Carel & Lauren se Buitelug Troue

Ons deel graag Carel en Lauren se buitelug troue met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie het in die Midlands gebied van KwaZulu-Natal getrou, ʼn populêre trou bestemming in die KwaZulu-Natal provinsie.  As julle ʼn paartjie is opsoek na trou inspirasie vir julle buitelug troue en hou van ʼn meer minimalistiese styl, dan moet julle nie Carel en Lauren se troue mis nie.

Nifty Shoots was die paartjie se keuse van trou fotograwe en ons is totaal en al verlief op die pragtige foto’s.  SP en Nadine, die span agter die naam, Nifty Shoots is passievolle trou fotograwe wat graag regoor Suid-Afrika reis om pragtige troues soos dié paartjie sin af te neem.

Die prentjie mooi uitsigte van die paartjie se fotosessie is iets besonders.  Groen landskappe en sagte lig was die perfekte wen resep vir Nifty Shoots om die mooiste foto’s te neem van Lauren en Carel op hul troudag.  Definitief foto’s wat hulle ʼn leeftyd van glimlagte en herinneringe sal bring.

Hulle troue se onthaal was ʼn buitelug styl met hout tafels op die grasperk van die trou venue.  Bo oor die tafels was ligte gewees wat seker gemaak het gaste kan sien na die son gesak het.  Dit het so ʼn lekker al fresco gevoel gegee en ons kon sien die gaste het dit baie geniet.

Die paartjie se trou dekor was minimalisties gehou met elemente van groenigheid en wit.  Ons is mal oor die meer eenvoudiger dekor styl van die paartjie se trou dekor.  Dit trek nie die aandag af van die pragtige uitsigte nie.

Hulle het ook ʼn lieflike plaaslike wittebrood in Suid-Afrika geniet.

Rol af om meer te lees oor Carel en Lauren se buitelug troue en hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het eerste jaar op Universiteit ontmoet in 2011 en oor die jare beter vriende geraak.  In 2015 het ons vriendskap begin verander in jong liefde en 2016 in die reën by die Mumford & Sons vertoning het hy my gevra om sy meisie te wees.

September 2020 – sodra pandemie inperkings dit toegelaat het, het ons besluit om die Panorama roete en Krugerwildtuin te toer in “Campervan”, maar min het ek geweet watter planne my kêrel in sy sak wegsteek.  Op ʼn uitkyk punt by Blyde River Canyon het hy op sy knieg gegaan en my gevra om sy vrou te wees.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir ’n jaar verloof en het nie ’n trou beplanner gebruik nie, ons het dit so baie geniet om saam te beplan en opgewonde te raak oor die dag.

Trou Begroting:


Die begroting was R75 000, en ons het bietjie oor gegaan.  Ons het daarby gehou deur te fokus op wat vir ons belangrik is.  Asook ’n venue te kry wat ons kos teen ’n bekostigbare prys te voorsien en tapas styl eerder as tradisionele trou kos.

Ons oorspronklike gastelys was slegs 90 gaste, maar a.g.v. die pandemie-inperkings op die tyd moes ons dit sny na 50.

Kostes wat ons gesny het was om blomme te los en greenery op die venue te gebruik (behalwe die ruikers) asook die “dankie sê geskenkies” wat net ʼn vuurhoutjie boksie as iets klein, want vir ons was dit die idee wat tel en nie nodig om die bank te breek nie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons het na die seremonie en foto’s, voor ons by die onthaal ingeloop het ’n oomblik gehad waar dit net ons twee was vir die eerste keer as man en vrou alleen en om daardie oomblik net te kon inneem en geniet saam was vir ons ’n hoogtepunt saam.

Paartjie se styl:


Ons albei is lief vir natuur, so die kleur van ons troue was baie na aan natuur kleure.  Sy pak en die strooijonkers se klere, die bruidsmeisies se rokkies en my rok was grootliks beïnvloed deur dit. Selfs my ring het ’n blarekrans om.

Meer oor Nifty Shoots:


Nifty Shoots het begin as ʼn man-en-vrou span, wat saam in Pretoria troues vasgevang het.  SP is ʼn gekwalifiseerde meganiese ingenieur, wat sy passie vir kuns en teken gebruik het om sy video kennis te bou.  Terwyl Nadine met haar honneurs in grafiese ontwerp ʼn alternatiewe perspektief gebring het na die trou foto bedryf.

Hulle foto’s en video’s het ʼn dokumentêre styl, waar hul probeer die tussen-in oomblikke ook afneem wat help om die gevoel van die dag vas te vang.  Die doel is om vir julle iets te gee wat julle sal kan geniet vir baie jare om te kom, wat nie uit styl uit sal gaan nie. Nifty Shoots het al meer as 120 troues afgeneem.  Al die ongelooflike tye saam met wonderlike mense het hulle ʼn opregte waardering vir troues gegee.  Tans is hul gebaseer in Paarl in die Wes Kaap, maar al die jare in Namibië het hulle ʼn ding of twee geleer van lang afstande ry.  So Nifty Shoots is meer as bereid om oral in Suid Afrika rond te ry agter mooi troues aan!

Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal

Die Besluitnemingsproses:


Ons het baie idees gedeel en saamgestem oor die besluite.  Ons het dit geniet om saam te beplan aan ons dag.

  Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal The Barn Owl Coffee Midlands

Gunsteling Diensverskaffers:


Nifty Shoots was sonder twyfel die beste keuse wat ons kon maak vir video en fotografie.  Hulle kommunikasie en reëlings was baie goed van die dag wat ons navraag gedoen het tot en met die troudag.  Hulle passie vir wat hulle doen leef waarlik deur hulle foto’s.

The Barn Owl Coffee Midlands – was vir ons die perfekte plek om te trou en Ryan, die eienaar, was oop vir enige iets om die dag vir ons perfek te maak. (die venue doen ongelukkig van 2023 af nie meer troues nie, so ons voel BAIE geëerd om daar te kon trou)

Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal

Vermaak:


Ons seremoniemeesters, Lloyd en Carien, het almal vermaak met hulle speletjies en lekker lag deur die onthaal.  My beste vriend van skool, Wayne, het vir ons gesing en ’n platejoggie het die aand musiek gespeel (voor ons beste vriend en voormalige platejoggie, Gerrit, oor gevat het vir die “after-party”).

Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal

Venue & Dekor:


Ons was opsoek na ’n venue wat “iets anders” is en wat minder tradisioneel is en van die oomblik wat ons The Barn Owl Coffee gesien het aanlyn was ons verlief op die venue.  Ryan was ’n rustige energie vol idees en was bereid om enige iets te hanteer sodat ons net die dag kon geniet.

Hulle ‘Tappas’ styl kos was ook nie tradisioneel nie en het ons toegelaat om saam hulle aan nuwe idees en geure te dink om te probeer.

Die venue se natuur en uitsig het ons toegelaat om die natuur met minimalistiese dekor saam te bring en net die dag te kon geniet.

The Barn Owl Coffee Midlands - Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal The Barn Owl Coffee Midlands - Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal Modern Neutral Colour Wedding Decor Modern Neutral Colour Wedding Decor Modern Neutral Colour Wedding Decor

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons het op die troue as ’n anoniem gastelys ons gaste laat ballonne skiet met verf in.  Maar die ballonne het voor die seremonie verby was al afgeblaas a.g.v. die hitte en kon nie ‘pop’ wanneer dit geskiet was nie, so het nie heeltemal die effek gehad wat ons voor beplan het nie.

Maar ons het gelag daaroor en dit was so klein deel van ’n pragtige dag!

Outdoor Wedding. Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal Outdoor Wedding. Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Onthou die dag gaan oor julle, niemand anders nie en probeer regtig om die dag saam in te neem.

Aan die bruide – tydens die beplanning kan jy al vrede maak dat daar goed bo jou begroting gaan wees of nie gaan uitwerk soos jou droom troue nie, maar ek belowe op die dag maak dit nie saak nie.

My advies wat ek het is die advies wat ek by my sussie gekry het: “Is my man en die dominee hier? Want verder maak niks anders saak nie, solank ons die gelofte voor God kan maak.”

Aan die bruidegomme – jy het jou strooijonkers gekies vir ’n rede, dus vra hulle om te help wanneer dit nodig is en neem die dag in saam jou vrou.

Outdoor Wedding. Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal Outdoor Wedding. Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal

Wittebrood:


Ons het gekies om die kus van Suid-Afrika te toer met die onsekerheid wat daar was rondom internasionale reis.

Ons het van KZN Midlands gereis deur Koffiebaai tot Stilbaai en terug deur die Karoo na Gauteng.  Dit was ongelooflik om die mooi van ons land so te kon verken en geniet as pasgetroudes.

Ons het dit baie geniet om by Cape Saint Blaze ons eie gin te maak terwyl ons lekker gelag het saam ons gids.  Op ons huweliksherdenking is nou ’n tradisie vir ons om ons wittebrood gin te geniet saam.

Pop of Colour Wedding Lights. Wedding Venues in the Midlands in KwaZulu-Natal

Eerste Dans:


Ons het ons eerste dans gedans op Ol’ Sweet Day deur AHI, wat net vir ons ’n baie mooi liedjie is.  Ons het lekker saam gedans sonder enige roetine of oefening, net in die oomblik.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers:

        [endsection]