Stephan & Anya se Troue in KwaZulu-Natal se Midlands

Met opgewondenheid deel ons Stephan en Anya se troue in KwaZulu-Natal se Midlands met julle.  Die Midlands omgewing in KwaZulu-Natal is die ideale bestemming vir ʼn pragtige troue, omring deur die mooi natuurskoon.

Anya het die mooiste trourok aangehad met fyn geborduurde blomme en pêrels, met ʼn een en ʼn half meter sleep.  Haar pragtige Monroe oorbelle van Hellohaai het haar voorkoms só mooi gekomplimenteer.  Stephan het ʼn olyfgroen baadjie aangehad en ʼn sand kleurige broek met bruin leer skoene en ʼn bruin das.

Anya se pragtige verloof- en trouring pant is gemaak deur die talentvolle juwelier, Stella Moissanite ontwerp het.  Die fyn detail van haar verloof- en trouringe kan opgesom word as perfeksie.  Die fyn steentjies op die dun band saam met die groter steen van die verloofring maak saam die perfekte troupant.  Stella het ook Stephan, die bruidegom se troupant ontwerp, wat ʼn meer simplistiese ontwerp was, perfek vir die bruidegom se hand.

Hulle seremonie was in die trou venue se kapel gewees, omring deur die pragtige versorgde tuine wat gesien kon word deur die dubbel volume ruit agter die paartjie.  Die ruit was só mooi omvou deur ʼn pragtige blomme boog.

Ons is dol verlief op die paartjie se fotosessie met die mis en die pragtige dramatiese effek wat dit aan die foto’s se agtergrond gee.  Dit is iets anders as die normale sonskyn foto’s en ons hou baie daarvan.

Hulle trou dekor is besonders mooi.  Die sagte kleure op die hout tafels skep die perfekte kontras.  Lekker groot blom ontwerpe op die tafels skep ʼn romantiese voorkoms saam met die lang dun kerse op die tafels.  Tikseltjies donkerder koraal kleure kan gesien word en skep ʼn bietjie drama.

Om meer te lees oor Stephan en Anya se Troue in KwaZulu-Natal se Midlands, rol af.

Paartjie se Liefdesreis:


Mense sê altyd dat jy nooit jou lewensmaat in ʼn studenteklub sal ontmoet nie, maar dis presies waar ek my man ontmoet het.  Ons het albei aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.  Ek en my vriendinne het besluit om “Galentine’s Day” saam te vier.  Later die aand het hierdie lang, aantreklike man my gevra om te dans, en dit is waar ons liefde storie begin het.

Ons het 3 jaar uitgegaan toe hy die groot vraag gevra het.  Stephan het vir my in die Kaap kom kuier waar ek besig was met my internskap. 

As studente het ons gereeld strand pieknieks gaan hou, en Stephan het daarop aangedring dat ons vir ʼn laat Valentyns-strand piekniek by Bloubergstrand moes gaan op seker die winderigste dag van die jaar.  Ek wou ons planne verander oor die wind maar Stephan was vasbeslote om daardie dag, op daardie strand piekniek te hou.  Nadat ons die piekniek opgestel het, het hy gesê dat ek solank moes regstaan vir ʼn foto terwyl hy die “tripod” opstel.  Ek het na Tafelberg gestaan en kyk, en besef hy vat baie lank om op te stel.  Toe ek omdraai om te sien wat so lank neem, was hy reg agter my op een knie met die ringboksie in sy hand.  Ek het nog nooit so vinnig “Ja” gesê vir enigiets in my lewe nie.

Meer oor Hellohaai:


Hellohaai spesialiseer in hand gemaakte polimeer klei trou oorbelle, met ander woorde maak Hellohaai jou trou-oorbel drome waar.  Daar is iets vir elke tipe bruid daar buite, of jy nou ’n moderne – of tydlose dame is, sal jy verseker iets kry wat jou hart maak glimlag.

Indien jy nie seker is oor wat by jou hare of rok gaan pas nie, kontak Hellohaai gerus om bietjie raad te vra, soveel bruide is al deur onsekerheid gehelp om die regte oorbelle te kies.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was presies ʼn jaar verloof voordat ons getroud is.  Stephan het my op 24 Februarie 2022 gevra om te trou, en op 25 Februarie 2023 is ons getroud.

Ons het oorweeg om ʼn troubeplanner te gebruik, maar om koste te bespaar, het ons uiteindelik besluit om dit self te doen, en vir ons was dit absoluut die regte besluit.

Trou Begroting:


Albei ouerpare en ons het saamgespan vir ʼn totale begroting van R190 000 vir ons troue.  Met die hulp van ʼn Excel sigblad het ons presies by ons begroting gehou.  Daar was tussendeur onverwagte uitgawes gewees, en ons moes kreatiewe maniere vind om binne ons begroting te bly en steeds te kry wat ons wou hê.  Hierdie begroting het ingesluit die venue, die kos, dekor, blomme, trou-uitrustings, fotograaf, vermaak, en “signage/stationery”.

Ons het 90 gaste genooi om ons spesiale dag saam met ons te vier.

Ons advies aan ander paartjies, is om te besluit op die drie belangrikste elemente van jou troudag.  Vir ons was dit die venue, die dekor en die fotograaf.  Dit het ons toegelaat om te fokus waar geld spandeer moes word en waar nie, en dit het ons gehelp om binne ons begroting te bly.

Die Besluitnemingsproses:


As gevolg van die afstand, het ek die meeste van die beplanning behartig, hoewel ek en Stephan altyd die finale besluite saam geneem het.  Ons het ons familie en vriende sover moontlik betrek, of dit nou oor die kleurskemas, geskenkies vir gaste, vermaak of dekor was, het ons families nooit gehuiwer om in te spring en te help wanneer ons bietjie oorweldig gevoel het nie.

Spesiale Tradisies:


Een van die spesiaalste tradisies vir ons was die “candle unity”-seremonie.  Albei ons ma’s het aan hierdie seremonie deelgeneem deur hul kleiner kerse aan te steek en aan my en Stephan te gee om ons “unity candle” met ons huweliks-teksvers daarop, aan te steek.  Dit was só ʼn mooi manier om simbolies te wys dat ons twee families verenig as een.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir ons albei was die spesiaalste oomblik ʼn stil tydjie saam in die kapel na ons fotosessie in die mis.  Dit het vir ons alleentyd saam met mekaar gegee vir die eerste keer daardie dag, sonder enige kameras of mense om ons.  Hierdie was ons tyd om die oomblik te absorbeer en te geniet, alles om ons in te neem en te waardeer, en net dankbaar te kon wees oor die wonderlike dag en ongelooflike voorreg wat ons gehad het om so spesiale troue te kon hê.  Dit is die een oomblik wat oor en oor in ons gedagtes oorspeel.

Paartjie se styl:


Die styl van ons troue kan beskryf word as romanties en elegant met inspirasie uit die natuur, en dit is weerspieël in my rok, Stephan se uitrusting en ons ringe.

Die eerste rok wat ek gedra het, was die mees romantiese A-lyn rok van Fynbos Bridal Boutique. Die hele rok is met 3-D blommetjies en pêrels geborduur, met ʼn elegante “scoop” halslyn en ʼn 1.5 meter sleep.  My tweede rok is deur Sara Donaldson Dressmaker gemaak, en was ʼn nousluitende wit satynrok, wat my toegelaat het om te dans sonder enige bekommernis.

Aangesien ons troue nie baie formeel was nie, het Stephan gekies om nie ʼn vol pak klere te dra nie. Hy het ʼn olyfgroen baadjie van Trenery gedra met ʼn Polo chino, bruin leer belt en skoene van Your Pal, en ʼn bruin leer das van Wanderer.  Hy het só aantreklik gelyk en reg in pas met ons styl.

My verloofring is ʼn klassieke solitaire emerald-cut moissanite geset in ʼn plein goue bandjie met vier kloutjies.  Die troupant is ʼn eenvoudige, elegante channel pavé bandjie met moissanite inlegwerk geset in goud.  Stephan wou iets uniek hê. Omdat hy soveel van die voorkoms van swart tungsten carbide ringe hou, het ons vir hom ʼn swart tungsten carbide ring gekies met goue detail weerskante.

