Met groot glimlagte deel ons Hermann en Anelien se boheemse styl buitelug troue in Limpopo provinsie met Mooi Troues se lesers. As jy opsoek is na trou inspirasie met kleur vir julle kleiner troue, dan moet jy nie hierdie paartjie se troue mis nie. Dit was ʼn intieme plat-op-die-aarde troue met kleurvolle blomme en ʼn Boheemse styl.
Ons is dol verlief op die pragtige blom ontwerpe wat Anrule Plant and Decor hire vir die paartjie se troue gedoen het. Blomme bring altyd ʼn prettige voorkoms by ʼn troue. Anelien se blomkroon en helder hand ruiker is besonders mooi en ons is mal oor die helder kleure. Dit is ʼn kombinasie van fyn blomme met verskillende kleure wat die perfekte blom ontwerpe skep.
Hulle onthaal was ʼn klein buite onthaal op die stoep gewees onder sambrele vir ʼn bietjie skaduwee. Die tafel dekor het ʼn simplistiese styl gehad met die blomme in die middel van die tafel wat bietjie kleur ingebring het by die meer neutrale kleure van die tafel dekor.
Kleiner troues is nogsteeds baie populêr en kyk net hoe mooi kan julle jul klein troue maak. Hermann en Anelien het slegs 27 trou gaste gehad en dit is perfek. So kan die paartjie ook kwaliteit tyd saam met hulle spesiale gaste geniet.
Rol af om meer te lees oor die Boheemse styl buitelug troue en ook die paartjie se liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Dit is ʼn snaakse storie ons het ontmoet deur ʼn vriend saam wie ek op ʼn blind date was. Hermann het my glad nie gegroet nie ek het gedink hy is vreeslik mooi. ʼn Paar maande later het hy my gekontak deur facebook en gevra op ʼn coffee date. <y antwoord aan hom was “Jah , maar net in my etenstyd want as ek nie van jou hou nie kan ek terug gaan werk toe “. En ons romance het so begin.
Trourok:
My trourok het ek op Tweedehandse Bruidjie gekoop sonder om te meet en het die dag voor die troue die rok gekry. Dit het soos ʼn handskoen gepas.
Verloof- en Trouringe:
Ons het alles anders gedoen. Ons het eers op wittebrood gegaan en daar het ons ringe gekoop vir mekaar en ʼn week later was die troue.
Trou Dekor en Styl:
Daar was baie wilde blomme, madeliefies was ʼn definitief maar as ek dit moet beskryf sou ek se Boho/Hippy Vibes.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Op die gras sit en met familie gesels en raad vir mekaar gee (om die sirkel groter te maak), as ook die liefde wat ek ervaar het daardie dag deur almal.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Wees content in die besluite wat jy neem, doen jou crazy ideas. Dit is julle dag en julle moet dit kan geniet.
Trou Venue:
Ek het nooit geglo aan trou nie, ek sou sommer in die hof trou, maar my man en beste vriendin het besluit dat elke vrou ʼn groot dag moet hê. Ek was nog altyd ʼn blommekind en so het sy (my vriendin) besluit om dit in haar tuin te doen.
Meer oor Anrulè Plant & Decor Hire:
Anrule Plant and Decor hire is gebaseer in Limpopo en het meer as 20 jaar ervaring in die trou dekor bedryf en sal verseker julle droom troue ʼn realiteit kan maak. Hulle dekor styl is uniek en hul gee graag individuele aandag aan elke een van hulle bruidspare. Anrulè Plant & Decor Hire se spesialiteit is om elke bruid gerus te stel dat haar verwagtinge oortref gaan word en dat sy sodoende 100% op haarself kan fokus en gerus kan voel dat haar wense veilig in hulle hande is.
Trou Begroting en Beplanning:
Hermann en Anelien het 27 gaste onthaal. Hul begroting was R2,500 per kop. Anelien se vriendin het die troue binne twee weke beplan.
- Blomme: Anrule plant and Decor Hire | Kontak
- Fotograaf: Charl vd Merwe Photography | Kontak
- Grimering + Hare: The Beautique| Kontak
- Trourok: Tweedehandse Bruidjies| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Suid – Afrika – Kaapstad