Marcelino & Anike se Verrassings Verlowing op Kampsbaai se Strand

Ons is omtrent opgewonde om Marcelino en Anike se verrassings verlowing op Kampsbaai Strand met Mooi Troues se lesers te deel.  Hierdie is die perfekte fotosessie om te gebruik as inspirasie vir jul eie verlowing fotosessie.  Marcelino het Anike verras met ʼn prentjie mooi piekniek op Kampsbaai Strand tydens sonsak.  Dit was besonders mooi en die lig, weer en wind het alles só perfek saam gespeel.

Lucille Scheepers, ʼn fantastiese trou fotograaf het reg gestaan om elke oomblik van die paartjie se spesiale verrassings verlowing vas te vang.  As jy so iets spesiaal beplan vir jou toekomstige eggenoot, maak seker jy huur ʼn professionele fotograaf om die oomblikke vas te vang.  Die manier hoe Lucille dié paartjie se verlowing foto’s vasgevang het, het ons laat voel of ons self daar was.  Haar fotografie styl is nie net natuurlik nie, maar ook so mooi skerp en realisties.

Die oulike piekniek opset was só mooi gedoen.  Dit het ʼn baie romantiese gevoel gegee.  Daar was rottang matte, sitplek en heerlike vingerhappies met vonkelwyn om die goeie herinneringe mee te vier.  Daar was ook foto’s van hulle tydperk saam as paartjie met pennetjies vasgemaak wat vir ons ʼn baie oulike idee was om herinneringe deel te maak van die spesiale dag.

Die pragtige dekor items en opstel van die piekniek was gedoen deur The Souk Events. The Souk Events spesialiseer in boetiek styl pieknieks by die see.  So kan julle ‘n stresvrye piekniek opstel hê wat nie net gemaklik is nie, maar ook perfek vir die mooiste foto’s.

Rol af om meer te lees oor Marcelino en Anike se liefdesreis as paartjie en om die foto’s van hulle verrassings verlowing op Kampsbaai Strand te geniet.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was op Hoërskool in 2012.  Dit was nie liefde met die eerste oogopslag nie, maar soos wat ons mekaar beter leer ken het, het ons beste vriende geword en later, in 2014, was ons gekys.  Fast forward nege jaar later en ons is verloof!

Die groot vraag:


Ons het nog altyd geweet dat ons wil trou, maar wou eers stabiliteit in ons lewens hê voordat ons die volgende stap in ons verhouding sou neem.  Die verlowing was ʼn absolute verassing.  Marcelino het my die 11de Maart nadat hy van die werk af gekom het gevra of ons die sonsak kan gaan kyk.  Dit was glad nie vir my vreemd nie, want dit is iets wat ons gereeld saam doen.  Toe ons in Kampsbaai op die strand kom was daar die mooiste piekniek vir ons uitgepak en die fotograaf het dadelik begin foto’s neem.  Daar was baie mense op die strand en ek het die oomblik sien kom toe ek my suster in die agtergrond gewaar.  Dit was die mooiste oomblik en ons albei het gehuil.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Anike:

Marcelino het ʼn groot omgee hart vir ander mense, hy is altyd vriendelik en hulpvaardig, hy het ʼn goeie sin vir humor, hy is baie hardwerkend en hy is altyd vrygewig.

Marcelino:

Anike is beeldskoon van binne en buite, sy lewe haar Christelike waardes ten volle uit.  Sy is avontuurlustig, betroubaar, eerlik en ʼn vrou van integriteit.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons beplan om sewe maande verloof te wees.  Aangesien ons al so lank saam is, kan ons nie wag om ons lewe saam te begin nie.  Die werklike avontuur gaan binnekort eers begin.

Die verloofring:


Ons het een of twee keer toevallig na ringe gekyk.  Marcelino het gevra dat ek vir hom moet foto’s stuur van ringe waarvan ek hou.  Hy het toe heeltemal op sy eie ʼn juwelier gekry en die ring laat ontwerp.  Ek is mal oor my ring, ek sou dit geensins verander nie!

Die ring is dun en gemaak van 18 karaat geelgoud.  Dit het ʼn 1.29 karaat ovaal laboratorium diamant met ʼn hidden halo om die steen.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Marcelino wou graag ʼn fotograaf daar hê om die groot oomblik vas te vang, sodat ons die spesiale herinneringe verewig kan onthou.

Visie vir droomtroue:


Ons wil eenvoudig net die aand geniet saam met ons al ons gunsteling mense en ons huwelik saam met hulle vier.

Meer oor Lucille Scheepers:


Lucille Scheepers is ʼn leefstyl & trou fotograaf wat gebaseer is in die Wes-Kaap.  Sy het ʼn passie vir foto’s en ʼn hart vir mense &  is ʼn “hopelose romantikus” wat glo in sprokies verhale. Haar styl van haar foto’s  beskryf sy  as romanties en dromerig.  Lucille se foto’s vertel ʼn storie en sien uit daarna om julle storie vas te vang!  Sy hou van alles wat mooi en opreg is.

Lucille se werk was al ʼn paar keer op Mooi Troues gepubliseer en ook ʼn top finalis in van Suid Afrika se trou toekennings.  As julle opsoek is na ʼn trou fotograaf wat julle spesiale dag sal vasvang in die mooiste foto’s, dan moet julle Lucille op jul kortlys hê.

Meer oor The Souk Events:


The Souk Events is geïnspireer deur die ou wêreld, kulture en die gees van avontuur.  Hulle voorraad is saamgestel uit jare se reis om ‘n eklektiese en wêreldwye vintage-styl na byeenkomste te bring.

The Souk Events het verskeie saamgestelde pakkette van items wat vir kleiner geleenthede gehuur kan word.  Die pakkette wissel van intieme kombuistee’s, luukse pieknieks ensovoorts.

Vir troues kan hulle paartjies direk uit hul katalogus kies of The Souk Events kan help om hul idees tot lewe te bring. Hul styl is perfek geskik vir buitelug vieringe, fees styl troues, piekniek troues en Boheemse vintage geleenthede.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers:

        [endsection]