In die inskrywing deel ons JF en Andrea se selfdoen plaasskuur troue in Pongola, KwaZulu-Natal met Mooi Troues se lesers. Die paartjie het ล tradisionele troudag gehad en hier-en-daar ล ietsie uniek bygevoeg.
Hierdie paartjie het by die pragtige trou venue, Die Plaasskuur getrou omring deur die mooi natuurskoon van die Pongola gebied in KwaZulu-Natal. Die Plaasskuur is die perfekte trou bestemming vir paartjies opsoek na trou venue waar julle net ล lekker gesellige kuier kan hรช met familie en vriende.
Hulle trou dekor het ล tikseltjie moderne voorkoms tot dit en skep die perfekte kontras teen die grof afgewerkte tafels van die onthaal lokaal. Die moderne elemente soos die deurskynende stoele en fyn sjampanje glase op die tafels is besonders mooi. Meeste van die blom ontwerpe was groenigheid, wat weereens sรณ mooi werk in die plaasskuur trou venue.
Andrea en JF se trou gaste het heerlike kos geniet vanuit die plaaskombuis by die trou venue. Die skuur se ongekunstelde sjarme maak dit ล gesellige trou bestemming vir paartjies opsoek na ล lekker plattelandse plaastroue.
Een van die mees belangrikste vereistes vir die paartjie was die dansvloer. Hulle hou baie van dans en wou graag ล lekker groot dansvloer hรช. Die Plaasskuur is perfek vir ล lekker makietie tot vroeg in die oggendure.
JF en Andrea het ล lieflike plaaslike wittebrood geniet by ล pragtige oord in die Drakensberge.
Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en hulle selfdoen Plaasskuur Troue.
Paartjie se Liefdesreis:
JF doen bouprojekte by skole. Hy het ล projek gekry by die skool waar ek werk. Ons het mekaar ล hele ruk lank dopgehou. ล Vriendin het besluit om ons aan mekaar voor te stel. Hy het uiteindelik my nommer gekry en van daar af het alles vinnig en glad verloop. Liefde met die eerste oogopslag!
Ons het vir my verjaarsdag-naweek na Bivane Dam toe gegaan. My ouers en broer was ook by. JF het die verlowing beplan met ล sonsondergang, maar die senuwees het vinniger ingegee as wat hy gedink het. My ouers het ล piekniekmandjie gepak en my broer het gereed gestaan met die selfoon om ล video te neem. JF het op sy een knieg afgesak terwyl ek nie gekyk het nie. Ek het omgedraai en daar vra hy my om die res van ons lewens saam te spandeer!
Die Verlowing Tydperk:
Ons was dertien maande verloof, net so oor ล jaar. Ons het Desember gekies, want dit was wanneer meeste vriende en familie beskikbaar was om die troue by te woon sonder enige struikelblokke. Die datum was ook perfek, omrede ons ล lang tyd kon Wittebrood hou.
Ons het nie ล troubeplanner gehad nie. Ek droom al oor my troue vandat ek ล klein dogtertjie was en het alles reeds in my kop gehad. Dis ook lekker om dit self te doen en aan jou eie idees te werk sonder te veel opinies.
Trou Begroting:
Die troubegroting was R100 000 en ons het binne die begroting gebly. Ons het van die begin af gesรช ons wil nie ล uitspattige duur troue hรช nie, maar wel ล mooi en eenvoudige troue. Ons het 95 gaste op die troue gehad met geen kinders. Slegs naaste familie kon per uitnodiging kinders bring.
Ons het winkels dopgehou vir spesiale pryse. Ons was gelukkig om van die trou goed as ล geskenk te kry, byvoorbeeld die troukoek. Vriende het gehelp met die opmaak van die saal en kerk. Dit is vir seker ook ล bonus as jy dekor kan leen by familie en vriende. Wees oop kop met idees en moenie die idee van ou/tweedehandse items weggooi nie. Probeer ook om nie te veel blomme te gebruik nie; dit is baie duur en verlep vinnig na die tyd.
Merkwaardigste Oomblikke:
Daar is te veel om van te kies. Vir ons was die spesiaalste oomblik toe die dominee ons as man en vrou verklaar en ons saam met God een geword het.
Die merkwaardigste oomblik vir JF was toe ons by die saal ingestap het en ons dadelik die dansbaan geopen het.
My merkwaardigste oomblik was toe JF my verras het deur die liedjie op ล mikrofoon te begin sing waarmee ons die dansbaan geopen het.
Paartjie se styl:
Bruid
Ek wou nog altyd soos ล prinses voel op my troudag en daarom het ek ook ล prinsesrok gekies. Dit was nie te groot nie, maar nogsteeds prinses genoeg. Dit moes ล spierwit rok wees met ล oop rug. Ek is nie een vir tierlantyntjie nie en het eerder kraletjies bo kant verkies. Ek wou gemaklik wees in my rok en tog beeldskoon wees.
Bruidegom
JF het vir ล donkergrys pak gegaan met donkerbruin skoene, sokkies en belt. Sy hemp was wit met ล grys das. Hy hou ook van elegansie en daarom het hy ook nie gegaan met kleurvolle of snaakse sokkies nie.
