Pieter & Lize se Bloubergstrand Verlowing Fotosessie

Ons deel graag met julle Pieter en Lize se Bloubergstrand verlowing fotosessie met branderplankryers in die agtergrond vir prettige element.

Beide Lize en Pieter hou baie van die natuur en het spesiale herinneringe van strande, so dit was die perfekte keuse vir hulle verlowing fotosessie.  Foto’s bring soveel goeie herinneringe terug as mens daarna kyk en ʼn verlowing fotosessie moet pret wees.  Dit is nie net ʼn kans om julle trou fotograaf beter te leer ken nie, maar ook die spesiale oomblikke as ʼn paartjies vas te vang.

Lize se verloofring was ontwerp en gemaak deur Viljoen Juweliers.  Haar verloofring is ʼn pragtige fyn verloofring ontwerp, iets wat vir altyd klassiek en stylvol sal wees.  Viljoen Juweliersware is bekend vir pragtige juweliersware van verloofringe tot alledaagse juweliersware vir elke okkasie waaraan jy kan dink.

ʼn Paartjie se verlowing tydperk vlieg só vinnig verby, dat mens soms vergeet om die spesiale oomblikke vas te vang.  Pieter en Lize se Bloubergstrand verlowing fotosessie was soveel pret gewees met kleurvolle vlieërbranderryers in die agtergrond en die prentjie mooi uitsig van Tafelberg is die agtergrond perfek vir enige paartjie se verlowing fotosessie.   Hulle glimlagte is aansteeklik en ons kan sien hulle het die fotosessie sommer baie geniet.

Rol af om meer te lees oor Pieter en Lize se Bloubergstrand verlowing fotosessie en hul liefdesreis as paartjie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Eerste ontmoeting was by ʼn braai in De Doorns by Pieter se huis.  Ek het die naweek by ‘n vriendin gaan kuier wat goeie vriende was met Pieter.  3 September 2022 het hy my uitgevra; 27 Januarie 2023 verloof geraak.

Die groot vraag:


Ons het voor die tyd natuurlik bespreek dat ons verloof wil raak, maar die hoe/wat/waar/wanneer van die verlowing was ‘n verrassing wat Pieter self beplan het.  Hy het in November 2022 al ʼn bespreking gemaak vir ʼn “troue” van sy vriende wat ons sou bywoon daardie naweek.  Een van sy goeie vriende se vrou (en goeie vriendin) het tot ʼn fake save-the-date gemaak om my glad nie te laat twyfel in die moontlikheid dat dit daardie naweek sou gebeur nie.

Pieter het in Wolseley, by Arum Lilly die bespreking gemaak en sy plan om my die Saterdag te vra, verander na die Vrydag.  Hy was te emosioneel nadat hy my op die lughawe opgetel het en geweet ek sou iets begin vermoed as hy die res van die aand ook nog moet probeer normaal wees.  Emosies het hoog gehardloop. Na die verlowing het ons die Sondag saam naby familie en vriende ontbyt geëet en gevier, wat Pieter ook vooraf gereël het.  Al my vriendinne en ouers het ook geweet en verbasend dit kon stilhou!

Meer oor Viljoen Juweliers:


Met meer as 70 jaar se ondervinding, is Viljoen Juweliers vandag ʼn meester wanneer dit by die ontwerp en maak van juweliersware kom.  Die kwaliteit van hulle juweliersware en unieke ontwerpe spreek vanself.  Die respek en liefde wat hulle vasvang in edel metale, diamante en half edel gesteentes, weerspieël die liefde vir elke storie en herinnering wat met die juweelstuk geskep word.

Viljoen Juweliers is veral bekend vir hulle unieke juwele wat op die perseel gemaak word.  Die hele proses van ontwerp, skets, vervaardig en stene set, word in hulle werkswinkel gedoen.  Kliënte is welkom om ʼn draai te maak om die proses van vervaardiging eerstehands te ervaar, wanneer hulle die winkel besoek.

Dit is geen geheim – Viljoen Juweliers het ʼn absolute passie vir hulle kliënte en juwele!  Dit weerspieël in elke juweelstuk wat deur hulle gemaak word.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Van Pieter vir Lize – haar groot omgee hart, en haar rustige-en-sag geaardheid.

Van Lize vir Pieter – sy sagmoedigheid, lag en lagplooitjies, hoe veilig en tuis ek by hom voel.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons trou 17 Junie 2023 – so omtrent 5 maande!

Die verloofring:


Lize het die snit van die steen gekies.  Sy het elke nou en dan leidrade gegee/foto’s gewys van watter ringe sy van hou.  Dit moes ook ʼn fyn ontwerp gewees het.  Van daar af het Pieter dit hanteer en die ring ontwerp – so die finale produk was ʼn verrassing vir Lize!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Albei van ons is mal oor buite in die natuur te wees en beweeg, so enigiets in die natuur is vir ons spesiaal.  Ons albei het spesiale herinneringe op strande en wou graag hê ons foto’s moet natuurlik wees en eintlik maar net ons interaksie met mekaar vasvang.  Ons trou tussen boorde, so wou iets anders doen vir die verlowings foto’s.

Visie vir droomtroue:


ʼn Kleurvolle feesviering saam met al ons geliefdes!  Net die mooi van ons huwelik vas te vang, spesiale oomblikke te hê soos ons die huwelikspad saam begin.  Lekker eet – lekker kuier saam al ons naastes en die voorreg dat Lize se pa (Dr. Chris Malan) ons sal kan trou.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers:

      • Fotograaf:
      • Fotosessie Venue: Bloubergstrand