Trou Beplanning Advies Stap 7 van 12

Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word.  In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ʼn lys van items waaraan jy moet aandag gee.  Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie só oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.

Om ʼn troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ʼn selfdoen troue wil hou.  Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels.  Klik hier vir meer advies artikels.

Ons het die vorige keer die sesde van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Teen die tyd moes julle al begin trou diensverskaffer bespreek het.  Dinge behoort nou bietjie meer struktuur te kry en die vloei van die trou beplanning moet aal bietjie meer aan die gang wees.

As julle nog nie die punte in ons vorige artikels gedoen het nie, moet nie stres nie, jul kan dit doen teen jul eie spoed.  Hierdie artikels is slegs ʼn riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ʼn jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres.  Daar is niks fout daarmee nie.

Vir ons sewende artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.

Wat jul teen die tyd moes gedoen het:


As julle nog nie begin beplan het aan jul troue nie, moet nie stres nie, daar is altyd genoeg tyd.  Dit beteken net dat julle meer moet doen oor ʼn korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, julle sal net meer moet fokus en aandag gee aan julle trou beplanning proses.

Onder is ʼn riglyn van min of meer wat jul teen nou al moes gedoen het as julle ons 12 stap reeks volg:

  • Die Begroting moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Trou Datum van julle troue.  Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ʼn datum kan julle niks bespreek nie.
  • Venue vir jul troue moet teen die tyd al gefinaliseer wees.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat julle dit teken.
  • Bekende Trou Diensverskaffers moet teen die tyd al bespreek wees.
  • Fotograwe en Videograwe moet nou al bespreek wees.
  • ʼn Idee hê van die dekor styl waarvan julle hou, asook die algehele styl van die troue.
  • Julle troue moet al verseker wees.
  • Finaliseer die gastelys van buitelandse gaste.
  • Finaliseer trourok keuses.
  • Finaliseer die bruidegom se pak.
  • Seremonie besonderhede bespreek.
  • Ontmoet met jul huweliksbevestiger.
  • Platejoggie, klank en musiek moet al bespreek wees.
  • Finaliseer verblyf opsies.
  • Maak kortlys van dekor items vir huur.
  • Finaliseer die troukoek.
  • Beplan en bespreek die wittebrood vooruit.
  • Repetisie aandete planne moet al begin het.
  • Trou skryfbehoefte ontwerper moet bespreek wees.
  • Spaar die datum kaartjies moet uitgestuur wees.
  • Grimering en Haarstilis moet bespreek wees.
  • Lys van dinge om te doen vir buitelandse gaste.
  • Verlowing fotosessie moet bevestig wees.
  • Vervoer vir jul trou gaste moet bespreek wees.
  • Danslesse bespreek en bywoon.
  • Musiek keuses lys vir jul troudag.

Finaliseer trou skryfbehoefte ontwerpe:


Dit is nou die tyd wanneer julle jul trou skryfbehoeftes vir jul troue wil begin finaliseer.  Dit sluit in spyskaarte, sitplek kaartjies, naam kaartjies, rigting aanwysing borde en baie ander skryfbehoeftes ontwerpe wat jy kan kry vanaf verskillende professionele skryfbehoeftes ontwerpers.

Trou skryfbehoefte ontwerpers is baie besig gedurende die trou seisoen, só maak seker julle bevestig jul skryfbehoefte ontwerper so gou moontlik, om seker te maak jul bevestig die skryfbehoefte ontwerper wat julle graag wil gebruik.

Daar is baie verskillende elemente waaraan jul moet dink soos die uitleg, kleurskema, illustrasies en die inligting op jul ontwerpe.  Wanneer julle jul spyskaart laat ontwerp, maak seker die spyskaart is gefinaliseer by julle spyseniers en maak ook seker oor die spelling van die disse is wel korrek.

Wanneer julle jul trou skryfbehoeftes se proef afteken, maak seker julle lees alles mooi deur en maak seker alles is reg gespel.

Finaliseer spyseniering:


Teen die tyd moes julle nou al jul disse geproe het en al die bykomstighede wat daarmee gepaard gaan.  Dit is nou die beste tyd om julle spyskaart te finaliseer met jul spysenier.  Indien die spyseniering deel is van jul trou venue se pakket, moet julle nogsteeds seker maak julle proe die kos en weet wat presies op die trou spyskaart sal wees.

Paspoorte en Visas:


Maak seker julle paspoorte is nog geldig vir ten minste 6 maande vanaf die dag wat julle wil reis en indien nie, is dit nou die perfekte tyd om aansoek te doen vir ʼn nuwe paspoort.  Julle wil nie stres of jou paspoort betyds gaan kom of nie, so doen eerder vroegtydig aansoek by binnelandse sake.

As julle oorsee gaan vir wittebrood of om te trou, maak seker julle weet alles oor die Visa aansoek proses en watter dokumentasie julle sal benodig om aansoek te doen.  Kry solank alles bymekaar en maak seker julle doen vroegtydig aansoek.

Finaliseer die troukoek:


Julle het moontlik teen die tyd al ʼn goeie idee van watter tipe troukoek jul soek en wie julle graag wil gebruik om jul troukoek te bak.  As julle nog nie na troukoeke gekyk en geproe het by verskillende koekmakers nie, is dit nou die tyd wat julle dit moet doen.  Maak seker julle kies ʼn koekmaker wat voldoen aan julle smaak en ontwerp.  Begin om jul troukoek keuse en koekmaker te finaliseer.  Begroot ook vir al die koek-proe sessies, want meeste troukoek bakkers vra ʼn konsultasie fooi vir die proe van troukoek opsies.

Artikel Krediet:

  • Foto’s: Pexels
  • Artikel: Mooi Troues