Cornie & Angelique se Pragtige Protea Plaastroue

In dié inskrywing deel ons Cornie en Angelique se pragtige Protea plaastroue in Gauteng met Mooi Troue se lesers.  Dié paartjie het ʼn buitelug seremonie gehad tussen die mooiste hoë bome, omring met die geluide van die natuur.  Daar is net iets baie spesiaal aan ʼn buitelug seremonie.

Die paartjie het by die pragtige protea plaas, Harmonie Proteas getrou.  Omring deur die pragtige landskappe van die trou venue.  Harmonie Proteas is die ideale trou bestemming in Pretoria-Oos vir paartjies wat na aan die natuur wil trou.  By die trou venue kan paartjies heerlike spyseniering verwag en ʼn gesellige kuier saam met familie en vriende.

Die warm, aardse kleurskema van die paartjie se trou dekor is besonders mooi.  Met skakerings van oranje, bruine en tikseltjies groene het alles só mooi bymekaar gekom.  Die wit tafeldoeke en stoele breek die kleure en skep die perfekte kontras.  Klein kerse op die tafels gee ʼn romantiese atmosfeer aan die trou tafels en onthaal area in die algeheel.

Angelique se trourok het ʼn boheemse styl met oop skouers en mooiste detail op die trourok self.  Haar strooimeisies het ook emerald groen rokke aangehad wat perfek gepas het by die paartjie se uitrustings.  Cornie het ʼn klassieke emerald groen troupak aangehad met ʼn bruin leer das.

Ons is totaal en al verlief op die paartjie se fotosessie wat die talentvolle trou fotograaf, SALT Photography by Anel afgeneem het.  Die oranje sonsondergang in die agtergrond met die sagte lig wat oor die protea landerye van is absoluut asemrowend mooi.  Die oranje tema van die sagte sonlig van die foto’s het só mooi gevloei by die paartjie se trou dekor kleurskema.

Rol af om meer te lees oor Cornie en Angelique se pragtige Protea plaastroue en hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Angelique het Pretoria toe getrek vir ʼn nuwe werk geleentheid, en binne die eerste maand min het sy geweet dat sy haar hart op Cornie sou verloor.  In die maand van September 2019 was hulle voorgestel aan mekaar deur familie, en met die eerste oog opslag was dit verby!

25 Junie 2022 het Cornie die groot vraag gevra op die mooiste berge in die land, in Hoedspruit, waarop Angelique dadelik JA gesê het!  En vandaar af het hulle reis begin.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir nege maande, en het die troue self beplan.

Trou Begroting:


Daar was 70 mense onthaal en ons begroting was R100,000.  Ons het net seker gemaak dat wat ookal ons doen niks onnodige onkostes was nie.  Ons raad sal wees dat beplanning en navorsing baie belangrik is om die beste moontlike opsies te oorweeg.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir ons albei was die oomblik só merkwaardig toe die bruid instap na haar bruidegom.  Die Here se liefde en genade ervaar mens so eg in daardie oomblik.  En ons eerste instap liedjie as man en vrou was iets besonders wat mens nie kan oor verduidelik nie.

Paartjie se styl:


Ons styl was simplisties, maar ook stylvol.  Die bruid se trourok was ʼn wit Boheemse styl en die bruidegom het ʼn emerald groen pak gehad.

Angelique het ʼn roosgoud Protea snit ring met ʼn klein fyn pand by, en Cornie se ring is grys met roosgoud tungsten om by sy bruid te pas!

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid en bruidegom het alle besluite saam geneem, nie een het ʼn besluit alleen geneem nie.  Vriende en familie was by geen besluite betrokke nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf Anel, van Salt Photography sy laat jou definitief op jou gemak voel sodat jou foto’s só natuurlik as moontlik lyk.

Meer oor Salt Photography:


SALT Photography by Anel is ʼn professionele storieverteller.  Elke persoon wie sy afneem, neem sy af as of hulle haar eerste en enigste kliënt is.  Anel, die naam agter Salt Photography wil elke paartjie se storie vertel sodat hulle dit vir baie jare kan herleef in soveel detail moontlik.  Salt Photography se doelwit is om mense te laat goed en gelukkig voel.  Baie min mense hou van foto’s neem en van hulself in foto’s.  Dit is iets wat Salt Photography graag wil verander.  Foto’s is al wat paartjies oor het, van enige oomblik.

Meer oor Harmonie Proteas:


Harmonie Proteas trou venue weerspieël die rustigheid en harmonie van die nuwe hoofstuk in jul verhouding.  Die unieke omgewing van hierdie veeldoelige trou venue word versterk deur die Proteas- en Fynbos-plantasies, die oop grasvelde en die onbeperkte uitsigte oor die horison.

Om ʼn unieke trou ervaring te verseker en om persoonlike aandag aan hul kliënte en gaste te verseker, word slegs een troue per naweek gedoen.

Ideale fotografiese geleenthede om jou wonderlike dag vas te vang vir jou toekomstige herinneringe, is moontlik uit die oorvloed van natuurlike lig, gebreek en gefiltreer deur protea bosse, fynbos en bome.

Venue & Dekor:


Ons venue was Harmonie Proteas.  Dit is die mooiste protea plaas in die hartjie van Gauteng.  Die mooi natuurskoon het ons asem weg geslaan en ons het dadelik geweet dit is waar ons trou aan mekaar wil belowe.  Ons albei wou ʼn minder is meer effek gehad het maar tog saam met die wow faktor, so die emerald groen en oranje was vir ons twee baie mooi stylvolle kleure om ons dekor rondom te beplan.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die die bruidegom se broer wat deel was van die gevolg se broek pak was te klein omrede die verskaffers die verkeerde nommer vir ons gegee het.

Ons het darem ʼn plan gemaak om die regte nommer broek by ons uit te kry.  Dis die onperfekte tye wat dit net meer interessant en spesiaal maak op die ou einde van die dag!

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dit gaan verskriklik vinnig verby, so die belangrikste is om dit letterlik alles in te neem en dit net te geniet.  Dit gaan net oor mekaar daardie dag.  Fokus net op mekaar!

Wittebrood:


Ons het besluit om Thailand toe te gaan vir ons wittebrood, omdat die bruid nog nooit verder as die Kaap was nie en die bruidegom was al voorheen in Thailand.  Hy wou vir sy vrou die mooi en skoonheid gaan wys het, en dit was net makliker omdat hy alreeds geweet het hoe wat en waar!

Eerste Dans:


Ons het beslis vir danslesse gegaan, nie omdat ons nie kan dans nie, maar juis omdat ons dit so perfek wou gehad het.

Ons liedjie keuse was Here I am van Bryan Adams, die liedjie se woorde het so mooi by ons as paartjie gepas en het met ons hart gepraat.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: