Andrea & Raquel se Kleurvolle Troue in Hartbeespoort

Met baie opgewondenheid deel ons graag Andrea en Raquel se kleurvolle troue in Hartbeespoort met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie wou graag ʼn aardse, luukse troue hê en hulle het definitief hulself oortref.  Ons is totaal en al verlief op die paartjie se trou dekor.

Andrea het ʼn deftige swart pasgemaakte Italiaanse vlootblou tuxedo aangehad met ʼn wit hemp en swart strikdas.  Dit het perfek ingepas by die tydlose en luukse tema van hul troue.  Raquel het beeldskoon gelyk in haar pragtige Europese satyn trourok.  Haar sluier was vier meter lank en het die mooiste pêrel krale detail opgehad.  Raquel het die mooiste wit orgideë handruiker gehad.

Hulle trou dekor is só mooi en die halfsirkelvormige ruite van die trou venue bring soveel natuurlike lig in die onthaal lokaal in.  Die tafels se kleurpalet is aardse kleure met tikseltjies helder blomme.  ʼn Verskeidenheid blompotte is wat in skakerings van goud, wit en terracotta kleure is rangskik in die middel van die tafel op ʼn ligte tafelloper.

Die liggies bo die tafels, tesame met die kerse op die tafels skep ʼn baie romantiese atmosfeer.  Ons is mal oor die helder blom ontwerpe op die tafels.  Dit skep gee ʼn moderne, maar nogsteeds baie klassieke voorkoms aan die onthaal lokaal.  Die paartjie se tafel is besonders mooi met die blomme wat af drapeer teen die kant van die tafel.

Alles is moontlik met ʼn span professionele trou diensverskaffers.  Mooi Troues se trougids is toekomstige bruide se bron van betroubare trou diensverskaffers.

Andrea en Raquel het ʼn lieflike wittebrood gehad in die Maldives, enige paartjie se droom wittebrood bestemming.  Rol af om meer te lees oor Raquel en Andrea se kleurvolle troue en hul liefdesreis as paartjie hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Andrea het albei by die Wits Mediese Kampus gestudeer.  Ten spyte van die feit dat ons so naby aanmekaar was, het ons mekaar nie ontmoet voordat die tyd reg was nie – om by ʼn nuwejaarspartytjie in 2020 te wees.  Eerlik om mekaar te ontmoet, het gevoel soos om huis toe te kom.  Drie dae nadat ons ontmoet het, het Andrea my op ons eerste afspraak geneem, waar hy alles uitgehaal het met ʼn wonderlike aandete.  Hy was en is steeds die definisie van ʼn ware heer.

Na twee jaar van uitgaan het Andrea die perfekte velowing by die Paleis-uitkykpunt in Sun City beplan.  Ek was gevul met soveel liefde en opgewondenheid dat my hoogtevrees heeltemal vergeet is.  Alhoewel ek nie die verlowing  sien kom het nie, dat ek nou terugkyk, het hy my wel ʼn paar keer te veel gevra watter tipe verloofring ek sou wou hê!  En hy het die ring PERFEK gekry.

Die Verlowing Tydperk:


Ons verlowings tydperk was tien maande lank en het nie ʼn troubeplanner gehad nie.  Dit was uitdagend om te beplan terwyl ons ons praktyke bestuur, pasiënte behandel en ʼn SAISI-protokol skryf (die dag voor die troue).

Trou Begroting:


Ons wil nie graag ons troubegroting bekend maak nie, maar ons het ons bes probeer om daarby te hou en was net effens oor.  Ons het 160 gaste gehad wat klein is vir ʼn Italiaanse en Portugese troue.   Ook het ons ʼn baie groot gevolg gehad.

My raad is om eers die groot uitgawes te dek soos jou trourok, dekor, kroeg rekening, venue en spyseniering.  Besluit wat vir jou belangrik is en moenie onder druk voel om elke tradisie op jou troudag in te sluit nie.

Besluitnemingsproses:


Die bruid het beslis die finale besluite geneem, meestal saam my ma en die hoof strooimeisie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Stap in die trou gang af en die hele seremonie – BLISS

Gunsteling Diensverskaffers:


Sjoe dit is ʼn super moeilike een.  Ons het die beste verskaffers daar buite gebruik, so dit is moeilik om te kies.  Ons het baie daarvan gehou om met Blank Canvas, You and Me laser cutting studio, Lightburst Photography, asook Oopsie Daisy Flowers en Decor te werk.

Spesiale Tradisies:


Ons gevolg het ons in die lokaal verwelkom terwyl hulle na Caio Bella, Caio gedans het, wat die partytjie aan die gang gesit het en ʼn Italiaanse flare bygevoeg het.

Paartjie se styl:


Ons wou tydloos en klassiek wees.  My trourok was ʼn pragtige Europese satyn rok met ʼn 4m sluier.  Ek het ʼn 4m pêrel krale sluier gehad wat die rok perfek aangevul het.  My man het ʼn pasgemaakte Italiaanse vlootblou tuxedo met satyn lapel gedra.  My gunsteling deel van ons trouringe is ons persoonlike name binne.

Venue & Dekor:


Ons wou ʼn aardse, luukse troue hê.  Ons het baie venues in Muldersdrift, Pretoria en Hartbeespoort besoek.

Red Ivory het ons asems weggeslaan.  Soos jy instap, sien jy glasvensters van plafon tot vloer wat uitkyk oor die mooiste uitsig oor berge en die natuur.  Ek was mal oor die uniekheid van die halfsirkelvormige vloer uitleg.  Die venue het baie akkommodasie en die wittebroodsuite is pragtig.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Alles was perfek – moenie oor die klein goedjies stres nie.  Solank jy met jou gunsteling persoon in die hele wêreld trou, dan is jou troudag perfek.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid se advies – skep ʼn mood board en gebruik Pinterest spaarsamig.  🙂

Bruidegom se advies – gebruik ʼn digitale uitnodiging app.

Wittebrood:


Ons het ʼn magiese wittebrood in Maldives gehad – ons het in ʼn water villa gebly.  Die seelewe was ongelooflik.  ʼn Ware bederf van my man.  ʼn Wittebrood was beslis nodig aangesien ons die jaar aan die gang slaan met troubeplanning en werksverpligtinge.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op Andrea se gunsteling liedjie – Paint my love.  Ons het vir vier danslesse gegaan en dit het ons regtig gehelp.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: