Ons deel graag Vincent en Charlene se romantiese winter troue met Mooi Troues se lesers in hierdie inskrywing. Die paartjie het in die pragtige plattelandse dorpie, Tulbagh getrou omring deur die mooiste natuurskoon wat die agtergrond van die paartjie se winter troue was.
Winter troues kan so mooi wees en Charlene en Vincent se troue is die perfekte voorbeeld van ʼn stylvolle winters troue. ʼn Lekker gesellige kuier saam met familie en vriende met die kaggelvuur wat ʼn snoesige en romantiese atmosfeer skep.
Daar is baie trou bestemmings wat perfek is vir Winter Troues. Besoek Mooi Troues se trougids vir al julle trou diensverskaffers vir jul troue. Só sal dit julle trou beplanning proses soveel meer vergemaklik en julle weet julle kry professionele trou diensverskaffers waarop julle kan staat maak.
Die paartjie se trou dekor is eenvoudig en het ʼn baie klassieke styl tot dit net die wit blomme en groenigheid wat deur trek deur die hele troue. Dan is daar die tikseltjies gebrande oranje kleur wat deur kom op die servette en die groen en wit bietjie breek. Twee lang tafels in die middel van die onthaal lokaal maak dit ʼn feestelike byeenkoms en ʼn lekker gesellige kuier ruimte, met die paartjie bo aan die twee tafels wat dit dan ʼn u-vorm tafel maak.
Om meer te lees oor Vincent en Charlene se romantiese winter troue en ook hulle storie as paartjie, rol af.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Vince het ontmoet deur Vince se niggie, Annika. Sy was my woonstelmaat destyds toe ek in Groenpunt gebly het. My hart was gesteel oor ʼn spel van UNO.
Ons het verloof geraak in Wolseley besig om ‘ringtoss’ te speel op die gras (waarin ons albei vreeslik gesukkel het, lol!) en toe kry ek die ring oor en toe ek omdraai om Vince se gesig te sien toe staan hy op sy knie met die verloofring in sy hand.
Trourok:
Ek het my trou rok by Whimsical Bridal Boutique gekry. Ek wou iets elegant maar gemaklik gehad het.
Verloof- en Trouringe:
Vince het sy ouma grootjie, Kate Wepener, se ringe geërf. Sy het getrou in 1913. Ons het net my ring slegs verstel en niks verander nie aan die ontwerp nie. Die ringe wat oorgebly het, het ons laat smelt en ‘n nuwe ring laat maak vir Vince.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Ons eerste ontmoeting in die kapel. En toe Vince sy geloftes verkeerd kry, lol!
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Karen, die venue eienaar van Roodezand plaas, sy het ongelooflike werk gedoen met die kos en reëlings.
Ons fotograaf, Megan, sy het ons so gemaklik laat voel voor die kamera, sy het ongelooflike talent.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Geniet die reis, want in ʼn oogwink is dit verby. Hou dit eenvoudig, en moenie dit oordink nie. Doen wat julle gelukkig maak, en nie wat julle vriende/familie wil nie.
Trou Venue:
Vince se oudste sussie, Kim, het ons verwys na die venue. Karen, die venue eienaar, het die keuse baie maklik gemaak. Sy het ‘n uitstekende werk gedoen.
Trou Dekor en Styl:
Ons het getrou in winter so ons wou gaan vir warm kleure, soos emerald en burnt orange. Die dekor het my ma, Maggie, en sussie, Karla, gedoen (hulle het die kreatiewe oog vir dit). Oor die algemeen wou ons nie ʼn weelderige troue gehad het nie. Dit moes warm, gemaklik, en elegant gewees het.
Eerste Dans:
Trou Begroting en Beplanning:
Daar was in totaal 50 gaste gewees met ʼn koste beraming van R 2,400 per persoon. Die paartjie het hul troue self beplan en dit het hulle 6 maande geneem.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Ray Photography | Kontak
- Venue: Roodezand | Kontak
- Bruidegom-pak: Smart Men Suit Hire | Kontak
- Grimering + Hare: Anuk| Kontak
- Huwelik kontrak: Barnard Incorporated Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: NG Kerk Tulbagh| Kontak
- Musiek: Blue Furn Productions| Kontak
- Paartjie se verblyf: Roodezand| Kontak
- Skoene: Shein
- Spyseniering + Kroegdiens: Roodezand| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Whimsical Bridal Boutique| Kontak
- Troukoek: Vince se nefie, Stephanus.
- Bruid se Trouring: Deglon Jewellery Studio| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Deglon Jewellery Studio| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius – Turtle bay, Pamplemousse, Grand Baie, Port Louis
- Wittebrood Plek: The Ravenala Attitude Hotel| Kontak