Met baie opgewondenheid deel ons Dewald en Janecke se troue in die Elgin Vallei met Mooi Troues se lesers. Dit was nie net ʼn pragtige feesviering nie, maar ook ʼn gesellige kuier saam met familie in vriende. Die paartjie se troue was beplan al die pad uit die Verenigde Koninkryk. Aanlyn trou beplanning maak dit deesdae baie makliker vir paartjies om hul troue van enige plek in die wêreld te beplan.
Hulle trou seremonie, onthaal en verblyf was by die pragtige Cherry Glamping in die Elgin Vallei, omring deur pragtige natuurtonele en die saligheid van die natuurskoon. Dit is die perfekte trou bestemming vir paartjies wat graag na aan die natuur wil trou tussen die bome en sommer ʼn hele naweek troue wil hê saam met vriende en familie.
Janecke, die bruid het beeldskoon gelyk op haar troudag. Haar trourok is só mooi en ons hou baie van die oop skouers en detail bo aan die trourok. Om haar voorkoms af te eindig het sy die mooiste oorbelle aangehad van Hellohaai wat haar grimering, hare en trourok só mooi gekomplimenteer het.
Na die seremonie wat tussen die pragtigste bome het gaste heerlike vingerhappies geniet wat voorberei was deur Leeftijd Catering. Daardie kase en heerlike vars vrugte het omtrent lekker gelyk. Gaste het ook die heerlikste aandete geniet wat Leeftijd Catering gemaak het. Spyseniering by ʼn troue is só belangrik, want kos is iets wat almal altyd onthou.
Rol af om meer te lees oor Dewald en Janecke se troue in die Elgin Vallei.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons albei is van Suid-Afrika en het in dieselfde provinsies gewoon, maar nooit paaie gekruis nie. Einde 2020 het ons albei besluit om na ʼn klein eiland te trek tussen Engeland en Frankryk waar ʼn mede-vriendin ons aan mekaar voorgestel het. Na ʼn paar maande van die eiland saam verken, lang stappies en baie wyn het albei van ons geweet ons het ons mens gevind.
Desember 2021 het ons gaan kuier in Suid-Afrika en ouers ontmoet, baie gesukkel met die terug reis reëlings siende dat SA op die rooilys geplaas is deur die VK a.g.v. die nuwe COVID variant wat onstaan het. Om die moeilikheid te vermy, het ons besluit om ʼn ‘detour’ te vat terug na die VK. So vind ons, onsself in die kleinste vliegtuigie oppad na Zanzibar.
Laat middag op ons tweede dag in Zanzibar, maak Dewald die voorstel dat ons ʼn ‘sunset cruise’ moet gaan doen in die noorde. Met ʼn pragtige sonsak op ʼn tradisionele bootjie het Dewald op een knie gestaan en ons het aan mekaar die res van ons lewens beloof.
Meer oor Make-up and Hair by MB:
Madeleine van Make-up and Hair by MB, spesialiseer in tradisionele- en verfspuit grimering aanwending met die bykomende diens van haarstillering. Sy het trou pakkette beskikbaar vir die klein en intieme, tot groot en uitbundige troues.
Met ongeveer 400 (en tel nog) troues tot haar naam as ʼn grimeerkunstenaar, en twee keer deur haar bruide deur SABIA benoem as een van die toonaangewende grimering-kunstenaars in Gauteng, is sy nou in Kaapstad gevestig en reis regoor Suid Afrika en internasionaal vir haar werk.
Madeleine het 40 tydskrif voorblaaie agter haar naam en was in sommige van Suid-Afrika se voorste tydskrifte gepubliseer.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir ʼn jaar en amper twee maande verloof. Ons het van Elh-kah Creative se dienste gebruik gemaak en nie een oomblik spyt nie, veral oordat ons die troue vanuit die VK beplan het.
Meer oor Hellohaai:
Hellohaai spesialiseer in hand gemaakte polimeer klei trou oorbelle, met ander woorde maak Hellohaai jou trou-oorbel-drome waar. Daar is iets vir elke tipe bruid daar buite, of jy nou ’n moderne – of tydlose dame is, sal jy verseker iets kry wat jou hart maak glimlag.
Indien jy nie seker is oor wat by jou hare of rok gaan pas nie, kontak Hellohaai gerus om bietjie raad te vra, soveel bruide is al deur onsekerheid gehelp om die regte oorbelle te kies.
