Ons gesels met Liezl Southgate wat Stuck on You Weddings in 2017 gestig het. Wat begin het as ʼn vetplant dankie-sê geskenk besigheid, het vinnig gegroei in ʼn volledige trou koördinering besigheid. Vir die paartjies in Kaapstad wat opsoek na ʼn een-stop winkel vir al jul trou behoeftes, moet nie hierdie artikel mis nie.
Stuck on You Weddings bied alomvattende trou dienste aan paartjie. Hulle doen trou dekor, blom ontwerpe, op-die-dag koördinering tot trou skryfbehoefte ontwerpe. Dit maak dit maklik vir paartjies om slegs een persoon te kontak vir meeste van hul trou behoeftes. Liezl het jare se ondervinding in die trou bedryf en verstaan paartjies se behoeftes.
Liezl vertel, as sy nie ʼn trou koördineerder was nie, sou sy baie graag ʼn trou venue eienaar wou wees. As jy opsoek is na iemand wat net so passievol is oor julle troue se beplanning soos julle self, dan moet julle Liezl van Stuck on You Weddings kontak vir ʼn kwotasie.
Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met haar.
Wanneer was Stuck On You Weddings gestig en deur wie?
Stuck On You Weddings is gestig in 2017, deur Liezl Southgate. Die naam was net ‘Stuck On You Succulents’. Ek het met vetplant geskenkies begin en van daar af my besigheid gegroei.
Wat is die inspirasie agter die naam, Stuck On You Weddings?
Toe ek in 2017 my besigheid begin, het ek gespesialiseer in Vetplant Dankie-Sê Geskenkies vir troues. Ek het lank gedink aan die naam – en die naam ‘Stuck On You Succulents’ was eintlik my vrou se blink idee. Dit was vir my só oulik, want dit het mooi gepas by die vetplant tema.
Van daar af het ek uitgebrei na skryfbehoeftes en ontwerp – en moes natuurlik toe my naam aanpas. In 2019 het ek dit verander na Stuck On You Favours and Design. Dit is vir my baie belangrik om die kern te behou van die sentiment agter die naam. Toe ek begin uitbrei na ʼn volskaalse verskaffer van blomme, dekor, beplanning, koördinasie, skryfbehoeftes en geskenkies moes ek weer die naam verander, en in 2023 het my besigheid sy finale naam verandering ontvang: Stuck On You Weddings.
Vanwaar kom jou liefde vir troues?
Ek het van kleins af ʼn passie gehad vir troues, en sommer eintlik alles was mooi is. Gee my iets om te beplan en ek is in my element! Ek het van ʼn jong ouderdom gedroom oor die moontlikhede van die industrie, en na vele kringe wat die lewe met my geloop het het ek uiteindelik in 2017 die geleentheid ontvang om voltyds aan my droom te kon begin werk.
Ek is ʼn voorstander van LIEFDE in enige vorm en om iemand se troudag spesiaal te maak is om vir hulle ʼn geskenk te gee wat hulle verewig sal onthou en koester.
Watter dienste bied Stuck On You Weddings aan paartjies wat trou?
Ons poog om ʼn alles-insluitende diens te lewer aan paartjies om vir hulle dit so gemaklik as moontlik te maak.
Ons bied die volgende dienste:
- Dekor
- Blomme
- Beplanning
- Op-die-dag Koördinering
- Skryfbehoeftes
- Ontwerp
Die rede hoekom ons dit so doen is omdat dit net soveel makliker is vir bruide om ʼn volle prentjie te kry van hoe elke element sal bymekaar kom op die groot dag. Hulle het een kontak persoon vir al die bogenoemde, en sodoende skakel hulle onnodige admin en stres uit.
Byvoorbeeld:
Indien ek die blomme doen, is dit makliker vir my om advies te gee rakende die dekor en sodoende vir hulle te help besluite neem wat andersins dalk moeiliker sou wees indien die blomme deur ʼn ander verskaffer gedoen word.
Of, indien ek die blomme en dekor doen is dit vir my soveel makliker om te koördineer op die dag van die troue, want ek het basies gehelp om die hele troue te meet-en-pas tot ons almal gelukkig was. Dit skep soveel meer vertroue by bruide om te weet ek gaan nie net opdaag en loop nie. Ek is daar omdat ek reeds ʼn konneksie met die paartjie gevorm het, my passie en kreatiwiteit uit te leef en om toe te sien dat al ons harde reëlings goed verloop.
Hoe maak ek gebruik van On You Weddings se dienste?
Ek hou daarvan om elke paartjie persoonlik te ontmoet en te gesels oor hulle planne en drome vir hulle groot dag. Dit help ook om vas te stel hoeveel ure nodig sal wees, en wat presies van my verwag sal word. Op grond van dit sal ek dan ʼn kwotasie stuur.
Meeste koördineerders begin eers met die paartjies koördineer ʼn maand tot 2 weke voor die tyd. Indien ʼn paartjie my dienste as koördineerder bespreek, skeduleer ek drie aanlyn-afsprake met hulle. Een per maand, vanaf drie maande voor hulle troue. Sodoende volg ek die finale reëlings soos dit afspeel en kan ek professionele advies lewer in terme van die dag se gebeure. Dit gee my ook meer selfvertroue om presies te weet wie is wie, en wat gaan vir wat wanneer ek die dag van die troue by die venue instap.
Advies aan toekomstige paartjies:
Ek het al te veel gesien hoe dit uitwerk sonder ʼn koördineerder en dit is bitter min wat dinge goed verloop. Belê daardie ekstra geldjie in iemand wat julle harde werk en reëlings sal laat skyn op die groot dag, wat seker maak alles loop reg en op tyd – en dat julle oor niks hoef te bekommer nie.
Huidige trou tendense in 2023:
Definitief ʼn minimalistiese styl in terme van blomme en dekor. Ek is mal oor die kleurvolle, helder troues wat uniek is. Groenigheid sal altyd ʼn tendens bly, want dit is ook die meer bekostigbare opsie, maar selfs met dit sien ek meer minimalisme waarvan ek baie hou.
Nog ʼn tendens is definitief om meer kerse as blomme te gebruik en dit lyk so mooi! Skoon lyne is baie populêr veral met moderne troues.
Artikel Krediet:
- Fotograaf: Dusk and Dawn Photography
- Venue: Wijnlanden Uitzicht Venue, Stellenbosch