Robin & Marijn se prentjie mooi Paartjie Fotosessie

Met baie opgewondenheid deel ons Robin en Marijn se prentjie mooi paartjie fotosessie met Mooi Troues se lesers.  Hierdie paartjie se fotosessie bied tonne inspirasie vir paartjies opsoek na inspirasie vir hulle eie fotosessie.  Paartjie fotosessies is altyd tonne pret, so maak seker julle reël een.  Hulle paartjie fotosessie was by die populêre uitkyk punt, Maiden’s Cove tussen Clifton en Kampsbaai.  Dié ligging is perfek vir ʼn romantiese paartjie fotosessie soos die van Marijn en Robin.

Sune Nel Photography, ʼn talentvolle trou fotograaf van Kaapstad het hierdie paartjie se pragtige foto’s afgeneem.  Haar fotografie styl is natuurlik, helder en skerp met ‘n baie romantiese gevoel.

Met die Twaalf Apostels berge in die agtergrond en die sagte sonsak lig was dit die perfekte agtergrond vir prentjie mooi foto’s.  Die paartjie se mooi neutrale kleurskema van hul uitrustings maak die foto’s ook ekstra sag en mooi.  Dit is altyd mooi as ʼn paartjie meer neutrale kleure aantrek wat pas by die hele gevoel van hulle fotosessie.  Probeer altyd gaan vir uitrustings wat nie te veel geskrewe op het nie en meer eenvoudig is.

Wanneer julle besluit op ʼn ligging vir jul fotosessie is dit belangrik om ʼn plek te kies wat albei van hou en waar julle gemaklik sal wees.  Moet nie te veel stres oor die kamera nie en geniet net die oomblik.  Foto’s skep soveel mooi herinneringe waarna julle as paartjie kan terugkyk in die toekoms.

Ons glo elke paartjie moet ten minste een fotosessie hê.  Waarvoor wag julle?  Bespreek ʼn fotograaf deur ons trougids te besoek en gaan geniet julle eie fotosessie.

Rol af om meer te lees oor Robin & Marijn se fotosessie.

Die eerste ontmoeting:


Ons het op 19 Mei 2019 in ʼn nagklub genaamd Sun in Guangzhou, China, ontmoet.  Ons het albei soontoe gereis vir modelwerk.  Sedert die oomblik wat ons ontmoet het, is ons verlief op mekaar.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Robin:

Marijn is aangenaam, goed geaard, oneindig vriendelik en pragtig.  Sy is outentiek, eerlik en na aan die natuur.  Sy is baie wys vir haar jong ouderdom en sy is slim.  Marijn weet hoe om te luister, regtig te luister met geduld en belangstelling. ’n Hartseer dag is nie meer wanneer jy tyd saam met haar spandeer nie, want sy is die mooiste sonstraal en haar lig vul jou met troos en liefde.

Marijn:

Sy vriendelikheid, omgee en onvoorwaardelike liefde vir almal in die planeet, maar veral vir my.

Drome as paartjie:


Ons droom daarvan om ʼn gesin met 2 of 3 kinders te begin en  ʼn hawe van vrede te skep waar ons saam kan woon en veilig en naby aanmekaar kan voel.  Ons droom ook daarvan om saam ʼn besigheid te begin om volhoubare klein huisies naby die natuur te bou en te verhuur wat bestem is vir natuurliefhebbers of bloot vir diegene wat in ʼn droom wil ontsnap.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons doen graag alles saam!  Dit gesê, onder andere wat ons verkies om saam te doen, kan ons noem om na ʼn musiekfees te gaan, seilplankry, reis, na restaurante te gaan, ʼn fliek te kyk, maar ek dink bowenal diep besprekings, opreg en vol magie.

Rede vir die fotosessie:


Ons is albei modelle en om die geleentheid te hê om saam ʼn fotosessie te doen om ons liefde vas te vang, was net ʼn idee wat ons albei baie opgewonde gemaak het.  Dit was werklik magies en sal altyd onthou word.


Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou ʼn fotosessie in een van die vele wonderlike liggings rondom Kaapstad doen.  Ons het uiteindelik in Maiden’s Cove tydens die goue uur  die fotosessie gedoen.  Alles was in lyn om dit perfek te maak.  Ons, die fotograaf, die ligging, die liefde …

Meer oor Suné Nel Photography:


Suné se wortels spruit uit ʼn klein dorpie, Clanwilliam, waar mense mekaar waardeer en sy self kon leer wat die waarde van opregte spesiale oomblikke regtig is.  Daardie oomblikke wat sy veraltyd wou vas neem en waarmee sy haar groot drome daagliks kan uitleef deur fotografie.

Liefde is die hart van die wêreld en Suné is hier om elke pragtige oomblik daarvan vas te vang deur haar lens, om unieke herinneringe te skep wat verewig gekoester kan word.

Lees meer oor Sune Nel Photography

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Ons gaan graag vir ʼn spesiale afspraak in ʼn restaurant, of spandeer ʼn sonsondergang by die strand of op enige ander natuurlike plek terwyl jy saam kyk en dagdroom oor die skoonheid van die natuur.  Ons is albei romanties en is altyd baie oop om ons liefde met mekaar te deel.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: