William & Tiffany se Wildsplaas Troue in Jeffreysbaai

Ons is baie opgewonde om William en Tiffany se wildsplaas troue in Jeffreysbaai met Mooi Troues se lesers te deel.  Hierdie paartjie se troue het ʼn klassieke voorkoms wat vir altyd in die mode sal wees.  Julle mag dalk die paartjie erken van hul verlowing fotosessie wat ons gepubliseer het, klik hier om daarna te kyk.  William en Tiffany het op ʼn pragtige wildsplaas getrou, omring deur die mooi van die natuurskoon.

Tiffany het beeldskoon gelyk in haar somers trourok.  Die oop skouers en eenvoudiger styl van haar trourok is die perfekte rok keuse vir Tiffany.  Haar voorkoms was gekomplimenteer met pragtige fyn oorbelle van Hellohaai.  Hellohaai spesialiseer in die mooiste handgemaakte oorbelle vir bruide en hul strooimeisies.  Só, as jy opsoek is vir die perfekte oorbelle vir jou troue, weet jy waar om dit te vind.  William se sagte aarde kleur pak het perfek ingepas by die hele gevoel van hul troue.

Tiffany se strooimeisies het die mooiste sagte groen rokke aangehad wat die talentvolle, ontwerper Chocolates for Breakfast Bridal ontwerp het.  Tiffany se  strooimeisies se rokke het haar trourok só mooi komplimenteer.  Dit is só mooi en pas perfek by die troue se hele gevoel.

Hulle trou dekor is só mooi.  Dit skree romanse!  Goud, wit en groenigheid kan gesien word op die trou tafels.  Goud eetgerei, wynglase en klassieke brons kandelare is besonders mooi.  Tikseltjies groenigheid kan ook gesien word in die trou dekor soos op die blom ontwerpe op die tafels en die troukoek.

Ons is totaal en al verlief op die paartjie se fotosessie.  Wow!  Die foto’s met die Renosters in die agtergrond is iets besonders.

Rol af om meer te lees oor die pragtige paartjie se liefdesreis en hulle wildsplaas troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het so sewe jaar terug deur gemeenskaplike vriende ontmoet.  Ons het saam gaan uiteet en het mekaar al van tevore van tyd-tot-tyd raak geloop in publieke plekke.  Ek het dadelik gedink hy’s ʼn aantreklike man en hy sê hy’t my tog te lekker dopgehou as hy my iewers gesien het.  Na so paar keer se gesien, het ek hom bietjie op Instagram ”gestalk’‘ en hy het my toe na ʼn rukkie uitgenooi vir middagete. Soos hulle sê, “the rest is history”.

Ons het dadelik ʼn konneksie gebou en vandag kan ons albei met ʼn vol en dankbare hart terugkyk na die mooi lewe wat ons saam gebou het.  William het my bygestaan deur my LLB graad en hy motiveer my steeds om al my doelwitte te bereik.  Hy is ʼn baie passievolle en gedrewe mens, en toe hy my amper twee jaar terug vra om te trou, kon ek sonder twyfel ja antwoord.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het die 27ste November 2021 verloof geraak in die pragtige St Francis met die mooiste uitsig.  Dit was ʼn dag wat ons albei nog soos gister kan onthou.  Ons het dadelik geweet dat ons nie te lank verloof wil bly nie en so twee maande daarna weggespring met die trou reëlings.

Eers begin met beskikbare venues in ons area en afsprake gemaak om na hul te gaan kyk in persoon.  Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie en het dit vreeslik baie geniet om ons troue self te reël met die hulp van familie en vriende.  Nadat ons die venue gekies en bespreek het, het ons Aretha as ons trou koördineerder gekry en sy was altyd bereid om ʼn handjie by te sit indien dit nodig was. Natuurlik met insette van die mense rondom ons so nou-en-dan, maar verder was ons troue haarfyn beplan volgens ons persoonlikhede en styl.

Trou Begroting:


Ons begroting was ongeveer R150 000 wat alles ingesluit het van ʼn gesellige Vrydagaand braai tot ʼn Sondag ontbyt saam met ons naaste familie.  Op die ou einde het ons 100 gaste gehad wat die naweek saam met ons spandeer het.

William het die trou webtuiste, programme, spyskaarte, sitplek aanwysing, naamkaartjies ens. self ontwerp en dit toe laat druk.