Ika van Stella Moissanite het ons soveel gehelp met die ontwerp van ons ringe.

Vermaak:


As vermaak het ons besluit om ʼn professionele platejoggie te gebruik, en dit was ook een van die beste besluite wat ons geneem het.  Rudi Prigge van Heart Beats – The Wedding DJ was absoluut uitstaande – van baie spesifieke tydsberekening met van die musiek, tot om saam te speel met die seremoniemeester en strooijonkers se grappies – om ʼn jolige atmosfeer by die onthaal te verseker.  Rudi never skipped a beat! (Skuus vir die pun)

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Anya:

Geniet elke oomblik – van die beplanning tot die klein oomblikkies op die dag.  Moenie oor onnodige details stres nie, want dit sal net die hele ervaring bederf.  Elke ding wat gebeur, gebeur vir ʼn rede, en uiteindelik werk alles perfek uit.  Onthou, almal twyfel soms in hul besluite, veral as gevolg van sosiale media.  Dit is julle dag, en niemand anders s’n nie.  Doen wat julle gelukkig maak, ongeag of ander mense daarmee saamstem of nie.  Julle weet wat die prentjie in julle kop is, so volg net jou hart.  Wanneer jy terugkyk op hierdie dag, moet daar geen oomblik van spyt wees nie. Geniet die hele proses.

Stephan:

Die alleentyd wat ek en Anya na ons fotosessie in die kapel deurgebring het, was baie spesiaal vir ons albei.  Ek sou aanbeveel dat paartjies tyd maak vir ʼn paar oomblikke alleen net om asem te skep en die grootsheid van die dag te geniet.  Hierdie tydjie gee jou bruid die kans om saam met jou te ontspan weg van die woeligheid om julle.

Raad van ons albei:

Kies die regte seremoniemeester.  Stephan se vriend, John Hopley, was ʼn uitstekende keuse as ons seremoniemeester.  Sy beplanning, humorsin, vermoë om die gaste te vermaak en te betrek sonder om oorboord te gaan, het die onthaal glad laat verloop en baie komplimente uitgelok.  Jou seremoniemeester moet ʼn goeie spreker wees en bo alles moet hy die bruidspaar baie goed ken.

Meer oor Stella Moissanite:


Stella Moissanite is ʼn plaaslike juwelier wat spesialiseer in tydlose fyn juwele se ontwerpe wat gemaak word uit messianiteit en ander edelmetale.  By Stella Moissanite neem hulle die tyd om persoonlik saam met hul bruidspare te werk om die perfekte juwele van jul drome te skep.  Besoek Stella Moissanite vir al julle juweliersware behoeftes.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek voel werklik dat ons die perfekte dag gehad het.  Selfs daardie “nie-so-perfekte” oomblikke was perfek.  Ons het definitief nie die mistige weer tydens die canapés verwag nie.  Hoewel dit beteken het dat ons nie met ons gaste kon gesels soos ons beplan het nie omdat ons vinnig ons foto’s moes gaan neem het, het dit weer ander perfekte oomblikke gebring.  Sonder die mis sou ons nooit die mees romantiese en dramatiese troufoto’s gehad het nie – en ons is absoluut verlief op die eindresultaat.  Ons het uiteindelik vroeër met die fotosessie klaargemaak wat beteken het dat die onthaal vroeër kon begin.  Dit het ons daardie ekstra tyd gegee om saam met ons gaste te spandeer.  Ek glo dat alles vir ʼn rede gebeur, en dit is weer eens bewys op ons troudag.

Venue & Dekor:


Trouvenue:

Providence Country Estate in die KZN Midlands het ons gekies vir ons troue.  Ons het ʼn naweek opsy gesit om na trou venues te gaan kyk.  Ons het ʼn kortlys van agt venues gehad om te besoek oor ʼn tydperk van drie dae. Providence was die eerste venue waarna ons gaan kyk het, en om die waarheid te sê, het dit ons harte van die eerste oomblik gesteel.  Ons het na al die ander venues ook gaan kyk, maar telkens besef dat Providence die EEN is.  Dié venue word besit deur die McComb-familie.  Hulle het soveel moeite gedoen en ons regtig deel van die familie laat voel.  Die kapel en onthaalsaal is ongelooflik mooi en die uitsig selfs beter.

Troudekor:

Die dekor het beslis ons styl weerspieël.  Ons wou hê dat ons troudag warm en verwelkomend moes wees, en wou die natuur inbring waar ons kon.   Die kleurskema was beslis die eerste ding waarop ons besluit het, en alles het daaruit voortgevloei.  Die twee hoofkleure was rusty Pienk en Olyfgroen.

Pinterest het ʼn baie goeie vriend en bron van inspirasie geword.  Ons het ons bes gedoen om al ons idees op ʼn stylvolle manier te inkorporeer.

Wanneer dit kom by tafeldekor, wou ons die natuurlike hout van die tafels as agtergrond gebruik.  Ons wou hê dat die blomme die fokus van die tafels moes wees en daarom was die tafellopers, kerse, en blompotjies almal neutraal (room kleurig).

Die blomme was ʼn verskeidenheid van rose, tulpe, dahlias en vele meer in skakerings van rusty pienk, room en sagte perskekleur.  Wildflower Designs wat ons dekor en blomme behartig het, het hulle uitmuntend van hulle taak gekwyt.

Al ons skryfbehoeftes en “signage” was self gedoen.  Met die hulp van Pinterest, Canva en my pa kon ons die mooiste uitnodigings, dankie notas, verwelkomingsteken, seating chart, tafel nommers en seremonie programme maak.  Ons het meer as 120 wax seals gemaak om op die gaste se naam kaartjies te plak en vir die seating chart.

Die gaste se geskenkies was tuisgemaakte konfyt en “snack jars” wat definitief ʼn groot hit was.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is totaal onmoontlik om een gunsteling diensverskaffer te kies.  Ons het die mees fantastiese span diensverskaffers gehad wat ons gehelp het, nie net op die dag nie maar ook in die aanloop na die groot dag.  Op die dag van die troue het hulle almal saamgewerk om ons droomdag realiteit te maak.  Dit is aan hulle te danke dat ons spesiale dag so ʼn groot sukses was.  Kommunikasie is uiters belangrik en op ʼn stadium het ons gedink dat ons diensverskaffers telepaties in verbinding was omdat hulle presies geweet het wat die ander gedink en nodig gehad het.  Ons kon nie ʼn beter span gekies het nie.

Eerste Dans:


Ons het weke spandeer op soek na die perfekte liedjie vir ons eerste dans.  Ons het uiteindelik Falling Like the Stars deur James Arthur gekies; ʼn pragtige liedjie oor twee mense wat verlief raak.  As gevolg van die afstand tussen ons, kon ek en Stephan nie danslesse bywoon nie.  Ons het ons eie eerste dans choreografeer, wat groot pret was.  Dit het ontslae geraak van die stres van troubeplanning.  Die choreografie was ʼn baie eenvoudige, stadige dans, en Stephan het hom uitmuntend van sy taak gekwyt.  Hy het nie geweet hoe my rok lyk nie en moes op die dag om al die meters materiaal dans, wat hy uitstekend gedoen het.

Wittebrood:


Stephan het die hele wittebrood beplan en dit as ʼn verrassing gehou tot ʼn week voor die troue.  Hy het die mees romantiese wittebrood na Mauritius gereël waar ons vir sewe dae by die Veranda Paul et Virginie Hotel and Spa gebly het.  Dit was ʼn week gevul met turkoois see, dae by die spa, fietstoere, plaaslike markte, snorkel-avonture, kooklesse, en baie kos.

Terug in Suid-Afrika het ons ons wittebrood geëindig met twee nagte in die Drakensberge.  Ons het die twee dae spandeer deur te gaan wyn proe by Cathedral Peak Wine Estate, kaas te koop by The Cheese Shop en rond te snuffel deur plaaslike geskenkwinkels.  Die res van die tyd het ons net ontspan en elke oomblik van die nuut getroude lewe geniet.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers:

        [endsection]