Erik & Janke se Botaniese Tuin Verlowing Fotosessie

Ons deel graag Erik en Janke se Botaniese Tuin Verlowing Fotosessie in Worcester met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie het die mooiste aardse kleur skakering uitrustings aangehad wat perfek ingepas het by die ligging van hulle fotosessie.  Worcester se botaniese tuine was die perfekte agtergrond vir die paartjie se fotosessie.

ʼn Verlowing fotosessie speel ʼn belangrike rol in ʼn paartjie se trou beplanning proses.  Dit help die paartjie om meer gemaklik te wees voor die kamera, sodat hulle ʼn stresvrye fotosessie kan hê op hul troudag.  Die paartjie kry ook die geleentheid om hulle trou fotograaf beter te leer ken, indien dit die selfde fotograaf is wat julle troue gaan afneem.  Ons raai aan dat julle ʼn verlowing fotosessie doen met julle trou fotograaf, sodat julle die fotograaf beter kan leer ken.

Mooi Troues se Trougids is vol professionele trou fotograwe regoor Suid Afrika.  Besoek gerus ons trougids om die perfekte trou fotograaf vir julle verlowing fotosessie en troue te bespreek.  Rol af om Erik en Janke se Botaniese tuin verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het by ʼn gesellige braai ontmoet.  Dit was amper soos “love at first sight”.  Maar ons het eers sewe maande na die braai kontak met mekaar begin maak.  Ons was vir vier jaar en agt maande in ʼn verhouding voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Dit was ‘n grooooooot verrassing!!  Erik het self dit nie lank voor die tyd beplan nie, omdat hy geweet het iewers gaan iemand dalk hulle mond verby praat.  Dit was op ‘n Sondagoggend, 1 Januarie 2023, by Sanddrif-dam in De Doorns.  Erik se suster en swaer het die oomblik met ons gedeel. Dit was die beste JA antwoord wat ek nog gegee het.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Hardwerkend, eerlik en ondersteunend.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Drie maande (as Erik sy sin kon kry, was dit sommer binne een maand).

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het deur LumoX Images ʼn geskenkbewys ontvang.  Grootste geskenk nog!

Visie vir droomtroue:


Klein, intiem en ʼn ontspanne atmosfeer.  Ons behoefte is om by elkeen van ons gaste te gaan sit en rustig met elkeen te gesels.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: