Nico & Larisa se Kleurvolle Troue in Namibië

In die inskrywing deel ons Nico en Larisa se kleurvolle troue in Namibië met Mooi Troues se lesers.  Namibië, Suid Afrika se buurland is ʼn pragtige bestemming vir paartjies om te trou.

Die paartjie hou van die natuur en groenigheid.  Dit is hoekom hulle die spesifieke trou venue in Namibië gekies het, want dit is ʼn kontras teen Namibië se landskappe.  Hulle seremonie was onder die bome langs ʼn groot swembad.

Vir hul trou dekor het hulle gegaan vir ʼn meer minimalistiese, moderne styl met blom patroon lopers op die donker hout tafels.  Swart stoele, kandelare en kerse bring definitief die moderne en elegante elemente bymekaar.  Die paartjie se trou tafel was bedek met kleurvolle blomme en hulle het ook ʼn groot blomme boog agter hul tafel gehad.  Dit is so lekker om plof van kleur by ʼn troue te sien.

Die talentvolle trou fotograaf, Ruberns Photography het al die pad Namibië toe gereis om die paartjie se pragtige troue af te neem en so mooi vas te vang in foto’s wat ons nou met julle kan deel.  Die foto’s van die paartjie in die welige tuin is verskriklik mooi.

Larissa het beeldskoon gelyk op haar troudag.  Haar trourok se eenvoudige styl is so mooi.  Ons is gaande oor trourok se oop rug en hoe mooi die rok se ontwerp na onder vloei.  Larissa se kleurvolle handruiker komplimenteer die plof van kleur in hul troudekor.  Nico se swart troupak met die kleurvolle blom patroon das het perfek gepas by die hele styl van die paartjie se troue.

Nico en Larissa het ʼn lieflike wittebrood geniet in die Maldives.  ʼn Heerlike eiland vakansie is enige pasgetroude paartjie se droom wittebrood bestemming.

Rol af en geniet Nico en Larisa se pragtige trou foto’s en die paartjie se trou storie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar deur vriende ontmoet.  Die besluit om te trou was ʼn gesamentlike een.  Ons het as ʼn paartjie baie daaroor gepraat en het saam gevoel dit is die regte tyd in ons lewens en ons liefdesreis om die groot stap te vat.  Alhoewel dit ons besluit was, het Nico nogsteeds die groot vraag gevra.  Ons het verloof geraak in die “Miracle Garden” in Dubai.  Ek is vreeslik lief vir blomme en wou nog altyd na hierdie tuine toe gaan.  Nico het vir ʼn lang tyd geweet dit is waar hy my wil vra om te trou en het dit waar gemaak.

Die Verlowing Tydperk:


Ons situasie is effens uniek, want Nico doen rotasie werk oorsee.  Hy is dus baie min by die huis en dit het dit moeilik gemaak om noodwendig die verlowing enige tyd te doen.  Dit het ook beteken die troudatum moes lank vooruit gekies word sodat hy sy tyd by die huis rondom dit kon beplan.  Ons het die besluit geneem om te trou so bietjie meer as ʼn jaar voor die troue en het toe die troue begin beplan.  Ons het alles self gedoen sonder ʼn beplanner.  Omdat hy nie die verlowing wou afjaag nie en dit op ʼn spesifieke plek doen.  Ons het ons net drie maande voor die troue amptelik verloof geraak.

Trou Begroting:


Die begroting was min of meer N$200 000 en ons kon redelik goed by dit hou.  Daar was 62 gaste onthaal.  Ons was baie selektief met wie ons genooi het en het net mense genooi met wie ons ʼn aktiewe naby verhouding het.

Dit is ook deel van ons advies vir ander paartjies – moenie voel julle hoef enige iemand te nooi nie.  Spandeer eerder geld om julle droom troue waar te maak met minder mense as wat julle mederheid geld spandeer om massa mense te akkommodeer.  Troues is duur en daar is baie onverwagte kostes betrokke, so begroot altyd vir meer as wat julle dink.

Merkwaardigste Oomblikke:


Nico:

Sien en soen!  Daar was vir ʼn lang tyd ʼn opgewondenheid wat ek ervaar het oor ons troudag en dit het gevoel asof dit só lank vat om te kom.  Toe ek my bruid vir die eerste gesien het, het ek geweet dit is nou so en dit was die oomblik waarvoor ek só lank gewag het.  Die soen aan die einde van die seremonie was ook vir my merkwaardig, want toe ek het geweet ons is nou amptelik man en vrou.

Larisa:

Die merkwaardigste deel van die dag was nie vir my ʼn spesifieke oomblik nie, maar eerder hoe ek gevoel het op die dag.  Ek het nog nooit soveel geluk en liefde op ʼn dag ervaar nie.  Ek onthou dat ek op soveel spesifiek oomblikke gedink het dat ek nooit wil vergeet hoe ek op daai oomblik gevoel het nie.

Paartjie se styl:


Ons sal ons styl as modern en minimalisties beskryf.  Ons hou van iets wat anders is, uitstaan en ʼn “statement” maak, maar op dieselfde tyd elegant is.  Van die begin af het ons ook presies geweet wat ons wou hê en geweet ons wil dit baie persoonlik maak.

My trourok was pasgemaak en ek het verskillende elemente waarvan ek gehou het in een rok bymekaar gebring.

