Georg & Christina se verlowing fotosessie by Melrose Arch

In dié inskrywing deel ons graag Georg en Christina se verlowing fotosessie by Melrose Arch met Mooi Troues se lesers.  As julle verloof geraak het en opsoek is na ʼn oulike stedelike gevoel verlowing fotosessie, dan moet julle nie Christina en Georg se verlowing fotosessie mis nie.

Die oulike paartjie het sulke pragtige foto’s gekry met Melrose Arch as hul agtergrond.  ʼn Stedelike fotosessie is altyd so mooi en daar is net iets daaraan wat soveel energie het.  Die stadslewe is altyd aan die gang en dit is amper asof die stad nooit slaap nie.

Ons kan sien Georg en Christina het elke sekonde hulself baie geniet.  ʼn Verlowing fotosessie hoef nie ʼn stresvolle ervaring te wees nie.  Kies ʼn ligging waarvan julle hou en reël met julle fotograaf vir ʼn lekker pret verlowing fotosessie.  Indien julle nog nie ʼn trou fotograaf bespreek het nie, kyk na Mooi Troue se Trougids vir fantastiese trou fotograwe.

ʼn Informele verlowing fotosessie is die perfekte tyd om julle trou fotograaf beter te leer ken.  As julle nog nie ʼn trou fotograaf het nie en dalk klaar ʼn kortlys het, kies sover jul gunsteling fotograaf en bespreek slegs ʼn verlowing fotosessie by die fotograaf.  So kan julle die fotograaf vir ʼn proeflopie neem, plus julle kry oulike verlowing foto’s.  Indien die fotograaf julle laat gemaklik voel en julle hou van die foto’s, dan kan julle hom of haar bespreek vir jul troue en meer gerus voel.

Rol af om meer te sien van die paartjie se verlowing fotosessie by Melrose Arch en ook hul liefdesreis as paartjie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het aanlyn ontmoet, op “Koer“.  Christina het gedink dit was baie snaaks om vir Georg die eerste boodskap te stuur waar sy tergend vra of hy Gray’s Anatomy saam haar sal kyk, want in sy profiel het hy genoem hy sal enige tyd Boer Soek ʼn Vrou kyk.  Die eerste afspraak was ʼn vinnige koffie by Mugg & Bean wat toe nie so vinnig was nie, maar ʼn paar ure!  Ons was 9 maande in ʼn verhouding voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons het ons twee kinders (hondjies) gevat vir ʼn stappie in Faerie Glen Natuurreservaat.  Na baie eienaardige gebeurtenisse-  ʼn “Drone” van iemand anders wat langs ons geval het en te veel mense by die presiese plek waar Georg Christina wou vra, was die groot vraag eers gevra toe ons heel aan die einde oor die een bruggie stap!

Hoekom ons mekaar liefhet:


Christina aan Georg:

Hy is altyd liefdevol, verdraagsaam en ondersteunend.

Georg aan Christina:

Sy is ʼn sterk vrou, baie doelgerig en sal alles gee vir die wie sy liefhet.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Wel, nie lank nie, ons trou die 13de Januarie 2024.  Because why wait if you know it’s the right one!

Die verloofring:


Dit was totaal en al ʼn verrassing.  Christina het my tenvolle vertrou om die ring self te kies.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Because we are sexy and we know it!  Okay, maar op ʼn meer ernsitge noot: Christina het gereken dit is ʼn goeie verskoning om my voor ʼn kamera te kry aangesien ek nooit op foto’s wil verskyn nie. Foto’s vir trou uitnodingings was maar net ʼn bonus!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is albei baie energiek en die plek wat ons gekies het kon ons, ons innerlike kindwees uitbring!  Melrose Arch was die perfekte plek vir so geleentheid met al hulle kunstige uitstallings en kleure!

Artikel Diensverskaffers:

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

      [endsection]