Trou Begroting:
Ons begroting was R242,000. Die trou beplanners het ons baie gehelp met voorstelle vir koste besparings en diensverskaffers wat binne ons begroting is. Ons gaste totaal was 43 vir 2 aande.
Advies:
Belê in julself en in wat vir jul belangrik is – dit is JULLE dag.
Merkwaardigste Oomblikke:
Dewald:
Die hele naweek saam familie en vriende was kosbaar om tyd saam te spandeer saam almal wat vir ons belangrik is. Die merkwaardigste deel van die dag was toe ek vir Janecke sien en toe ons “Ja, Dominee” gesê het.
Janecke:
Daar is drie oomblikke van die dag wat ek myself moes knyp;
- Toe ek my pa sien wag voor ons by die padjie afstap en ons albei het met rooi oë na mekaar gekyk en die spesiale oomblik deel.
- Die oomblik wat ek Dewald se hand vat vir die eerste keer daardie dag voor die kansel en besef – hier is dit nou
- Toe ons seremoniemeester voorstel as Mnr. en Mev. Pretorius en ek kon nie ophou glimlag nie.
Die Besluitnemingsproses:
Dit was definitief ʼn span poging maar toe dit by die fyner detail kom, het die bruid die meeste van die finale besluite geneem. Net die bruid se suster was baie betrokke oordat sy betrokke was by die gaste geskenkies en skryfbehoeftes.
Gunsteling Diensverskaffers:
Waaaaar begin mens?!
Elke en Mariette van Ehl-kah Creative, ons het ‘n pad saam hul gestap tydens die beplanning. Ons het op hul knoppies gedruk vir alles en enige iets en met ʼn kalm gemoed het hul opgelewer.
Dan ʼn groot shoutout aan Tertius, een van Boland Weddings se fotograwe. Ons het hom soveel geniet tydens die verlowing fotosessie dat ons ongelooflik gerus was tydens die troue. Hy het ons baie gemaklik laat voel en ons spesiale dag só stunning vasgevang. Die lag foto’s was nie aangesit nie, die resultaat van ʼn mengsel van onbeskryflike geluk en ʼn grappie van sy kant af.
Vermaak:
Terwyl ons foto’s geneem het, kon die gaste Giant Jenga geniet. Ons het van That DJ Guy gebruik gemaak as platejoggie.
Paartjie se styl:
Die idee vir die trourok was dat ek myself wou wees en elegant voel. Saam met dit het ek ook die trou venue as ʼn woud troue ingedagte gehad. Bietjie ‘boho’ styl, maar nogsteeds vlyend. Die kleurskema vir ons troue was baie natuurlike bruine en groene. Dié kleure was die inspirasie vir die troupak.
Albei van ons se trou ringe is van Dear Rae, gebaseer in Kaapstad. Ons is mal oor die minimaliste en fyn styl daarvan.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
As ons terug dink, sou ons definitief ʼn ‘rehearsal’ van die seremonie (inloop saam musiek, wie staan waar, konfetti gooi ens) ʼn dag of twee voor die tyd wou doen, oordat ons liedjie keuses vir die inloop nie die regte weergawes was nie. Jy dink jy gaan onthou op die dag wanneer gebeur wat, maar daar is soveel wat aangaan dat dit heeltemal wegglip.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruidegom:
Gebruik ʼn beplanner – dit maak die verlowings tydperk soveel beter. ʼn Rustiger verloofde en bruidjie op die dag. #happywifehappylife
Bruid:
Daar gaan iets wees wat verkeerd loop of waaraan jy nie aan gedink het nie en dit is okay. Daar is soveel groot oomblikke, moenie dat ietsie kleins jou dag omkrap nie. En baie belangrik, geniet dit! Julle het só hard beplan aan hierdie dag, staan stil vir een sekonde en waardeer dit alles; die mooi venue, jou pragtige rok, stunning dekor, vriende en familie wat die wêreld vir jou beteken en die beste van alles – JOU MAN.
Venue & Dekor:
Ons het geweet ons wil in Suid-Afrika trou, spesifiek in die Wes-Kaap. Met die hulp van Google en Youtube videos het ons op Cherry Glamping se webtuiste afgekom. Dit is SO uniek en presies wat ons wou hê – ʼn naweek saam die geliefdes asook die tema vasvang.
