Ons gesels met karikatuur en illustrasie kunstenaar, Theodore Key van Ted Key Events Illustration. As ons dit kon regkry sou ons aanbeveel dat elke troue ʼn kunstenaar het wat regstreeks verf by paartjies se troues. Nie net vang die kunstenaar die herinneringe vas in ʼn skets wat julle verewig sal by bly nie, maar bied ook vermaak aan trou gaste. Almal wil sien wat die kunstenaar doen en wat hy teken of verf.
Ons dink ook dat hierdie ʼn fantastiese trou geskenk kan wees vir ʼn paartjie se troue, want dit is definitief ʼn diens en produk wat baie paartjies baie sal waardeer. As jy dit as ʼn geskenk koop vir die paartjie laat die paartjie voor die troue weet, sodat die kunstenaar ook net met die paartjie kan gesels voor die troudag.
Theodore het as ʼn jong seuntjie begin teken en is nou ʼn voltydse karikatuur en illustrasie kunstenaar. Ted Key Events Illustration is gebaseer in Tamboerskloof in Kaapstad, maar reis graag regoor die land vir troues. Hy doen impressionistiese waterverf- en ink tekeninge van paartjies se troues insluitende die seremonie ensovoorts.
Dan bied hy ook ʼn diens vir humoristiese portrette van die trou gaste. Die humoristiese portrette bied tonne vermaak aan trou gaste. Mense lag graag vir die prente van hulself. Dit is perfek om te doen gedurende die paartjie fotosessie, want so hou julle jul trou gaste besig in ʼn pret en interaktiewe manier.
Rol af om meer te lees oor die karikatuur en illustrasie kunstenaar Ted Key Events Illustration en voorbeelde van sy pragtige werk.
Die begin van Ted Key:
Ted Key Events Illustration is ongeveer sewe jaar gelede begin. In die begin het Theodore net karikatuur portrette gedoen, maar in 2020 het hy ook ʼn paar seremonie skilderye begin doen.
Wat presies doen Ted Key?
Ted vang die stemming en feestelikheid van die troue vas in vinnige impressionistiese waterverf- en ink tekeninge. Hy teken seremonies, eerste danse, toesprake, en die canapés. Hy teken ook vinnige humoristiese portrette van die gaste (hy teken ongeveer 20 gesigte per uur).
>
As jy nie ʼn illustreerder was nie, wat anders sou jy graag wou wees?
Ek sou waarskynlik ʼn bioloog of ʼn troeteldierwinkel eienaar gewees het.
Hoe het jou liefde vir illustrasies begin?
Ek teken al vandat ek ʼn klein seuntjie is, maar het regtig verlief geraak op teken toe ek omtrent 21 was en ek wou ʼn spotprenttekenaar word.
Wat is jou voorkeur medium vir illustrasies?
Ek werk skilder graag met penne en kwaste en gebruik ink met waterverf.
Verduidelik vir ons hoe jy werk by troues?
As ek gehuur word om die seremonie te skets, sal ek gewoonlik ʼn uur voor die seremonie begin opdaag sodat ek ʼn plek kan kry met ʼn skilderagtige uitsig oor die feestelikhede.
Ek teken agtergrond besonderhede in, en soos gaste arriveer, voeg ek dit ook by. Wanneer die bruid arriveer en die seremonie begin, voeg ek besonderhede en kleur by. Ek gaan gewoonlik na die canapés wanneer die seremonie eindig en gaan sit by ʼn tafel met drie stoele en begin humoristiese portrette van die gaste teken.
Wat is jou trou pakkette?
Ek werk in uurlikse pakkette, hieronder is ʼn riglyn:
- 2 ure – R 4,500
- 3 ure – R 6,000
- 4 ure – R 7,000
- 5 ure – R 8,000
Pryse onderhewig aan beskikbaarheid en bepalings en voorwaardes geld.
Indien Mooi Troues se lesers belangstel om jou te bespreek, hoe werk die bespreking proses?
Sodra ek ʼn besprekings versoek ontvang het met inligting oor die datum, plek en pakket wat verlang word, sal ek ʼn besprekings faktuur per e-pos stuur. ʼn 50% Deposito bespreek die datum en die oorblywende 50% is enige tyd voor die dag van die troue betaalbaar. Klik hier om TED Key te kontak.
Doen jy enige ander illustrasies of kuns buiten troues?
Ek doen meestal kinderboek illustrasies, humoristiese illustrasies, kunswerk opdragte en persoonlike kunswerke wat ek verkoop. Dit word alles gedoen onder die naam Theodore Key.
Artikel Krediet:
Foto’s verskaf deur : Ted Key Events Illustration