Met opgewondenheid deel ons Adriano en Jodie se elegante troue in die Paarl met Mooi Troues lesers. Die paartjie het getrou by die pragtige Belair Pavilion wat die ideale trou bestemming vir paartjies is. Dit is ʼn prentjie mooi boetiek-landgoed is geleë in die hart van die Kaapse Wynlande. Met asemrowende mooi versorgde tuine en pragtige uitsigte is dit enige trou fotograaf se droom foto bestemming. Paartjies kan gewaarborg wees dat hulle pragtige trou foto’s kan kry by Belair Pavilion, sonder om die eiendom te verlaat vir foto geleenthede.
TRUNK Events, die paartjie se trou koördineerder, het seker gemaak dat die paartjie se trou beplanning proses ʼn stresvrye ervaring was. Nie net is TRUNK Events bekend met Belair nie, maar het ook hul ook jare se ondervinding wanneer dit kom by trou beplanning en om paartjie se droom troues te bewaarheid.
Jodie en Adriano se trou dekor en blomme wat My Pretty Vintage Flowers and Decor gedoen het is besonders mooi. Ons is totaal en al verlief op die eenvoudige en baie stylvolle voorkoms van die paartjie se trou dekor. Alles is wit op wit wanneer dit kom by die dekor elemente. Van die mooiste wit blom ontwerpe, wit tafeldoeke, wit blompotte, wit kerse en dan die tikseltjies goud van die eetgerei wat die kleurskema bietjie breek.
Rol af om meer te lees oor Adriano en Jodie se liefdesreis en om meer te lees oor hul elegante troue in die Paarl.
Paartjie se Liefdesreis:
In 2020 het ons vir dieselfde maatskappy gewerk, ons oë het mekaar gevang en hy het my op ʼn afspraak gevra en soos hulle sê “die res is geskiedenis”.
Van die begin van ons verhouding het ons oor ons toekoms gepraat en ook oor trou. Vyf maande later het hy my gevra om te trou by ons woonstel. Ons het sommer ons ouers video-oproep, want dit was in Corona tyd.
Die Verlowing Tydperk:
Ons het die 14de Februarie 2021 verloof geword en eers die 22ste Februarie 2023 getrou. Ons wou seker maak dat ons eers genoeg geld spaar en ook eers op ons beroepsloopbaan fokus voor ons trou beplanning begin. In April 2022 vir Tracey van TRUNK Events ontmoet en sy en haar span het ons help ons die troue beplan.
Trou Begroting:
Ons trou begroting was R250 000, maar ons het ver oor die begroting gegaan. Ons het 47 gaste gehad, insluitend ek en Adriano.
Raad vir toekomstige paartjies sal ek sê jy trou net eenkeer, spandeer ʼn bietjie ekstra en maak seker dat jy spaar voordat julle met die trou beplanning begin.
Maak ook seker dat jy ekstra geldjies het vir die onvoorsiene goedjies.
Merkwaardigste Oomblikke:
Die mees merkwaardigste gedeelte van die dag is toe ons mekaar vir die eerste keer sien en weet dat ons gaan nou trou.
Paartjie se styl:
Ons wou alles eenvoudig, elegant en altyd in die styl gaan wees.
Die Besluitnemingsproses:
Ek het al die besluitnemings gedoen en het net my ma ,my oudste suster en my maid of honour gevra of hulle ook saam stem.
Spesiale Tradisies:
Ons het glad nie iets spesiaal gehad nie, net die suikerbedekte amandels op die tafel gesit wat Italianers gewoonlik doen, vyf amandels vir liefde, gesondheid, geluk, vrugbaarheid en lang lewe saam.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Vir al die bruide:
Maak seker dat jy geld weg sit vir ʼn trou beplanner. Dit maak alles net soveel beter en maak die die dag sonder stres is.
Vir die bruidegom:
Maak seker dat jy in jou skoene loop vir ʼn paar uur, ʼn paar dae voor die troue sodat jy gemaklik is die dag van jou troue.