Die venue is verskriklik mooi op sy eie, ons het die kleurskema van daar af gekry as inspirasie om baie groen en bruin vas te vang op ʼn ‘rustic’ manier.
Meer oor Cherry Glamping:
Cherry Glamping is die ideale bestemming vir ʼn unieke naweek troue. Hulle bied luukse tent-verblyf en verskeie venue opsies in 2 verskillende kampe. Albei kampe het ʼn panoramiese uitsig oor die Elgin-vallei. Pragtige en ruim Bell-tente is permanent tussen die bome opgerig. Tente is volledig toegerus, en elke kamp het ʼn Boma, ʼn venue en ʼn volledig toegeruste kombuis. Cherry Glamping het 33 permanente tente, en kan nog oprig, om in totaal tot 150 mense te akkommodeer.
Daar is geen venue fooi indien al jou gaste oorbly nie, ʼn venue fooi word slegs gehef op gaste wat nie oorbly nie. Seremonie en onthaal opsies sluit in; ʼn glas lokaal, ʼn Bedoeïen-tent bedekte dek in ʼn woud, ʼn “populierboom”-kapel, woud seremonie areas, en pragtige oop ruimtes. Julle het eksklusiewe gebruik van albei kampe en venues oor die naweek.
Meer oor Leeftijd Catering:
Leeftijd Spyseniering is die sielsroeping van Belia King, ʼn passievolle spysenier wat haar besigheid benoem het ter ere van die leeftyd van herinneringe wat sy langs die etenstafel opgebou het saam met familie en vriende.
Belia was nog altyd ʼn entoesiastiese lekkerbek met ʼn voorliefde en waardering vir vars, seisoenale bestanddele, en die vreugde wat gepaard gaan daarmee om mense om ʼn tafel saam te snoer oor ʼn mooi maaltyd. Sy het met die reuk van suurlemoen, knoffel en vars kruie uit haar klein tuintjie aan haar hande haarself leer kook, en toe die wonderlike geleentheid gehad om haar vaardighede te gaan slyp by die Silwood School of Cookery.
Jou geleentheid se kos moet nooit ’n nagedagte wees nie – dit moet die goue lint wees wat die hele ervaring op ’n onvergeetlike manier saambind. Laat Belia van Leeftijd Spyseniering vir jou wys hoe mooi dit kan wees.
Wittebrood:
Ons wittebrood was by Nima Lodge in Wildernis, Suid-Afrika. Stunning plek met ʼn pragtige uitsig en al die geriewe wat ʼn plek romanties maak (jacuzzi, privaatheid, continental breakfast picnic mandjies by jou cabin deur, bathrobes)
Dit het ons oog gevang op sosiale media en het nie vir een oomblik teleurgestel nie. Ingestap met rustige musiek wat speel en essential oils wat die kamer vul, het omtrent gevoel soos ʼn toneel uit ʼn fliek! Ons het die tyd daar afgesluit met ʼn full body massage in die gemak van ons eie cabin.
Eerste Dans:
Ons het ʼn eerste dans gehad op Bellevlei van Spoegwolf. Die woorde het vir ons van self gespreek: “My lank terug, my nou en my eendag”. Ons wou nie iets te formeel gehad het nie, sodat almal gemaklik voel dat die dansbaan geopen is en is albei groot Spoegwolf aanhangers.
Ons het nie vir danslesse gegaan nie, maar het wel die rusbanke in die sitkamer weggeskuif en ons trou skoene ingedans so twee weke voor die troue.
- Fotograaf + Videograaf: Boland Weddings
- Venue + Tente: Cherry Glamping
- Juweliersware: HelloHaai
- Paartjie se verblyf: Cherry Glamping
- Spyseniering: Leeftijd Catering
- Blomme + Dekor + Huurdienste: 4 Every Event
- Bruidegom-pak: MrGuild London
- Grimering + Hare: Makeup and Hair by MB
- Huwelik kontrak: LRV Attorneys
- Koördineerder: Ehl-Kah Creative
- Platejoggie: That DJ Guy
- Strooimeisie-rokke: Hoiden Bridesmaids
- Trourok: Rebecca Ingram – aanpassings gemaak deur Anna Trigg
- Trouring: Dear Rae
- Troukoek: Mie & Me Cake Designs
- Wittebrood plek: Nima Lodge