Ringe
Ek wou nog altyd baie graag ล ring hรช met ล donker saffier in die middel. My trouring is ล โcushion cutโ saffier met diamantjies aan die kant. Die ring is van witgoud gemaak. JF is ook mal oor die blou en sy ring is ล steenkool kleur met ล blou strepie in. Sy ring is van tungsten gemaak en die binnekant is donkerblou met my vingerafdruk op gegraveer.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons het werklik waar die beste diensverskaffers gehad.
Die Plaasskuur, sy werkers en sy eienaar, Mirelle Brecher, het die beste diens gelewer. Van die eerste besoek aan die venue, die maak van die kos en die skoonmaak is net goeie goed te sรช.
Ons fotoโs en trouvideo kon nie beter uitgekom het nie en dit is werklik fantastiese gehalte werk.
Die platejoggie weet net hoe! Ons het ล lys deurgestuur van musiek wat daar moet wees en verder het hy die dansbaan gelees en volgens dit fantastiese musiek gemaak. Ons het tot 3 uur die oggend gedans en almal het die beste kommentaar gegee.
Vermaak:
Die enigste vermaak was die platejoggie. Hy het lekker musiek gespeel by verwelkomingsdrankies en die mense besig gehou op die dansbaan tot 3 uur die oggend. Ons sal hom enige dag aanbeveel vir enige iemand.
Spesiale Tradisies:
Ons het redelik gehou by die ou Westerse tradisies. Ek het op die troumars ingestap terwyl my pa my ingestap het. Nog tradisies was die gooi van die ruiker en kousband, die troukoek sny en kort toesprake.
Ons het wel ons eie tradisie gemaak deur die dansbaan te open toe ons by die onthaal aankom en die gaste kon enige tyd kos kry. Ons het steak, eier en skyfies gehad en die gaste kon dit bestel soos hulle honger geword het en dan was dit voorberei en bedien.
Die Besluitnemingsproses:
Ek het meer van die finale besluite geneem, maar het elke idee aan JF gestel. Kos, musiek en bruidegom se pak was definitief die besluite waar JF baie betrokke was. Familie en vriende was baie genader om raad te gee, maar op die ou end was dit my en JF se besluit oor wat ons wou doen.
Venue & Dekor:
Ons belangrikste vereiste van die venue was die dansvloer. Ons is baie lief vir dans en wou ล groot dansbaan hรช.
Ek wou nog altyd op ล plaas trou en toe kom ons op Die Plaasskuur af. Dit is ล baie ou plaasskuur wat omskep is in ล onthaalarea. Die beste van die venue is, is dat jy hom kan opmaak soos jy wil, jy kan goed laat afhaal of opsit.
Die inspirasie agter die dekor was definitief so natuurlik en koste-effektief as moontlik. Ek is mal oor helder loof groen en het daarom baie meer loof as blomme gebruik. Die kleure was bruin, goud, groen en wit.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Toekomstige bruid:
Moet glad nie stres nie, dit sit onnodige druk op jou en spesifieke verwagtinge wat dalk nie bereik kan word as gevolg van onvoorsiene omstandighede nie. Sit rustig terug en neem elke oomblik in. Moenie gejaagd voel nie, maar wees wel op tyd by die kerk. Stiptelikheid is altyd ล wenner, want gaste raak geรฏrriteerd as hulle so lank moet wag. Rakende die dekor, moenie stres oor dat dit weggelaat of vergete is nie; Onthou, die gaste weet nie hoe dit moet wees of hoe dit moet lyk nie.
Toekomstige bruidegom:
Probeer help waar jy kan, veral met goed wat mens self kan doen of maak. Dit klink soos baie werk of moeite, maar op die ou end werk mens lekker saam en het soveel pret. Verander die stres in ล lekker gevoel en geniet elke oomblik, selfs die fotosessies is lekker pret en dans tot die son op kom!
Wittebrood:
Ons was baie gelukkig om die wittebrood as ล trougeskenk te kry. Ons is Cayley Lodge toe en dis in die Drakensberge geleรซ. Dit is ล vakansieoord met ล groot dam, spa, vierwielmotorfietse, mini gholf en swembaddens. Daar is soveel om te doen en jy kan self net rustig wees en die mooie natuurskoon inneem.
Eerste Dans:
Ons het ล eerste dans gehad en die dansbaan geopen toe ons by die onthaal aangekom het. JF het die liedjie gesing terwyl ons gedans het. Dit was ล verrassing vir my. Ons het die dansbaan geopen op Kevin Leo se Jyโs Ongelooflik. Ons het ล tradisionele sokkie gedoen en het vir geen dansklasse gegaan nie.
- Venue: Die Plaasskuur
- Skryfbehoeftes: Die Plaasskuur
- Spyseniering: Die Plaasskuur
- Fotograaf: Rolene Photography
- Bruidegom-pak: Sedgars
- Grimering + Hare: Make-Up by Me
- Huwelik kontrak: De Kocks Prokereurs
- Huweliksbevestiger: NG Kerk Pongola
- Juweliersware: Pandoraโs Box
- Kroegdiens: Spiller Bar
- Platejoggie: DJ Tiaan
- Paartjie se verblyf: Oppi Koppi Bush Lodge (Die Plaasskuur)
- Strooijonkers bykomstighede: Markham
- Skoene: Shein
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Tweedehandse Bruidjie
- Trouring: Venter Juweliers
- Videograaf: Rolene Photography
- Wittebrood plek: Cayley Lodge