Ek dink wat vir my die belangrikste stukkie advies is, is dat paartjies nie te veel tyd, aandag en geld spandeer op die klein onbenullighede nie.  Dis daar waar die kostes optel en waar die gemoedere bietjie hoog kan loop op die dag.  Ons het al die klein goedjies probeer uitsny sodat ons al ons aandag kon gee aan dit wat werklik saak maak en aan ONS.

Spesiale Tradisies:


Ek weet nie of dit as ʼn tradisie beskou kan word nie, maar ons het gekies om ons ringe aan ʼn Bybel vas te maak.  Die Bybel het behoort aan William se pa wat 10 jaar gelede al oorlede is.  Ons het dit gedoen om hom te eer op ons groot dag en ʼn stukkie van hom teenwoordig te hê.  Dit was baie spesiaal en die ringe is deur ons niggie in die kerk ingebring.

Paartjie se styl:


Ons albei is voorstanders van “minimalisme” en saam met dit stylvol en elegant.   Ons wou ook ʼn natuurlike en neutrale effek skep.

Bruid se trourok:

Ek het nog altyd van ʼn “plain” rok gehou, omdat ek voel dis stylvol en pas by my persoonlikheid.  Die rok het bestaan uit drie verskillende rokke en die glitter veil was ʼn “ekstra” verassing wat ek bygesit het.

Bruidegom se troupak:

Ons het met die klassieke “bruin pak” styl gegaan, omdat dit tydloos is.  Dit het ook perfek ingepas by ons omgewing en die kleurskema van die troue.

Trouringe

William se ring het ons by dieselfde diensverskaffer gekoop as my ringe.  Dit ʼn donker silwer Titanium ring met ʼn repie roos goud soos wat wat hy graag wou hê omdat dit lig en gemaklik is. Die troupant komplimenteer die ring en was by dieselfde juwelier ontwerp en laat maak.

Meer oor Chocolates for Breakfast Bridal:


Chocolates for Breakfast Bridal maak rokke vir jou troudag wat pragtig, stylvol en gemaklik is!  Hulle maak pasgemaakte trourokke vir bruide volgens hul rok begeertes.  Chocolates for Breakfast Bridal het ook ʼn versameling strooimeisie-rokke wat bestel en aangepas kan word in jou keuse van styl, kleur, materiaal, grote en lengte.

Al Chocolates for Breakfast Bridal se rokke word in die Oos-Kaap vervaardig en word nasionaal, sowel as internasionaal gestuur na bruide.  Hulle het ook ʼn pragtige Getting Ready Collection – Kamerjasse en Hemp-stelle wat perfek is om te dra terwyl jy voorberei vir die troudag.  Dit is ook perfek om saam te neem op julle wittebrood.

Chocolates for Breakfast Bridal nooi toekomstige bruide uit, slegs per afspraak, om hul studio te besoek om die trourok van jou drome te laat ontwerp.  Hier kan bruide ook kyk na materiaal keuses, afwerkings en na die fyner detail van die rokke.  Hulle werk saam met bruide deur die hele proses tot-en-met die laaste kraal of knopie in gestik word.

Chocolates for Breakfast Bridal se ontwerper, Heather, ontwerp en maak al 30 jaar trourokke en het in 2012 die strooimeisie versameling onder die Chocolates for Breakfast Bridal handelsnaam bekendgestel.  Bruide reis van oral vir konsultasies by hulle studio in Port Elizabeth.  Chocolates for Breakfast Bridal bied ook virtuele afsprake vir hul nasionale en internasionale kliënte wat nie self die studio kan besoek nie.

Hulle hou daarvan om bruide se trourok en rok drome te bewaarheid!

Gunsteling Diensverskaffers:


Alhoewel mens nie iemand kan uitsonder nie, sal ek se ons fotograaf en venue.  As dit nie vir hulle was nie dan sou ons nooit ons mooiste dag kon herleef nie.  Niks sou moontlik wees sonder al die diensverskaffers nie en daarvoor is ons ook baie dankbaar.

