Janneman & Zené se Oulike Verlowing Fotosessie

Met opgewondenheid deel ons Janneman en Zené se oulike verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers.   Die paartjie wou graag ʼn verlowing fotosessie doen vir foto’s om te gebruik vir hul trou uitnodigings.  Hulle wou ook foto’s hê as herinneringe wat hul in hulle huis sal ophang.

ʼn Verlowing fotosessie is soveel pret en moet eintlik nie ʼn stresvolle ervaring wees nie.  Dit gee paartjies tyd om te oefen vir hulle troudag, sodat hulle op hul gemak is voor die kamera op die dag van hulle troue.  As julle nog nie jul trou fotograaf so goed ken nie, dan is ʼn verlowing fotosessie die perfekte tyd om julle fotograaf te leer ken.

Ons publiseer weekliks verlowing fotosessie inspirasie op Mooi Troues.  Dit bied paartjies tonne inspirasie vir hul eie fotosessie.  Klik hier om na ons vorige verlowing fotosessie publikasies te kyk en inspirasie te kry vir julle eie verlowing fotosessie.

Zené en Janneman se fotosessie is sou oulik gewees.  Ons is gaande oor die vloeiende blom patroon rok wat  Zené aangehad het.  Janneman se semi-formele voorkoms het mooi by Zené se voorkoms gepas.  Hulle het só mooi uitgestaan teen die agtergrond van hul fotosessie.  Definitief foto’s wat hulle vir hul trou uitnodigings sal wil gebruik.

Rol af om meer te lees oor Janneman en Zené se oulike verlowing fotosessie, hul liefdes reis en inspirasie agter die verlowing foto’s.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar leer ken deur ons vriendekring.  Voor ons ʼn paartjie geword het, was ons reeds baie naby aan mekaar.  Ons het nou al vir vier jaar ʼn verhouding en ʼn jaar verloof.

Die groot vraag:


Op 17 Julie 2022 het ons by Gold Reef City verloof geraak in ʼn groot verrassing.  My vriendin en Janneman het alles vooraf gereël sonder dat ek daarvan bewus was.

Die verloofring:


Janneman het die verloofring gekies, en ek moet sê, hy het beslis ʼn goeie smaak.  Hy ken my só goed dat ek nie vir ʼn beter ring kon vra nie.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons gaan beslis die foto’s wat ons geneem het, gebruik vir ons trou uitnodigings op ons spesiale dag.  Ons het ook ʼn muur in ons huis gekies waar ons hierdie foto’s gaan ophang om ons te herinner aan ons liefde vir mekaar en aan die dag waarop ons besluit het om die res van ons lewens saam te spandeer.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons fotograaf het al ʼn lang pad saam met ons geloop en het elke belangrike oomblik van ons vasgevang – van Kersfees en verjaarsdae, tot ons verlowing en nog vele meer.  Daarom het ons besluit om op die dag van ons fotosessie die styl en die plek heeltemal in haar bekwame hande te laat.  Sy het ons teen daardie tyd ongelooflik goed leer ken en geweet presies waarvan ons hou.

Visie vir droomtroue:


Dit is die dag waarop my beste vriend en ek aan mekaar ʼn groot gelofte sal maak, en daarom wil ons graag al ons naaste vriende en familie daar hê.  Ons trouvenue sal beslis uniek en spesiaal wees omdat ons nie die tradisionele pad volg nie.  Ons sal die Lelie-blomme gebruik soos ek my ouma – wat nou nie meer onder ons is nie – belowe het.  Dit was haar gunsteling blomme, in ʼn wit of lig pienk kleurskema, en daarom sal ek dit in my troue verwerk.  Ons sal ook ʼn roomys karretjie hê wat almal kan geniet.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: