Is julle verloof en opsoek na ʼn trou venue in die Kaapse Wynlande? Dan is dié inskrywing net vir julle – trou by Rickety Bridge Estate in Franschhoek. Hierdie pragtige plaas in die prentjie mooi Franschhoek Vallei is enige paartjie se droom trou bestemming. Met plattelandse gasvryheid, luukse afwerkings, versorgde tuine en prentjie mooi uitsigte kan julle nie verkeerd gaan nie.
Franschhoek is ʼn populêre bestemming vir kos-en-wyn fynproewers en ook paartjies wat opsoek is na ʼn onvergeetlike trou ervaring. Rickety Bridge Estate se geskiedenis dateer terug na 1694 toe Rickety Bridge Estate oorspronklik deel was van die eerste sewe Franse Hugenote-plase in Franschhoek.
By Rickety Bridge Estate gaan alles oor die toekomstige trou paartjie. Die paartjie kan kies tussen verskillende seremonie en onthaal opsies. Daar is tot ʼn buitelug opsie, indien die weer dit toelaat. By hierdie pragtige trou bestemming wil hulle hê gaste moet ʼn onvergeetlike feesviering hê wat hul vir altyd sal terug dink aan.
Nie net sal julle bederf word met die mooi van die landgoed nie, maar ook heerlike spyseniering wat deur Rickety Bridge Estate se sjefs voorberei sal word. Verskillende spyskaart opsies is beskikbaar en julle sal verseker lip-lek-lekker kos geniet met goeie wyn, die perfekte byvoeging tot ʼn gesellige troue saam met familie en vriende in die pragtige Franschhoek Vallei.
Daar is verblyf opsies beskikbaar by beide Rickety Bridge Estate en hulle suster plaas in Franschhoek. Rol af om meer te lees oor Rickety Bridge Estate en wat hulle vir paartjies wat by hulle wil trou kan bied.
Hoekom die venue op jul kortlys moet wees:
Rickety Bridge Estate bied ʼn alles-insluitende pakket, omdat hulle glo dat die beplanning van julle troudag, nie ʼn stresvolle ervaring moet wees nie.
Hulle het ook geen venue huur fooi nie, maar eerder ʼn prys per persoon struktuur, afhangende van die hoeveelheid gaste wat jul feesviering bywoon. Hierdie prys per persoon struktuur sluit al julle basiese behoeftes in, soos verwelkomingsdrankies, vingerhappies, ʼn glas vonkelwyn vir toesprake, drie-gang maaltyd en wyn tydens aandete.
Rickety Bridge Estate sluit in alle meubels wat julle sal benodig vir die seremonie en onthaal, asook eetgerei, glase en wit linne. Die prys per persoon dek ook kelners, kroegmanne, die opstel van ʼn kroeg en ʼn trou-koördineerder om seker te maak alles verloop vlot.
Meeste paartjies bespreek vir ʼn hele naweek van feesvieringe, wat insluit ʼn braai op die aand van aankoms, troue op dag twee en ʼn gesamentlike ontbyt vir alle trou-gaste voor hul vertrek.
Rickety Bridge Estate bied ook die opsie om vir julle gaste ʼn verpersoonlikte bottel wyn te verpak om uit te deel as dankie-geskenke.
Wat maak Rickety Bridge Estate uniek?
By Rickety Bridge Estate glo hulle dat elke paartjie uniek en spesiaal is. Vir hierdie rede bespreek hulle nooit rug-aan-rug troues nie. Die fokus is slegs op julle as paartjie en die gaste by jul troue, waar julle die onverdeelde aandag van hulle gastehuis en gasvryheid-personeel sal geniet.
Rickety Bridge Estate se klein, intieme fasiliteite kan slegs 80 tot 100 gaste huisves, wat julle feesvieringe soveel meer spesiaal maak.
Fasiliteite:
Op die landgoed, spog Rickety Bridge Estate met ʼn pragtige ou wynvat lokaal waar hul troues onthaal. Twee gastehuise wat ʼn totaal 26 gaste kan akkommodeer. ʼn Bistro-styl restaurant en ʼn proelokaal wat ʼn verskeidenheid van ondervindings aanbied. Hulle proelokaal bied ʼn verskeidenheid van proe-opsies, ʼn maak-jou-eie-wyn ervaring, ʼn panna cotta en wyn ervaring en kelder toere.
Behalwe vir al die aktiwiteite wat hulle bied, is hul slegs ʼn klipgooi vanaf die middedorp met toegang tot die populêre Franschhoek Wine Tram en ʼn verskeidenheid van restaurante en aktiwiteite vir jonk en oud.
Die Franschhoek Parkrun vind ook elke Saterdag plaas by Rickety Bridge Estate.
Ligging:
Rickety Bridge Estate is geleë op die banke van die Franschhoek rivier, slegs twee kilometer buite die kulinêre hoofstad van Suid Afrika, die skilderagtige dorpie, Franschhoek.
Sodra julle oor die brug ry tussen die bome deur, lê die beeldskone 1800’s Manor House soos ʼn skildery voor julle, wat ook die agtergrond skep van jul prentjiemooi troudag op die landgoed, waar julle uitkyk oor die wingerde en die Franschhoek berge in die verte.
Verblyf by Rickety Bridge Estate:
Rickety Bridge Estate het verblyf vir altesaam 26 gaste tussen Rickety Bridge en Basse Provence, hulle suster-landgoed. Die Rickety Bridge Manor House is ʼn 5-ster gastehuis wat ses gaste kan slaap in drie luukse eenhede. Elke eenheid met sy eie badkamer, koffie-stasie, mini-kroeg, lugverkoeling, DSTV en WiFi.
Die huis het ʼn luukse sitkamer vir gaste om in te ontspan, asook ʼn privaat swembad vir die warm dae in die Wynlande.
Basse Provence het drie verskillende verblyf opsies:
- Basse Provence Manor House kan ses gaste slaap in drie kamers. Twee van die kamers het hul eie badkamer, met die derde kamer se badkamer slegs ʼn paar tree in die gang af.
- Basse Provence Country House kan tien gaste slaap in ses luukse kamers, elk met sy eie badkamer. Hierdie huis het ook ʼn privaat swembad, waar gaste kan ontspan terwyl hul uitkyk oor die wingerde.
- Basse Provence Country Cottage is ʼn twee slaapkamer, losstaande kothuis wat vier gaste kan huisves. Elk van die twee kamers het sy eie badkamer, die kamers deel ʼn privaat sitkamer en het ook ʼn privaat tuintjie.
Alle gastehuis gaste ontvang ʼn komplimentêre wynproe-geskenkbewys tydens hul verblyf.
Die ideale trou bestemming:
Rickety Bridge Estate is geleë in die hartjie van Franschhoek, omring deur berge en bome, met ʼn 180º uitsig oor wingerde. Die uitleg van Rickety Bridge Estate maak dit die ideale bestemming vir buitelug, romantiese troues onder sterre waar daar ook genoeg spasie is vir ʼn tent, in geval van gure weersomstandighede.
Daar is ook die opsie om julle seremonie en onthaal binne te hou, sou julle dit so verkies.
Seremonie opsies:
Paartjies kan kies om hul seremonie te hou op enige van die drie plekke:
- Groot grasperk voor Rickety Bridge Manor House.
- Op die glas-stoep voor restaurant
- Binne-in die ou wynvat-lokaal.
Hierdie besluit hoef eers ʼn dag voor die troue geneem te word, indien die weer ʼn rol speel.
Die Trou Pakket:
Rickety Bridge Estate bied ʼn volledige alles insluitende trou-pakket, om die stres van die troudag se beplanning te verminder. Hulle het ook die dienste van ʼn trou-beplanner beskikbaar, indien die bruide daarna verlang. Die trou pakkette word bepaal deur die hoeveelheid gaste wat julle beoog om te onthaal.
Ingesluit by die trou pakket:
- Proe van trou-spyskaart as deel van die beplanning.
- Seremonie-area.
- Verwelkomings drankie.
- Vinger-happies.
- Drie-gang maaltyd.
- ʼn Glas vonkelwyn vir toesprake.
- ʼn Halwe bottel wyn per persoon.
- Wit Wimbledon-stoele vir die seremonie.
- Onthaal-area met ʼn keuse van die grasperk, binne in die ou vat-kamer of in ons glas stoep.
- Wit Tiffany-stoele en 10-sitplek houttafels vir die onthaal.
- Eetgereie en glasware.
- Die opstel van die kroeg.
- Kelners en kroegmanne.
- Diensfooi op kos.
- Twee nagte se akkommodasie in die 5-ster Rickety Bridge Manor House vir ses gaste.
- Trou-koördineerder (ingesluit indien daar meer as 41 gaste is).
- Eksklusiewe verbruik (indien daar meer as 61 gaste is).
Uitgesluit by die trou pakket:
Die volgende items is uitgesluit by ons trou pakket, maar kan namens die paartjie gereël word indien hul gebruik maak van ons trou-beplanner se dienste:
- Hare en Grimering.
- Platejoggie en Musiek.
- Fotograaf en Videograaf.
- Huweliksbevestiger.
- Dekor en Blomme.
- Alles wat nie deel vorm van die trou pakket nie.
Bepalings en Voorwaardes Geld en kan direk aangevra word by Rickety Bridge Estate.
Spyseniering:
Rickety Bridge Estate doen al die spyseniering. Die spyskaarte word seisoenaal aangepas en met groot noukeurigheid saamgestel, selfs vir die fynproewer.
Hulle laat ongelukkig geen ander spyseniering maatskappy toe nie.
Hoe om Rickety Bridge Estate te bespreek:
Indien julle besluit om by Rickety Bridge Estate te trou, benodig hulle ʼn 20% deposito om jul troudatum te bevestig asook ʼn getekende trou-ooreenkoms.
Klik hier om Rickety Bridge Estate nou te kontak en navraag te doen oor julle troudatum se beskikbaarheid en vir hulle trou pakket pryse.
Artikel Krediet:
- Feite: Verskaf deur Rickety Bridge Estate
- Foto’s: Verskaf deur Rickety Bridge Estate
Foto Krediet:
- Nelis Engelbrecht Photography
- Pritti by Mignon Marais
- Vizion Photography
- Expressions Photography
- Lora Photography
- Kusjka du Plessis
- Ever Ever Photography