Berco & Johanri se Tydlose Troue in Pretoria

Met opgewondenheid deel ons Berco en Johanri se tydlose troue in Pretoria met Mooi Troues se lesers.  Dié inskrywing is perfek vir die paartjie wat opsoek is na ʼn troue met ʼn meer neutrale styl.  Die paartjie wou gaan met ʼn styl wat vir altyd mooi sal wees en waarna hul oor 20 jaar kan terug kyk en nogsteeds daarvan hou.

Die neutrale aardse kleurskema van hulle trou dekor is prentjie mooi.  Dit gee nie net ʼn sagte voorkoms nie, maar skep ook ʼn baie klassieke styl met warm atmosfeer.  Iets wat vir altyd mooi sal wees, maak nie saak hoe ver in die toekoms jy na hierdie trou dekor kyk nie.  ʼn Sagte wit tafeldoek met skakerings van aardse kleur dekor items en kombinasie van gedroogte en vars blomme pas perfek bymekaar.  Die trou dekor gee ʼn baie gesellige en warm gevoel tot die trou onthaal en die kerse op die tafels bring daardie romantiese gevoel in.

Johanri vertel dat sy die trou in Pretoria van die Kaap beplan het.  Alles is moontlik met fantastiese trou diensverskaffers.  Besoek Mooi Troues se Trougids om fantastiese trou diensverskaffers vir julle troue te vind.

Ons hou baie van Johanri se kontemporêre trourok.  Dit het ʼn sensuele bors van kant en pêrels ontwerp, wat dan stylvol na die onder helfte van die trourok vloei.  Berco het baie dapper gelyk in sy donkerblou troupak en die bruin elemente soos sy belt, skoene en das.  Dit het perfek ingepas by hulle troue se algehele kleurskema.

Rol af om meer te lees oor Berco en Johanri se tydlose troue in Pretoria en hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Die kans dat ons paaie sou kruis is een in ʼn miljoen!  Berco (oorspronklik van Pretoria) het in die helfte van sy eerste jaar die geleentheid gekry om vir die Cheetahs U19 te kan speel en moes in ʼn oogwink besluit om Bloemfontein toe te verhuis.  Albei van ons toe studente aan die Universiteit van die Vrystaat in studie rigtings wat dag en nag verskil (Konstruksie en Bemarking).  Daar kruis ons paaie in ʼn statistiek klas toe Berco laat en onseker by die klas inkom.  En soos hul sê “the rest is history”.

Sewe jaar later noem ek hom my man en pappa van ons mooiste groen oog dogtertjie.  Berco het my in 2021 in Kaapschehoop Mpumalanga gevra om verloof te raak en ons was bevoorreg genoeg om dit te kon deel met my Mamma wat kort daarna haar stryd met haar siek bed verloor het.

Merkwaardigste Oomblikke:


Johanri:
  • Wanneer alles wat vir maande op papier was ʼn realiteit voor mens se oë is (dekor, tema, gevolg).
  • Toe ek my trou rok aangetrek het (ek het op die dag vir die heel eerste keer my rok gesien en aangetrek/gepas).
  • My Pa en my gevolg se reaksie op my rok.
  • Ons dogtertjie se doop in ons seremonie.
  • My man se reaksie en ons onthaal (die atmosfeer).
Berco:
  • Die 45min wag vir my bruid in 35°😄.
  • -Toe ek my bruid vir die eerste keer in haar trourok gesien het.
  • Die hele troue was my hoogte punt dit was die grootste fees.

Die Verlowing Tydperk:


ʼn Jaar en 10 maande.  Ons het onverwags eers Mamma en Pappa geword wat ons verlowing so bietjie verleng het.  Alhoewel ons nie ʼn trou beplanner gehad het nie, was dit definitief ʼn spanpoging. Aangesien ek (die bruid) in die Kaap gewoon het en ʼn troue in Pretoria beplan het.  My verloofde, ʼn bou berekenaar. wat vreeslik koste bewus is en ek wat daagliks met bruide en trou reëlings werk het saam elke aspek beplan en bestuur.

Die Besluitnemingsproses:


Dit was definitief ʼn spanpoging.  Ek sal sê dat ek as bruid in beheer en verantwoordelik was vir die visuele detail van die troue en my man die kostes en dag se beplannings en skedules.  Ons het die trou se kostes in drie gedeel tussen ons en ons ouers, daarom het ons hulle probeer betrek by besluite wat hul kostes sou affekteer.

Ek het baie staat gemaak op my bruidsmeisies wat in Pretoria woonagtig was aangesien ek in die Kaap was.

Trou Begroting:


R90,000 sonder reiskostes van die Kaap na Pretoria.  Ons het mooi daarby gehou.  Danksê ons goeie kommunikasie met ons verskaffers.

Ons het 70 gaste genooi, maar die finale getal was 65.

Advies:

Soek die diamond in the rough, baie keer is dit die klein besigheid wat die ekstra myl stap vir ʼn bruidspaartjie.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek sou my tyd so bietjie beter bestuur het sodat ek nie 45min laat was nie, maar ek weet ook in daai 45min het alles wat die dag net meer spesiaal gemaak het bymekaar gekom.  Verder was alles perfek.

Paartjie se styl:


Tydloos met ʼn tikkie modern.

Gunsteling Diensverskaffers:


Vermaak:


Ons seremoniemeester was ons vermaak hy het klomp oulike en snaakse goed met die gevolg gereël wat deur die aand gebeur het.

Venue & Dekor:


Ons het seker 20 venues besoek toe Berco se tannie noem dat hul destyds by Deja-vu Restaurant getrou het en dat dit nou ʼn volkome trou venue is.  My skoonma het toe vir my via video-oproep ‘n viewing gereël en ons was dadelik oortuig dat dit iets unieks en besonders was.

Ons dekor inspirasie was Minimal with forever detail.  Die gedroogte blomme en plante speel op die forever, die kleure op minimal en die kerse, Zambiese rose en potjies die detail.

Spesiale Tradisies:


Ons troue was bietjie meer ontradisioneel in terme van tradisies.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid
  • Hê ʼn duidelike visie vir jou dag dit help jou verskaffers om dit deur te gee.
  • Mainstream beteken nie altyd beter nie, soms vind mens jou droom trou rok, -venue ens. op die onmoontlikste plekke of by die klein besigheid om die draai.
  • Maak nie saak wat die dag gebeur nie, dit sal altyd jou mees spesiaalste dag wees!
Bruidegom
  • Prioritiseer die oomblikke en mense wat vir jou belangrik is.
  • Geniet elke sekonde, dit gaan só vinnig al wag jy 45 minute vir jou bruid.
  • Jou opinie maak saak.
  • Dit wat vir my kosbaar en belangrik was, was in die detail vasgevang.

Wittebrood:


Ons is van plan om binnekort ʼn oorsee reis of cruise ship Namibië toe te reël vir volgende jaar.

Eerste Dans:


Die inloop en eerste dans was gekombineer.  Ons het op Bruno Mars se Marry You ingestap en in ons eerste dans tussen ons staande gaste in beweeg.  Ons het klomp oulike lifts en tilts gehad wat ons 48 uur voor die troue geoefen het😄 via YouTube instrukteurs.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

      [endsection]