Venue & Dekor:
Voor ons die troue beplan het, het ek op die internet deur die trou onthale gegaan en Belair het net onmiddelik my opgevang. Ek het geweet dit is waar ons gaan trou, die dekor was minimalisties, oop en skoon en ons wou weer eens gaan vir iets wat altyd in styl gaan bly en dit is wit.
Meer oor Belair Pavillion:
Die boetiek-landgoed is geleë in die hart van die Kaapse Wynland, omring deur bekende wynplase, op die Suid Agter Paarl pad, 45 minute vanaf Kaapstad. Die landgoed is nie oop vir die publiek nie, en dus bied dit privaatheid asook eksklusiwiteit.
Belair Pavillion is bekend vir hul ongelooflike tuine, waarmee min kan vergelyk. Die onthaal area is uniek, en bestaan uit staal pilare, met glas deure wat reg rondom oop maak na die prentjie mooi tuine. Dramatiese waterfonteine skep ʼn sprokiesmooi paadjie vir die bruid en haar gevolg, na die 120-sitplek kerkie wat toegerank is met klimop plante.
Die kerkie, asook die onthaal area en die tuine, is omring deur Wisteria bedekte boë, wat blom in September. Belair bied ook ʼn buite seremonie area aan vir groter byeenkomste, wat tot-en-met 250 gaste kan akkommodeer. Die bekoorlike gastehuis op die perseel, spog met 14 kamers en kan soveel as 28 gaste akkommodeer.
Meer oor My Pretty Vintage Flowers and Decor:
My Pretty Vintage Flowers and Decor bied ʼn volledige diens van pragtige blom ontwerpe, dekor en beligting. Hul spesialiseer in die skep van pasgemaakte geleenthede vir toekomstige bruide, geleentheid beplanners, handelsmerk bekendstellings en enige korporatiewe kliënte wat ʼn stylvolle funksie beplan.
Met ʼn volledige vertoonlokaal gevul met ʼn wye reeks pragtige stukke wat van regoor die wêreld verkry word, sal jy sekerlik alles vind wat jy nodig het!.
My Pretty Vintage Flowers and Decor se huur afdeling kan kliënte bystaan wat self dekor items wil huur. Besoek gerus na My Pretty Vintage Flowers and Decor se vertoonlokaal om die groot verskeidenheid dekor items te besigtig.
As jy ʼn weelderige einde-van-jaar feesviering beplan en pragtige blomme benodig, of bloot ʼn selfdoen intieme troue beplan, dan is My Pretty Vintage Flowers and Decor die perfekte keuse. Hulle sal jou jou help om onvergeetlike herinneringe te skep wat jou gaste aan die gons sal hê.
Wittebrood:
Ons wittebrood gaan ons ʼn bietjie later in die jaar doen a.g.v. werk. Ons gaan bietjie Zanzibar toe en het vir ʼn plek gesoek wat mooi blou waters het en visum vry is vir Suid-Afrikaners.
Eerste Dans:
Ons liedjie was van Kenny Lattimore – For You. Die woorde van hierdie liedjie was baie mooi en het gepas by liefdespaartjie. Ons het sommer gefreestyle vir ʼn paar minute en het die gaste gevra om deel te neem.
- Venue: Belair Pavilion
- Blomme + Dekor: My Pretty Vintage
- Koördineerder: Trunk Events
- Fotograaf + Videograaf: Danelle Stofberg
- Bruidegom-pak: The Suit Station Dubai
- Gaste Geskenke: Adriano se ma en ʼn familie vriend van my niggie
- Grimering + Hare: Corlé Barnard
- Huwelik kontrak: Schreuders
- Huweliksbevestiger: Dion Goldie
- Juweliersware: Seiko
- Platejoggie: DJ Joe
- Paartjie se verblyf: Belair
- Strooijonkers bykomstighede: Fashion Haus of Maquenzi
- Skoene: Steve Madden
- Skryfbehoeftes: Invitation Cafe
- Spyseniering: Salt and Pepper Catering
- Trourok + Strooimeisie-rokke: Fashion Haus of Maquenzi
- Trouring: Sterns + Uwe Koetter
- Troukoek: Sheena Henry Creative
- Wittebrood plek: Zanzibar