In dié inskrywing deel ons Paul en Cristina se troue in Plettenbergbaai met Mooi Troues se lesers. Die Tuinroete is ʼn populêre trou bestemming, met soveel pragtige landskappe en plekke, perfek vir paartjies opsoek na ʼn prentjie mooi ligging vir hulle troue.
Christina en Paul het só ʼn mooi buitelug seremonie gehad. Omring deur versorgde grasperke en bome. Die blomme krans met tikseltjies pers blomme by die seremonie het só mooi gelyk en uitgestaan teen die groenigheid van die agtergrond.
Die paartjie wou graag ʼn meer formele voorkoms vir hul troue hê, wat ons dink hulle baie goed gedoen het. Christina het beeldskoon gelyk in haar trourok en so ook haar strooimeisies. Paul en sy strooijonkers het self baie dapper gelyk in hulle donker blou pakke. Die bruidegom het ʼn oor grootte strikdas aangehad, waaroor ons absoluut mal is.
Om ʼn troue te beplan hoef nie stresvol te wees as jy ʼn fantastiese groep professionele trou diensverskaffers het nie. Mooi Troues se aanlyn trougids is propvol fantastiese trou diensverskaffers wat gereed staan om julle drome vir jul troue ʼn realiteit te maak.
Ons is totaal en al verlief op die paartjie se trou dekor. Die hout tafels en stoele met die wit dekor elemente en sagte skakerings pers is so mooi. Met al die natuurlike lig wat invloei by die trou venue se groot glas ruite is só mooi. Kerse op die tafels gee ook ʼn baie romantiese gevoel aan die onthaal. Die groen waterglase op die tafels breek die pers skakerings en dit werk net só mooi saam met die res van die dekor elemente.
Die paartjie gaan binnekort op jul wittebrood na Italië, dit is nou vir jou baie opgewonde. Rol af om meer te lees oor Paul en Cristina se troue en hul liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het op Tinder ontmoet en het op 29 Desember 2021 teen sononder in Plettenbergbaai op Robberg Natuurreservaat verloof geraak. Paul was die een wat my gevra het om te trou toe ons die middag vir skemerkelkies gegaan het. Ons ouers , broers en susters het almal by die huis gewag as ʼn verrassing om saam met ons fees te vier.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was een jaar en drie maande verloof. Ek en my ma het die meeste van die beplanning gedoen, maar het aan ʼn troukoördineerder oorgegee sodra ons die diensverskaffers, venue ensovoorts bevestig het.
Trou Begroting:
Die begroting was so R400,000 en het ons bes probeer om daarby te hou. Ons het self ʼn paar dekor items en beplanning probeer doen, of deur die hulp van familie en vriende. Ons sal paartjies aanraai om te probeer self doen soveel as wat hulle kan op hul eie, of met die hulp van familie en vriende, om geld te probeer spaar waar hulle kan.
Merkwaardigste Oomblikke:
Ons stem albei saam oor die seremonie. Die oomblik toe ek in die trou gang af gekom het en ons mekaar die eerste keer gesien het. Asook die partytjie en die aand saam met al ons gaste te geniet.
Gunsteling Diensverskaffers:
Al ons diensverskaffers was ongelooflik.
Die trou venue.
Ons trou fotograaf en videograaf wat bo en behalwe gegaan het.
Die spysenier wat ongelooflik lekker kos gemaak het en ons wonderlike koek.
Ons bloemiste en versierder wat my droomtroue verpersoonlik het.
Die trou koördineerder.
Ons pendeldiens vir die vervoer.
Die Platejoggie wat letterlik die beste musiek gespeel het en ons het niks nodig gehad om te verander nie.
Ons roomys wa vir nagereg.
Paartjie se styl:
Toe ek na my trourok soek, wou ek nie iets laat maak nie. Dit was te stresvol vir my om te weet dat iemand my droomrok in hul hande sou hê. So, ek het vir iets dromerig en klassiek gegaan. Iets wat my soos ʼn pragtige bruid laat voel het.
Die bruidegom se pak is aan die bruidegom self oorgelaat om te kies wat hy wil hê. Ons wou ʼn formele troue hê, so die pak en rok pas by ons tema aan van formeel.
