokaal het prentjie mooi gelyk.  Die styl was ʼn kombinasie van boheemse, modern en rustiek elemente het só perfek saam gewerk.  Goue titseltjies in die dekor het verder die herfs kleurskema vir die wintertroue moeiteloos gekomplimenteer.

Alle aspekte van hierdie paartjie se sprokies troue was foutloos uitgevoer en het die gevoel van ʼn egte sprokiesverhaal getoon.

Rol af om meer te lees oor Jacques en Inge se sprokies troue en oor die paartjie se liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet waar ek (Inge) geswot het om ‘n haarkapper te word en een van my vriendinne het Jacques se hare gesny.  Ek het toevallig daar gaan sit en gesels, en toe begin ons verder te kuier.

Jacques het my by Sondela Nature Reserve & Spa in Bela-Bela gevra, waar hy net gesê het dit is ‘n uitstappie en ek gaan vir ‘n lekker spa dag.  Na die spa toe bespreek hy om op ‘n game drive te gaan en het my toe op ‘n koppie gevra om te trou.

Trourok:


Toe ek die wit rok vir die eerste keer aangepas het, het die agterkant my die meeste gevang.  Met die lae rug, lang sleep en bande wat agter die rug kruis.  En ‘n baie mooi bo voorkant en lang kant moue.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Om man en vrou te word en dit saam mekaar, familie en vriende kon geniet het.

Verloof- en Trouringe:


Bruid ring:

Dis al lank wat ek die prentjie op my foon gehad het.  Dis baie graag wat ek wou gehad het met ‘n fyn look en baie diamante in en dat die middel diamant groter is wat uit staan en met ‘n fyn pandjie.  Jacques het my eers met ‘n ander ring gevra, omdat hy geweet het ek wou self kies watse ring ek wil laat maak.  Deur ons verlowing het hy dit laat maak hoe ek dit wou gehad het.

Bruidegom ring:

Hy het ook lank geweet hy wou iets met hout in sy ring gehad het.  Ons het na ‘n paar ringe gaan kyk vir hom, en die goue ring met hout binne in die ring het baie vir hom uitgestaan, en mooi aan sy vinger gepas.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Geniet elke oomblik van dit.  Gebruik ‘n boek om te help met wanneer wat gedoen en klaar moet wees.  Moet nie goed uitstel nie, as jy weer sien dan is ‘n paar maande verby, doen eerder goed vroegtydig as te laat.  Volg op met verskaffers in die week wat jou troue gaan wees.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Trou Dekor en Styl:


Herfs kleure, omdat dit ‘n winter troue was, het dit als só mooi ingepas en by die venue self ook.  Die dekor was presies wat ek wou gehad het, daar was genoeg dekor en blomme om dit mooi en vol te laat lyk.

Trou Venue:


Dit was ons heel eerste venue wat ons gaan kyk het.  Jacques was die eerste een wat gesê het dis ‘n ongelooflike mooi venue en nie te ver van alles af nie, met baie vriendelike mense wat daar werk.  Hy het gesê dit dié venue vir ons, so dit was ‘n baie maklike keuse vir ons gewees.

Eerste Dans:


Ryan Mack – Forever and Ever and Always

Trou Begroting en Beplanning:


Met ‘n begroting van R150 000 het die paartjie 89 gaste onthaal.  Hulle het vir 15 maande self aan hul troue beplan.  Die koste was ongeveer R1 700 per persoon.

 

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: