Kobus & Ada se Romantiese Troue in Mpumalanga

In dié artikel deel ons graag Kobus en Ada se romantiese troue in Mpumalanga met Mooi Troues se lesers.  Hierdie paartjie se simplistiese styl troudag is een wat julle nie moet nie nie.  Hulle het op ʼn pragtige gasteplaas getrou in Witrivier, omring deur die groenigheid en rustigheid van die plaas landskappe as hulle agtergrond vir hul troue.

Ada het beeldskoon gelyk op haar troudag, met haar eenvoudige, maar baie stylvolle trourok.  Ons is totaal en al verlief op die trourok se snit en styl en hoe mooi dit die bruid komplimenteer.  Dan het sy ook die mooiste handruiker gehad met ʼn wit konings Protea gekombineer met die mooiste wit rose.  Kobus het ʼn donker grys troupak aangehad met ʼn olyfgroen das, wat perfek gepas het by die paartjie se trou kleurskema.

Hulle seremonie was in die pragtige glas kapel van die trou venue, wat omring is deur die groenigheid van die gebied.  Ons is mal oor die twee rye wit roosblare wat hulle op die grond wat bied as ʼn gangetjie vir die bruid om af te stap.

Die paartjie se trou dekor was ʼn kombinasie van wit, olyfgroen en tikseltjies goud elemente.   Hulle tafel dekor was baie eenvoudig gehou, wat so mooi is en onmiddellik ʼn baie klassieke voorkoms gee.  Klein blom ontwerpe op die tafels en wit blompotte met die kombinasie van ʼn paar vrugte soos druiwe, appels en lemmetjies het die tafel só mooi bedek.  Wit kerse in verskillende lengtes en breedtes bring ʼn romantiese en warm gevoel in by die onthaal.

As julle besig om jul troue te beplan, besoek Mooi Troues se Trougids.  Hiér sal jy professionele trou diensverskaffers vind wat die visie van jul troue ʼn realiteit sal maak.

Lees meer oor Kobus en Ada se romantiese troue in Mpumalanga hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het op skool ontmoet (2015).  Ada en Kobus se niggie was beste maats en so het hulle mekaar ontmoet deur die niggie.  Ons het amptelik begin “date” 15 Oktober 2015, waar Kobus vir Ada uit gevra het na hulle saam matriekafskeid toe gegaan het die dag.  Die skool liefde het deur gedruk tot 9 Julie 2021 toe Kobus vir Ada vra om te trou in haar tuisdorp (Ghanzi, Botswana).

Hulle het Januarie 2022 besluit op ʼn trou venue en ook ʼn troudatum.  Maart 2022 het hulle saam Amerika toe vertrek (waar Kobus werk) en het hulle verloofde tyd en trou beplanning geniet van uit Amerika uit.

Trourok:


Ons was in Amerika van Maart 2022 tot net voor ons trou.  Ek het my trourok in Amerika gekoop by An Elegant Affair.  Ek was opsoek na ʼn eenvoudige, maar elegante trourok, ek is nie een vir baie “bling” nie.  Na ek ʼn paar aangepas het, het ek dadelik geweet dis dié een toe ek my trourok aanpas. Ek sal Mikaella Bridal (die ontwerper) hoogs aanbeveel, hulle het vreeslike mooi trourokke.

Verloof- en Trouringe:


Kobus het met die hulp van Allan Robb Juweliers die ring ontwerp gebaseer op Ada se Pinterest board en wat sy al vir hom vertel het. Dit was perfek vir Ada en presies wat sy wou gehad het.

Trou Dekor en Styl:


Ons wou ʼn baie natuurlike troue hê, ons het met olyf groen, wit en bietjie goud gegaan as ons trou kleure.  Die wit Proteas is my gunsteling blom en dit was die hoof blom wat ons gehad het.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Om die dag saam al ons familie en vriende te kon geniet.  Ons onthou almal wat daar was en hoe spesiaal elke liewe gas dit gemaak het.

Trou Venue:


Ons wou graag die natuur in ons troue in bring omdat ons al twéé baie van die natuur hou.  Ons het na ʼn paar venues gaan kyk in die Mpumalanga area, maar toe ons by Whispering Thorns instap het ons geweet dis waar ons wil trou.  Die skoon natuur en perfekte glas kapel het ons asems weg geslaan.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Geniet die verlowing tydperk en trou beplanning.  Moenie stres oor klein goedjies nie, alles sal in plek val.  As iets verkeerd loop, onthou dis net jy was weet daarvan jou gaste sal nie eers weet nie.

Eerste Dans:


Stem in die stilte – Juanita du Plessis & Theuns Jordaan

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het 85 trou gaste onthaal en het ʼn begroting van min-of-meer R 4,700 per persoon.  Hulle het die troue self beplan binne 11 maande.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

      [endsection]