Ons ringe was goud, wat by my verloofring gepas het en iets wat elkeen van ons persoonlikhede verteenwoordig het. Pragtige delikate ringe.
Die Besluitnemingsproses:
Die bruid het beslis meer van die finale besluite geneem met terugvoer van die bruidegom. Vriende was eers werklik betrokke toe dit by die strooimeisies en bruidegom-pligte kom. Ons families was betrokke by al ons begrotings besluite.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ons het nie regtig al die klein dingetjie wat nie reg geloop het opgemerk nie. Albei van ons was in die oomblik en het net pret gehad. Ons het net gereën op die dag van ons troue en ons was buite, so miskien om nie te reën nie. Maar ook om die oomblikke net meer in te neem as wat ons gedoen het, omdat die dag só vinnig verby vlieg.
Venue & Dekor:
Die trou venue was deur die bruidegom se ma vir ons aanbeveel. Ons sou nie die lokaal gaan kyk het as dit nie voorgestel is dat ons dit gaan kyk nie. Albei van ons was mal oor die ontwerp van die klubhuis en die pragtige uitsigte oor die plek.
Vir ons trou dekor wou ons albei baie minimalisties hê. Baie kerse om dit romanties te maak, liggies en gepaardgaande blomme en groenigheid. Ek wou nie oorboord gaan met blomme nie, want die hoof aantrekkingskrag was die pragtige venue wat glad nie veel dekor nodig het nie.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruidegom:
Probeer om nie jou bruid se kant te verlaat nie. Jy is haar metgesel en jy wil alles saam spandeer en ervaar, want dit gaan alles oor julle twee. Wees in die oomblik en geniet alles.
Bruid:
Moet nie jouself bekommer oor klein besonderhede en dinge wat fout gaan op die dag nie. Jy kan dit nie regmaak of verander nie en jy moet laat gaan. Geniet die gereedmaak tyd saam met jou strooimeisies en ma. Neem alles in, want die dag gaan só vinnig verby.
Eerlik, jy knip en dit is verby, so neem jou tyd om in die paadjie af te stap. Geniet elke oomblik en neem al jou dekor en blomme in en alles wat jy vir die laaste hoeveel maande beplan het. Moenie stres oor die klein dingetjies nie. Solank jy en jou bruidegom gelukkig is, is dit al wat saak maak.
Eerste Dans:
Ons het ʼn eerste dans gehad, waarvoor ons vir lesse gegaan het by ʼn dans ateljee in Fourways in Johannesburg. Die liedjie waarop ons gedans het, was Biblical deur Calum Scott.
Wittebrood:
Ons gaan eers in Julie op ons wittebrood Italië toe. Italië is ons keuse, omdat ek (die bruid) half Italiaans is, maar ons albei geniet die kultuur, ongelooflike kos en ons is mal daaroor om te reis. Albei van ons kan nie wag om op hierdie avontuur te gaan nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Michelle Photography
- Venue: Ashford Oval
- Blomme: Louise Eichner
- Bruidegom-pak: Kasa Levi’s Suits
- Dekor: Louise Eichner
- Grimering + Hare: Karin Chan Professional Makeup Artist
- Huwelik kontrak: BBM Law
- Huurdienste: Events and Tents
- Huweliksbevestiger: Craig Haefliger
- Juweliersware: Bougainvillea cafe’
- Koördineerder: Nikki Wagner
- Kroegdiens: Ben Events
- Platejoggie: Ian MacMillan
- Paartjie se verblyf: The Plettenberg Hotel
- Strooijonkers bykomstighede: Grooms Shop and My Bro Tie
- Skoene: Steve Madden and Pittarello
- Skryfbehoeftes + Gaste Geskenke: Papermoon
- Strooimeisie-rokke: Brigitte Smidt
- Trourok: Atari’s House of Bridals
- Trouring: GF Design
- Spyseniering + Troukoek: Anna’s
- Vervoer: Your Chauffeur
- Videograaf: JVS Film Productions
- Wittebrood plek: Italië