Brenward & Bianca se troue in die wynlande

Dit is met groot opgewondenheid wat ons Brenward en Bianca se troue in die wynlande met Mooi Troues se lesers deel.  Dit is ʼn prentjie mooi troue in Durbanville wat niks kort van romanties en perfek is nie.

Die paartjie het ʼn somertroue gehad en hul inspirasie vir die troue was elemente van lig, helder, sag, betowerend en romanties.  Die kleurskema was stowwerig blou, groen, wit en titseltjies goud.  Bianca en Brenward wou nie fieterjasies en bohaai gehad het nie en daarom het hul gegaan met minimalistiese, skoon en moderne dekor met aanrakinge van akriel.

Die pragtige troue het plaas gevind op die uitnemende Loch Lynne Wine Estate.  Verwag pragtige natuur tonele en groenigheid van die Kaapse wynlande, of die hoë gehalte moderne interieurs van dié venue by julle troue op Loch Lynne Wine Estate.  Dis die perfekte keuse vir julle spesiale dag.

Bianca het ʼn beeldskone trourok aangehad. Dit het haar perfek gekomplimenteer asook die betowerende gevoel van ʼn troue op Loch Lynne Wine Estate. Ons is mal oor Hoiden Bridesmaids se pragtige strooimeisie rokke, dit het die alles van die troue perfek gekomplimenteer. Hulle het absoluut asemrowend gelyk met die mooi ligte blou kleurskema.

Met Resound Music het die paartjie en hul gaste die heel aand weg gedans.  Resound Music is ʼn boetiek musiek agentskap wat ʼn alles omvattende musiek platform skep vir bruide wat opsoek is na diverse regstreekse musiek opsies, klank, beligting en platejoggies.

Tracy Branford en haar span van Trunk Events het hul toorkuns op hierdie troue gewerk. Trunk Events is waar jy wil hê hul moet wees – of dit nou die trou lokaal opstel en stileer, die groot dag koördineer of die kelners en kroegmanne bestuur.

Rol af om meer te lees oor Brenward en Bianca se troue en oor die paartjie se liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar via Facebook ontmoet, my man het een van my foto’s op Facebook gesien en vir my ʼn boodskap via Facebook gestuur wat gesê het dat ek ʼn pragtige glimlag het.  Die res is geskiedenis. 

Ons verlowing het by Fairview in die Paarl plaasgevind, ek was ingelig dat ons vir wynproe gaan, hy het vir my gesê hy gaan badkamer toe en sal binnekort terug wees.  Een van die vriendelike personeellede het my kom roep en verduidelik dat my boyfriend reeds by die wynproe-afdeling sit, en ek moet haar volg.  Ek het haar gevolg en toe ek buite kom, was my man reeds op een knie en al ons naaste familie en vriende was daar, dit was eerlikwaar die beste verrassing. ʼn Fotograaf was by en ʼn baie oulike opstelling met ballonne, eetgoed en borrels het vir ons gewag.

Trourok:


My trourok het ek by die pragtige Tying the Knot Bridal Boutique gekry.  My trourok was die Audrey trourok deur Morilee wat ʼn perfekte tule balrok romp gehad het en ʼn oortrek romp wat in horsehair edging afgewerk is, het die rok voltooi.  Ek het ook my sluier by die Wedding Boutique in Woodstock gekry.  Dit was ʼn 3m-sluier met ʼn horsehair trim wat perfek by die rok pas.

Meer oor Hoiden Bridesmaids:


Passievol, prettig en pragtig – Hoiden Bridesmaids is ʼn ervare ontwerp etiket wat spesialiseer in strooimeisie rokke.  Geïnspireer deur die nuutste internasionale trou modes, hul styl is ʼn gepaste voorbeeld vir die moderne strooinooi.  Hoiden is die regte verskaffer om byderhand te hê as jy jou strooimeisies langs jou gelukkig, asook selfversekerd by die kansel wil laat staan.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons Fotograaf – Kaitlyn De Villiers Photography, sy het ons so gemaklik en op ons gemak laat voel soos iemand wat ons lankal ken.

Ons trou koördineerders – Trunk Events, hulle was elke stap van die pad saam met ons, altyd beskikbaar met aanbevelings en voorstelle.

Ons Spyseniers – Concept Food was ongelooflik, die sjefs is absoluut briljant.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Geniet net die proses, deur al die trane, vreugde, geluk, liefde, avontuur, beplanning stres geniet net die proses.  Onthou die einddoel is om met die liefde van jou lewe te trou.

 

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Alles was perfek, my gunsteling oomblik was om in die trou gang af te stap.  Ek het saam met my pa gestap en in daardie oomblik was ek gevul met soveel emosies en dit was oorweldigend.  Toe ek my bruidegom sien, was ek dadelik kalm en almal het uitgeskakel rondom ons.  Dit was eerlikwaar só ʼn pragtige oomblik, wat ek hoop elke bruid kry om te ervaar.  Die hele dag is ʼn pragtige herinnering.

Verloof- en Trouringe:


My pragtige verloofring is van Browns, en dit is gegraveer met die woorde “4Ever & A Day” wat ook ons ​​trou hashtag “ForeverAndADraai” geïnspireer het.  My trouring en my man se trouring is van Wolf Brothers Jewellers in Canal Walk, wat ons albei sterk aanbeveel.

Meer oor Resound Music:


Resound Music is ʼn boetiek musiek agentskap wat ʼn alles omvattende musiek platform skep vir bruide wat opsoek is na diverse regstreekse musiek opsies, klank, beligting en platejoggies.  Die portefeulje gee die geleentheid vir elkeen om sy eie “pakket” aanmekaar te sit wat wissel van musiek tydens die seremonie, canapés en onthaal.

Meer oor Trunk Events:


Tracy Branford het Trunk Events gestig omdat sy lief is vir mense, en ʼn reputasie het vir die organisering van groot geleenthede.  Almal wat haar ken noem haar die beste gasvrou.  Vanaf die trou beplanning en konseptualisering van die ontwerp en styl van u geleentheid;  bied Tracy ʼn uiters praktiese diens aan al haar kliënte, tot by die baie noodsaaklike verwerking van syfers om binne die trou begroting te bly.   Tracy en haar span het alles gedek.

Meer oor Loch Lynne Wine Estate:


Loch Lynne Wine Estate is ʼn pragtige wynlandgoed met ʼn trou venue perfek geleë in die  Durbanville Wyn Vallei, met uitsigte oor die stadsliggies van ʼn afstand.  Loch Lynne het verskeie areas beskikbaar waar julle jul droomtroue of spesiale geleentheid kan hou.

Daar is ʼn ruim stylvolle onthaal lokaal perfek vir troues en funksies.  Die buitelug binnehof is perfek vir ʼn buitelug seremonie, intieme troue of funksie.  Vir die seremonie kan julle gebruik maak van Loch Lynne se pragtige glas huis lokaal.  Die keuse is julle sin.

Om julle spesiale dag nóg meer onvergeetlik te maak, bied Loch Lynne ʼn volledige trou koördinering- en spyseniering diens.  Hulle het ook ʼn alles-insluitende trou pakket opsie vir julle troudag.    Die onthaal lokaal se dekor elemente sluit in swart-en-wit vloere, kandelare, vloer-tot-plafon-glasdeure en geselekteerde meubels.

Trou Venue:


Die soektog na ʼn trouvenue was eerlikwaar een van die beste dele van die trou beplanning.  Ons het baie trou venues saam met ons families besoek wat dit so ʼn spesiale tyd gemaak het.  Ons het aanvanklik verlief geraak op Belair in die Paarl, maar ons datum was reeds bespreek en ons het ons soektog voortgesit. 

Loch Lynn Wine Estate het ons op die web gekry en besluit om te gaan besoek.  Ons was dadelik mal oor die venue, dit was pragtig en het al die kenmerke gehad wat ons vir ons troudag wou hê.  Baie groen, wingerde, ʼn onthaalsaal met groot, pragtige glasvensters, ons wou baie lig en liefde hê op ons troudag en dit is wat ons gekry het by ons pragtige venue, Loch Lynn Wine Estate.

Trou Dekor en Styl:


Ons het ʼn somertroue gehad en ons wou gehad het dit moet lig, helder, sag, betowerend en romanties wees.  Ons kleurskema was stowwerig blou, groen, wit en tikkie goud. Ek en my man hou nie van baie fieterjasies en bohaai nie en daarom het ons gegaan met minimalistiese, skoon en moderne dekor met aanrakinge van akriel.

Eerste Dans:


Ed Sheeran – Perfect

Trou Begroting en Beplanning:


Brenward en Bianca het 80 gaste by hul troue gehad, met die koste van ongeveer R2 500 per persoon. Hul het ongeveer 15 maande beplan aan die troue met behulp van die koördineerder.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers:

        [endsection]