Merkwaardigste Oomblikke:


Daar is baie hoogtepunte van die dag wat altyd spesiale herinneringe sal bly.  Net die feit dat ons, ons troudag kon vier bly die grootste een, maar vir ons altwee het die “Rhino Encounter’’ beslis uitgestaan en sal vir altyd iets spesiaal wees wat ons sal koester.  Ons was saam met ons fotograaf en ons vervolg in ʼn private lokasie geneem vir ons trou fotos en was sowat 3 tot 5 meter weg van die renosters af.  Dis beslis ʼn ervaring waar ons weereens besef het hoe wonderlik ons aarde in en hoe klein die mens werklik is.  Dis beslis iets wat uitgeblink het.

Meer oor Hellohaai


Hellohaai spesialiseer in hand gemaakte Polimeer klei trou oorbelle, met ander woorde maak Hellohaai jou trou-oorbel-drome waar.  Daar is iets vir elke tipe bruid daar buite, of jy nou ’n moderne – of tydlose dame is, sal jy verseker iets kry wat jou hart maak glimlag.  Indien jy nie seker is oor wat by jou hare of rok gaan pas nie, kontak Hellohaai gerus om bietjie raad te vra, soveel bruide is al deur onsekerheid gehelp om die regte oorbelle te kies.

Die Besluitnemingsproses:


Ek dink dis nie ʼn geheim om te sê dat die bruid meeste van die tyd die finale sê het nie, maar die geheim is wel om seker te maak die bruidegom voel asof sy insette ook tel, LOL!  Ons het nie regtig familie en vriende betrek as dit kom by besluite nie, maar ons het hulle wel betrek met verskillende idees en sieninge met die afloop van die dag.  Ons het vriende wat ses maande voor ons getrou het en het baie van dieselfde diensverskaffers gebruik, so dit was lekker maklik om te kies.

Venue & Dekor:


Ons wou iets kalm en rustig gehad het, maar tog eenvoudig en smaakvol.  Ons wou ʼn elegante natuur naweek troue gehad het en dis presies wat hierdie stunning trou venue vir ons gebied het.

Die trou dekor – ons het ʼn minimalistiese benadering gehad – ʼn romantiese gevoel maar tog stylvol en elegant.  Ons blomme was die hoogtepunt van die tafels en die baie kerse het die atmosfeer beslis geskep.

Vermaak:


Ons het ʼn regstreekse orkes gehad wat bestaan uit ʼn man en vrou paartjie wat by die canape’s hul dienste gelewer het en dit was verskriklik lekker, juis omdat ons ʼn punt daarvan gemaak het om ons tydlyn so te beplan dat ons ʼn bietjie met ons gaste by die canape’s kon kuier en die musiek geniet voordat ons die res van die dag met ʼn lekker partytjie afsluit.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek sal nie se dat dit nie perfek was nie, maar almal soek ʼn lekker somersdag sonder reën veral vir jou fotos.  Dit het katte en honde gereën gedurende ons fotosessie, maar ons fotos het steeds beeldskoon uitgekom. Ons het dit ook as die Here se seën op ons huwelik beskou omdat ons so baie ander tekens ook van Hom af gekry het.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames:

Elke liewe persoon gaan vir jou sê, NEEM ELKE OOMBLIK VAN DIE DAG IN, want dit is in ʼn oogwink verby!  Vertrou my, dis die waarheid!  Ek het wakker geraak en ʼn gebedjie opgesê, en die res van die oggend kalm en rustig elke oomblik geniet.  Spandeer die oggend met lekker musiek, lekker ontbyt en saam met jou gunsteling meisies.

Manne:

Verwonder jou aan jou vrou daai dag, want dit is die mooiste wat sy in haar hele lewe gaan voel!!  Geniet jouself gate uit, want dis so vinnig verby.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad – ons is lief vir dans!  Liedjie keuse was Riana Nel se Dans.  Dis ʼn liedjie wat William al ses jaar terug gekies het vir ons groot dag en dit som ons liefde perfek op.  Ons het nie vir enige danslesse gegaan nie, en ook nie ʼn roetine gehad nie – ons het maar die ou gewone sokkie manier dit aangepak.

Wittebrood:


Ons het ons wittebrood gehou in die mooie Tuinroete en Weskus.  Ons het ons eerste paar dae deurgebring by Pezula Golf Estate en daarna by Club Mykonos.  Dit is iets wat mens nie vir iemand kan beskryf nie – en fotos gaan dit nie regverdig nie.  Dit was definitief ʼn ervaring van ʼn leeftyd en ʼn bestemming waar ons nog altyd rustig die plekkies wou verken.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers:

        [endsection]