Ons is so opgewonde om Shane en Madré se romantiese verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers te deel. Die paartjie het baie moeite en liefde in hul verlowing fotosessie gesit en dit was definitief die moeite werd gewees.
Ons is totaal en al verlief op die paartjie se verlowing foto’s. Elke element van hul verlowing fotosessie is goed deurgedink en die end resultaat is só mooi. Hierdie paartjie se fotosessie sal julle sommer nou laat gaan na ons trougids en ʼn fotograaf bespreek vir jul eie verlowing foto’s.
Madré het die mooiste rooi rok aangehad en Shane het vir ʼn meer aardse kleurskema gegaan. Die kleur kombinasie werk perfek saam. Hulle kleure skep die perfekte kontras teen die meer neutrale en ligter agtergrond van die fotosessie ligging.
Daar was die mooiste rooi blom ontwerpe deel van die paartjie se verlowing fotosessie. Dit het perfek ingepas by die romantiese gevoel van die paartjie se verlowing fotosessie. ʼn Verlowing fotosessie is só belangrik. Nie net leer die paartjie hul fotograaf beter ken nie. Dit help oop vir die paartjie om meer gemaklik te wees voor die kamera. So as julle op jul gemak wees op jul troudag.
Dit is ook so ʼn spesiale tyd om vas te vang op kamera en in foto’s wat julle ʼn leeftyd sal by bly en baie herinneringe sal verewig. Rol af om meer te lees oor Shane en Madré se liefdesreis en foto’s van hulle romantiese verlowing fotosessie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Dit was alles te danke aan my boetie wat my voorgestel het aan Shane. Toe ek hom ontmoet het vir die eerste keer was my hart verlig asof ek geweet het die wag en soeke na ware liefde is verby. Die Here het my geseën met die beste man en lewensmaat. Elke oomblik saam met hom voel soos ʼn droom en vir drie jaar het hy my laat voel soos daai eerste dag in die Jakkaranda stad wat ons oë op mekaar gelê het vir die eerste keer.
Die groot vraag:
Op die de April 2022 na drie jaar wat ons saam ʼn pad gestap het, het Shane my ouers gevra of hy met my kan trou. Met opgewondenheid beplan hy en my ma die mooiste naweek weg na Clarens, in die lande met die mooiste kosmos blomme en die mooiste berg in die agtergrond. Daar staan die man van my drome op sy knie en wag vir my. Dit was soos ʼn spokiesverhaal en dit was baie spesiaal dat beide ons ouers teenwoordig kon gewees het.
Hoekom ons mekaar liefhet:
My gunsteling eienskap van Shane is sy omgee vir almal om hom. Hy is altyd bereid om te help maak nie saak wat nie. Sy omgee hart is definitief hoekom ek so lief is vir hom. Hy het ʼn hart van goud.
My gunsteling eienskap van Madré is dat sy baie lojaal is teenoor almal vir wie sy lief is. Sy sal altyd tyd maak vir familie en vriende en sy sal altyd daar wees om my en hulle te ondersteun en by te staan.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons is net so oor ʼn jaar verloof gewees voordat ons getroud is. Op die 15de April 2023 was ons groot dag.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ek het presies geweet wat ek wou gehad het met ons verlowings foto’s. Ek het geweet ek wil ʼn rooi rok aan trek met rooi blomme en die wit agtergrond. Alles het ek self beplan van ons klere tot die blomme. Isabel se ongelooflike talent het my vissie tot ʼn realiteit gebring.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Kreativ photo and film
- Verloofring: Cabouchon
- Blomme: Floral and Decor by Deo-Dané