Met baie opgewondenheid deel ons JJ en Suzaan se troue in die Koue Bokkeveld by Kaleo Gasteplaas met Mooi Troues se lesers. Dié paartjie se troue het ʼn eenvoudige, maar pragtige plaas styl gehad.
Suzaan en JJ se seremonie was in Kaleo Gasteplaas se kapel. ʼn Oulike kapel met ʼn dubbel volume sinkplaat dak en rou baksteen mure. Die kapel pas só mooi in by die plattelandse gevoel van die trou bestemming.
Kaleo Gasteplaas bied paartjies ʼn fantastiese trou onthaal met plattelandse gasvryheid en wêreld klas falsiteite. Slegs twee ure se ry vanaf Kaapstad en jy is by die mooiste plaas omring deur skilderagtige landskappe, perfek vir paartjies se trou foto’s. Alet van Kaleo Gasteplaas was die paartjie se op-die-dag trou koördineerder en het seker gemaak dat die paartjie ʼn stresvrye troudag kan geniet.
Hulle trou dekor was eenvoudig, maar só mooi gewees. Die kleurskema is neutraal met skakerings van groene en aardse kleure. ʼn Tafelloper in die middel van die hout tafels het ʼn sagte gevoel aan die dekor elemente gegee. Baie paartjies is versigtig daarvoor om eerder vir ʼn meer eenvoudiger styl te gaan, maar hierdie paartjie se trou dekor sal paartjies weer nuwe insig gee oor hoe mooi dit kan lyk.
Ons is totaal en al gek oor Suzaan se trourok. Die detail op die trourok is só mooi en die oop rug is besonders. JJ het ʼn ligter sand kleurige broek aangehad met bruin skoene en ʼn leer strikdas.
Rol af om meer te lees oor JJ en Suzaan se troue in die Koue Bokkeveld en hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Dit is die een vraag wat almal altyd vra, en wat ons “love” om te beantwoord. Op my voorstoep! My ouers het ʼn gastehuis en ek het hom en sy sussie daardeur ontmoet. Ons het ʼn paar maande uitgegaan en toe vra hy my om te trou teen die Weskus, net buite Strandfontein!
Die Verlowing Tydperk:
Ons was ʼn jaar en twee maande verloof. Ek het self alles beplan en gereël met hulp van my familie, vriende en my verloofde.
Trou Begroting:
Ons mikpunt was R100 000 vir die troue, ons het so R120 000 spandeer. Dit is maklik om te begroot. As jy, soos in ons geval, nie ʼn troukoek wil hê nie, moenie een koop nie!
Ons wou ʼn klein en intieme troue hê met familie en nabye vriende. Op die ou einde het ons 80 gaste gehad.
Enigste raad wat ek het vir paartjies wat nog moet trou, moenie koop of doen wat ander wil hê by die troue nie – doen en koop wat julle wil hê. Dis julle dag.
Merkwaardigste Oomblikke:
Die weer, die kos en die tydlyn. Ons het nog in ʼn redelike warm tyd in die Wes-Kaap getrou, maar dit was die hele naweek bewolk!
Kos was uit die hemele uit – almal het gepraat daaroor.
Die tydlyn was perfek uiteengesit. Vroeg getrou, daar was tyd vir ons om die Canapes te geniet en ons het vroeg geëet, so daar was genoeg tyd om te dans en te kuier!
Die Besluitnemingsproses:
Klein goedjies het ons maar vir familie en vriende gevra wat hul opinie is, maar die groot besluite was deur my en my verloofde gedoen.
Paartjie se styl:
Ons “overall” styl vir die troue was rustiek, plein, skoon en plaas styl.
Spesiale Tradisies:
Net mooi niks. Dit is hoekom die tydlyn so perfek was. Ons het niemand van hul kuier onderbreek deur die blomme te gooi nie.
Weereens nog ʼn tip vir dié wat nog moet trou. As jy nie die blomme wil gooi of op die troumars instap nie – Moenie!
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Soos bo genoem. As julle nie die normale tradisies wil doen nie, moenie. Dis JULLE troue, maak jou eie tradisies!
Ons gaan aan albei die bruide en bruidegomme raad gee; moenie teveel stres nie. Dít is makliker gesê as gedaan, maar ons belowe julle die dag gaan té gou verby om oor enige iets te stres. Dan die belangrikste raad: geniet mekaar! Dans saam, eet saam, drink saam. Dis julle troue!
Gunsteling Diensverskaffers:
Fotograaf definitief! Ek beveel Jacki White Photography vir ALMAL aan. S y het ons verlowingsfoto’s ook geneem.
Dan, die spyseniers ook, hulle weet wat hulle doen. Kos was lekker en betyds. Oppi Berg Spyseniers het hulself oortref!
Ek sal die twee grimering meisies ook aanbeveel. Beauty by Minke en Chereze Bruwer het die dag soveel meer spesiaal gemaak.
Venue & Dekor:
Ek het deur sosiale media op die venue afgekom. Ons was mal oor die plek die dag toe ons dit gaan kyk het – dis mooier as op die foto’s!
Die inspirasie vir die dekor en blomme was uit en uit die styl van ons troue.
Vermaak:
Ons het ʼn lekker platejoggie gehad! DJ Gert van Niekerk het dié lekkerste musiek gespeel. Iets van alles!
Eerste Dans:
Ons het op Die Wêreld binne My van Joshua na die Reën die dansbaan geopen en na so 1:30 in die liedjie in het die platejoggie ʼn lekker dans liedjie begin speel waar die res van die gaste ons kon “join” op die dansbaan.
Daardie aand was die eerste keer wat ons op die liedjie gedans het.
Wittebrood:
Maldives was ʼn groot droom en toe ons dit kon bekostig, toe moes ons die kans gryp! Ons wil vir ʼn week afgesonder wees, die realiteit inneem en saam lekker vakansie hou! Jy hou net een keer wittebrood, gaan groot!
- Venue: Kaleo Guest Farm
- Dekor + Huurdienste: Kaleo Guest Farm
- Koördineerder: Alet van Heerden
- Paartjie se verblyf: Kaleo Guest Farm
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Jacki White Photography
- Blomme: Blomme was uit veld van bruid se ouers
- Bruidegom-pak: Woolworths + Old Khaki + Freestyle shoes
- Gaste Geskenke: vetplantjieaddict
- Grimering + Hare : Beauty by Minke + Chereze Bruwer
- Huwelik kontrak: Coetzees Ing
- Huweliksbevestiger: Danie Basson
- Platejoggie: DJ Gert van Niekerk
- Strooijonkers bykomstighede: Woolworths + Old Khaki
- Skoene: Sweet Peas Handmade + Freestyles
- Spyseniering: Oppi Berg Spyseniers
- Strooimeisie-rokke: Elkeen apart laat maak
- Trourok: Fynbos Bridal Boutique
- Trouring + Juweliersware: American Swiss + Orbit Rings
- Wittebrood plek: Maldives