Nico wou heel swart aantrek met ʼn das wat aandag trek. So die pak was nie juis spesifiek nie, maar ons het sy das self ontwerp en laat druk.

Die ring was ook pasgemaak in Dubai volgens ʼn spesifieke ontwerp wat ek al lank in gedagte gehad het.

Besluitnemingsproses:


Die groot besluite het ons saam geneem, maar mederheid van die kleiner en fyner besluite was deur die bruid geneem.  Ons het ook van die begin af besluit dat dit ons troue is en dit vir ons belangrik was dat ons hou by dit wat ons graag wil hê.  Ons wou dus nie hê dat ander mense ons besluite te veel moes beïnvloed nie.  Vriende en familie was nie baie betrokke by die besluitnemingsproses nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf was uitstekend en een van die beste keuses wat ons gemaak het vir die troue – Ruberns Photography.

Die ontwerper wat my trourok gemaak het en die vrou wat my grimering en hare gedoen het was ook twee van ons gunstelinge – Amazing Designs en Pout-it-Out Make-up Artistry.
Let wel ons bly in Namibië en slegs die fotograaf is in Suid Afrika.

Vermaak:


Ons het slegs ʼn platejoggie as vermaak op die troue gehad,  maar ons het versoek dat by die verwelkomingsdrankies en canapés instrumentele musiek speel wat ʼn baie lekker atmosfeer geskep het.

Meer oor Ruberns Photography:


Ruberns Photography is ʼn trou fotograaf wat troues afneem in beide die Wes-Kaap en Gauteng.  Romanties, pret en eg, Ruberns Photography se foto’s sal wil hê jy moet weer van voor af verlief raak.  Ruberns Fotografie is ʼn Kaapstad-gebaseerde trou fotografie span wat daarop gefokus is om ware liefdesverhale vas te lê. Met meer as 7 jaar en 100 troues het hulle al die ervaring om jou baie spesiale dag sonder kommer af te neem.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Nico:

Doen wat jy graag wil doen en moenie jou keuses verander oor ander se opinies nie.  Jy trou ook net eenkeer, so as daar iets is wat jy graag wil hê of doen, probeer jou beste om dit te laat gebeur.

Larisa:

Om ʼn troue te beplan is baie stresvol en kan op tye oorweldigend wees.  Onthou om dit ook te geniet en die kosbare dele van die beplanning in te neem.  Saam met dit, hierdie is jou mooiste dag ooit wat jy veraltyd gaan onthou en jy gaan altyd terug kyk na die fotos.  Doen moeite met jouself.  Investeer vir maande vooruit in jou velsorg, hare en so aan.

Wittebrood:


Ons wittebrood was in Maldives.  Ons altwee wou nog altyd baie graag Maldives besoek en het altyd onsself belowe ons gaan dit eendag doen.  Wat ʼn beter geleentheid as ons wittebrood?  Ons wou ook graag ʼn bestemming hê waar ons na al die stres wat saam met die troue en beplanning gaan, net kon ontspan, nie te besig wees nie en regtig fokus om net tyd saam met mekaar te spandeer meer as ʼn bestemming “explore”.

Die eerste oggend was ons só opgewonde om met die trappe van ons “water villa” in die blouste see te stap en ons wou net vinnig voel hoe die water voel.  Ons het nog nie sonskerm aangesmeer nie en toe ons eers in die water was, was die so asemrowend mooi dat ons vir amper twee ure gesnorkel het.  Ons het só erg gebrand en was die res van die wittebrood so versigtig vir die son.

Venue & Dekor:


Ons is baie lief vir natuur, spesifiek groenigheid.  Namibië is maar droog en vaal.  Ons het geweet Midgard is een van die min venues in die land wat meer groen is met baie gras en mooi tuine in plaas van die veld/bos gevoel van baie ander venues.  Ons het uitgery om Midgard te besoek en toe ons by die venue aankom en ons die groen daar sien het ons altwee dadelik geweet dit is die iets anders wat ons soek.

Ons tema dekor was baie uniek.  Die basies kleur van ons troue was swart met die helderste kleure van enige en alle blomme.  Ons inspirasie agter die dekor was my liefde vir blomme en ons liefde daarvoor om anders te wees as die algemeen.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar was natuurlik klein goedjies wat skeef geloop het op die troudag, maar geen troue gaan ooit perfek wees nie.  Dit het wel vir ons alles perfek gevoel en daardie klein goedjies is nie meer op daai oomblik belangrik nie, want mens besef dan waaroor alles eintlik gaan.  Daar is niks wat ons sou wou verander nie en sou net wou hê die tyd moes stadiger verby gaan.

Spesiale Tradisies:


Nee ons het nie. Inteendeel, dink ons dat ons eintlik ʼn paar dinge wat as tradisie by Afrikaanse troues beskou word, nie gedoen het nie.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad op Emily Hackett se Take My Hand.  Nico is bietjie skaam vir dans en ons wou graag hê ons eerste dans moes “wow” wees.  Ons het op YouTube rond gesoek vir ʼn paar liedjies wat kon werk en het toe afgekom op een waarop daar ook ʼn uitgewerkte dans is.  Daarna het ons vir dans klasse gegaan en die instrukteur het vir ons die dans op die liedjie geleer. Ons het dit nog ʼn laaste keer op die gras buite die onthaalsaal geoefen voor ons die saal binne gegaan het om Nico se senuwees te kalmeer.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: