Fanie & Karen se Wintertroue in Mpumalanga

Dit is met groot opwinding dat ons Fanie en Karen se Wintertroue in Mpumalanga met Mooi Troues se lesers deel.  Wat begin het as ʼn stemnota van gemeenskaplike vriende en ʼn koffie afspraak, het toe ontvou in  in ʼn noemenswaardige liefdesverhaal.

Hierdie Mpumalanga-venue is naby die klein dorpie Chrissiesmeer geleë, net twee uur se ry vanaf Gauteng en het ʼn pragtige instelling vir die paartjie se wintertroue gebied.  Die venue is die perfekte omgewing om herinneringe te skep wat ʼn leeftyd sal hou. Met ʼn sprokies woud, ʼn Renaissance-kapel en ʼn onthaal lokaal wat nie vergelyk kan word met sy ouwêreldse sjarme nie, kon die troue nie beter uitdraai nie.

Die seremonie in die kapel het so ʼn unieke gevoel gebied.  Hoe spesiaal is dit nie net om só groot oomblik in só pragtige instelling te koester nie.

Karen het beeldskoon mooi gelyk in haar trourok.  Die simplistiese en elegante styl het haar moeiteloos gekomplimenteer.  Ons is mal oor die rangskikking van haar ruiker.

Dust & Dreams Photography se onmiskenbare talent kan bewonder word met die paartjie se fotosessie.  Ons is gek oor die unieke en aanskoulike paartjie fotos met die outydse kar, dit het só mooi bygedra tot die algehele klassieke gevoel van die troue.

Die onthaal lokaal is beslis iets om oor huis toe te skryf.  Alle elemente het perfek saam gewerk en bygedra tot die sjarme van die trouvenue.  Die opgeskorte blomme met minimalistiese maar deftige dekor het mekaar só mooi uit balanseer.  Vir ʼn Mpumalanga wintertroue kon die paartjie nie ʼn beter keuse vir blomme en ʼn kleurskema maak nie.

Rol af om meer te lees oor Fanie en Karen se Wintertroue in Mpumalanga en oor die paartjie se liefdesreis.

 

Paartjie se Liefdesreis:


ʼn Stemnota van ʼn gemeenskaplike vriend en vriendin, nommers wat uitgeruil is en bietjie oorreding, het hierdie breinbreuk gelei tot die onwaarskynlike ontmoeting van die twee siele Fanie en Karen.  Van ʼn uiters romantiese koffie afspraak by ʼn koffie kettingwinkel in Johannesburg, 27 Februarie 2022 ontwikkel hierdie ontmoeting toe in ʼn noemenswaardige liefdesverhaal.

Dit was Fanie se blou oë en lekker grappies wat veroorsaak het dat sy aanhou geselsies maak het … hy het selfs ʼn verjaarsdag uitnodiging aanvaar na ʼn 40ste verjaarsdag in Bethal na ʼn bietjie oortuiging.  Die afstand tussen Linden en Centurion was geen probleem en dae se oor en weer kuiers het verander in weke en maande.

November 2022 was tyd vir ʼn Namibië kuier en daar op ʼn Maandag middag in Swakopmund … sak Fanie op sy knie en vra vir Karen om te trou!   Na ʼn kort duur van same groei in baie vrugbare grond is dié twee verloof!

Verloof- en Trouringe:


My ringe is klassiek en ten volle die keuse van Fanie.  Ek het vir hom gesê dat ek nie regtig ʼn voorkeur het nie, en dat hy kan besluit wat mooi is vir hom.  Ons het saam die trou pand gaan uit kies en toe sommer sy ring ook gekry.  Sy ring is ʼn swartbrand van Zirconium en my ringe is van Browns.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Dis ʼn moeilike vraag … want elke aspek van die dag was vir my super spesiaal.  Vandat ek opgestaan het, en met my sus en ma kon koffie drink en briewe deel, tot my mooi maak en oggend met my bruidsmeisies.  Die kerkklokke wat gelui was deur my bruidegom om my te ‘roep’ tot die groot oomblik waar ek en my ma in die kapel ingeloop het.  Die toesprake, kos en groot partytjie daarna was net alles ongelooflik.

Meer oor Dust and Dreams Photography:


As natuurlike lig trou fotograwe vind Dust & Dreams Photography inspirasie uit hul daaglikse avonture en reise om julle troue op ʼn unieke, tydlose en natuurlike manier te fotografeer.  Trou fotograwe met ʼn aanslag wat daarop gemik is om julle gemaklik voor die kamera te laat voel.  Skenk hulle aandag nie net aan die besonderhede wat julle dag spesiaal maak nie.  Ook dit wat julle as ʼn paartjie uniek maak!  Hulle fotografie is modern maar klassiek, vol lewe, lig en romanse en met hulle onblusbare passie vir fotografie, perfek vir ʼn paartjie op soek na kunswerke wat hulle vir jare na hul troudag nog sal koester.

Trourok:


Dit was die heel eerste rok wat ek gaan aanpas het!  Ek het nog ʼn paar rokke aangepas, maar my eerste een het in my kop gebly.  Ek is terug en het hom gekoop.  Ons het bietjie verstellings gemaak, die rok was oorspronklik sonder moue.  Ons het op aanbeveling van die verkoopsdame ʼn naaldwerkster gebruik en moue laat aansit.

Trou Venue:


Mens kan sê dis tradisie vir die Venter kinders om by Florence Gasteplaas te trou.  Dit was eers my jongste sussie, toe my broer en sy vrou en laaste ek.  Die eienaars, Ané en Nico Steinberg, van die gasteplaas het soos familie geword en dit was vir my nie eens iets om twee keer oor die dink nie.  Ons het my pa se gedenkdiens ook in 2020 uit die kapel gedoen, so dit was vir my ʼn baie spesiale geleentheid om te kon trou in dieselfde kapel.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Florence Gasteplaas maak dit ʼn ongelooflike spesiale naweek van die Vrydag aand tot die Sondag middag … maar kan regtig niemand uitsonder.

Van Leon Gropp en Marsel Dednam wat vir ons die musiek gemaak het, bloemiste, fotograwe, videograwe het almal by gedra tot ʼn suksesvolle en onvergeetlike trou naweek.

Trou Dekor en Styl:


Dit was ʼn relatiewe vinnige besluit oor die kleurskema, dekor en algehele styl van die troue.  Ek wou nie vreeslik oorboord gaan met blomme en helder kleure, aangesien ons ook in die winter getrou het.  Ek is mal oor die gepreserveerde blomme en dit was maar die begin punt.  Die bloemis ken ons ook al geruime tyd en ek kon vir haar idees aanstuur en sy het alles vir my perfek bymekaar gesit.  Ek en my ma het die tafeldoek en servet materiaal gekoop en alles het mooi bymekaar gekom.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Daar is ongelooflike baie ekstras wat onnodig geld kos by ʼn troue.  Hou dit eenvoudig en maak seker julle spandeer geld waar dit saak maak.  Jou fotograaf en videograaf het die grootste werk in terme van die herinneringe en ook die dag se verloop.  Die kos en kuier is wat mense onthou … nie die geskenkies of detail.  Doen wat vir julle die beste gaan wees.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het vir vyf maande self aan hul troue beplan en 126 trougaste onthaal.  Die koste van die troue was omtrent R2,800 per kop.

Eerste Dans:


Toe vind ek jou – Karen Zoid & Francois van Coke


    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: