In dié inskrywing deel ons Milo en Carina se intieme boheemse troue met Mooi Troues se lesers. Hierdie paartjie se troue is een wat jy nie moet mis nie. Hulle het op ʼn pragtige perde plaas in Mpumalanga getrou, net buitekant Ermelo. Omring deur die pragtige natuurskoon en die mooiste perde. Mooi Troues se Trougids het soveel oulike trou diensverskaffers in die Mpumalanga provinsie om van te kies. Besoek gerus ons aanlyn trougids vir oulike trou diensverskaffers vir julle troudag.
Carina het beeldskoon gelyk in haar boheemse styl trourok, die detail van die trourok trek sommer onmiddellik ons aandag. Milo het ʼn aardse kleur broek aangeheg en ʼn wit hemp. Alhoewel dit so mooi lyk, gee dit ook ʼn lekker gemaklike voorkoms.
Ons hou ook van die pizza en wyn foto’s wat deel gevorm het van hul fotosessie. Dit bring daardie romantiese, maar gemaklike atmosfeer te vore, wat só oulik en anders is as die gewone.
Wanneer dit kom by hul trou dekor, was geen moeite gespaar nie. Ons hou van die neutrale kleurskema van die hele tafel uitleg. Die paartjie het ʼn klein gesellige troue gehad met slegs hul naaste familielede. Ons dink die tafel pas só mooi in by die trou lokaal se Franse gevoel. Die wit tafeldoek met die sagte vuil pienk loper in die middel met die spierwit blom ontwerpe op is só mooi. ʼn Kombinasie van gedroogde en vars blomme bring weer die Boheemse gevoel tevore. Goue eetgerei gee ʼn elegante gevoel aan die tafel en die gekleurde waterglase breek die sagte kleurskema bietjie. Die gedroogte blom ontwerpe wat bo die tafel hang trek onmiddellik mens se oog en dit sit al die aandag op die trou tafel.
Rol af om te lees oor Milo en Carina se intieme boheemse troue en ook hul liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons verhaal het begin as egte Hoërskool liefdes in die Laeveld op die ouderdom van 15 jaar. Die liefde het geblom met eerste oog opslag. Van daar af het ons elke hoogtepunt, laagtepunt, glimlag en traan saam gedeel.
Ons het verloof geraak agt jaar later op ʼn verlate strand in Mosambiek in Desember 2021. Dit was ʼn paradysagtige beeld van ʼn pragtige sand strand, welige palmbome en kristalhelder water. Dit het die persiese matte, flesse, gras mandjies, kerse en plexiglas boksie met die geskryf, trou met my. ʼn Antjie Krog gedig het alles gekomplimenteer wat Milo met soveel moeite só aandagtig gelees het.
Hy het op sy knieë gegaan en my gevra om te trou en so met die glinsterende hemel wat die laaste lig van die dag op die wateroppervlak skilder, sluit ons toe die hoofstuk af as meisie en kêrel en begin ons die nuwe reis saam as man en vrou.
Die Verlowing Tydperk:
Ons het eintlik ʼn visie van ʼn groot troue in Augustus 2023 gehad. Mens beplan dalk jou pad, maar die Here rug jou voetstappe. Milo was verras met ʼn droom werksgeleentheid in Ierland.
Dit was ʼn impulsiewe, opwindende besluit vol drome en liefde om toe ons ewige geloftes te neem voor hy oor die waters reis. Die knoop was toe deurgehak 20 Augustus 2022 en ons verlowings tydperk was ʼn hele jaar korter as aanvanklik beplan. Ons het ons klein sprokies troue alles self beplan met die hulp van my beste vriendin en een van Perdekraal Venue se eienaars Lizelle.
Trou Begroting:
Ons het ʼn klein intieme troue gehou met 18 van ons heel naaste familielede. Die begroting was ongeveer R30,000. Ek sal paartjies aanraai om ook te begroot vir die klein goedjies wat mens soms so maklik van vergeet.
Paartjie se styl:
My trourok was ʼn handgemaakte elegante Boheemse styl trourok deur Lizan Zondagh Couture. Met tydlose kant materiaal wat romanse skree, sagte pofmoue, ʼn lae oop rug en ʼn sleep wat agter vasgevang kan word.
Milo het sy plaasklere verruil vir ʼn stylvolle Polo troupak in ʼn neutrale kleurpalet met klasieke bruin leer skoene en belt.
My ring is ontwerp en gemaak deur Carol Hayes.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het as ʼn span saam gewerk met Lizelle Maree om ons droom trou dag ʼn realiteit te maak.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons gunsteling trou diensverskaffers was Mona-Liza Photography, ons trou fotograaf. Sy het ons só gemaklik en gerus laat voel en het baie moeite vir ons gedoen. Haar trou fotografie werk is ongelooflike hoë gehalte en ons is mal oor al ons foto’s. Sy het waarlik ons spesiale dag perfek vasgevang.
Vermaak:
Die trop wilde perde wat wei teenaan die groot glas venters van die trou venue was só mooi en spesiaal dit het ons en ons gaste waarlik in vervoering gehad. Sjampanje was ook met vuur fontein kerse ingebring. Tommie, die donkie, het met sy Persiese Mat Sak die water by die seremonie uitgedeel. Die trou venue het gesorg vir al die unieke vermaak wat dit vir ons en ons gaste onvergeetlik gemaak het.
Merkwaardigste Oomblikke:
Opsoek na ons perfekte kerkie in die natuur het ons Perdekraal plaas per voet gestap en so op die perfekte plekkie afgekom. Dit was ʼn feetjies bos waarvan sprokies gemaak word. Waar die kalm glinsterende waters en die majestueuse Bloekomboom mekaar ontmoet. Dié plekkie het waarlik my hart gesteel.
Ons vrese het op ons groot dag waar geword toe die uitmergelende Augustuswind al rukkend en plukkend sy verskyning gemaak het. Dit het ook gesneeu in die dorpie langs ons. Alles was vir ons waarlik só spesiaal toe die hele span van Perdekraal saam besluit het dat maak nie saak wat die weer is nie dat hulle sal seker maak dat ons droom waar sal word.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ons sou baie graag meer van ons vriende en familie by ons groot dag wou gehad het.
Venue & Dekor:
Ons het albei op ʼn plaas groot geword en wou graag oorspronklikheid van ons plaaslewe deur die troue sien.
Perdekraal was die perfekte keuse vir ons. Die trou venue is op ʼn pragtige groot plaas geleë. Lizelle Maree (een van die eienaars van die trou venue) het hulle ou koeistal in ʼn ongelooflike stylvolle onthaal omskep.
Hierdie trou venue het ʼn Franse Barok gevoel. Van die ou portrette tot die klassieke kandelare, elke meubelstuk het ʼn unieke storie. Alles lyk ryk, maar tóg eenvoudig.
Die gevoel van ʼn warm huis as jy inloop. Dekor en blomme was geïnspireer deur ons eklektiese styl wat dit lig, skoon, modern en minimalisties hou, met ʼn gedempte kleurpalet en baie natuurlike teksture. Die hoogtepunt van die tafel was die pragtige blom hang stuk met pampas, geweefde mandjies, en ʼn kristal kandelaar. Ons troue het deurlopend ʼn moderne Boheemse gevoel het.
Spesiale Tradisies:
Ek wou graag van ons spesiale Mosambiekse tradisies en elemente in my groot dag ingebring het. Toe ons die kos bespreek het het my gedagtes dadelik gedwaal a my kinderhuis in Mosambiek.
Ek ruik sommer die vars gebakte “pasteis de natas” – Portugese vla-tertjies, Mosambiekse hoender en Prawn koekies.
My Pa het toe só baie moeite gedoen en spesiaal gereël dat al my gunsteling disse vars uit my kinderhuis uitgemaak is. Dit was waarlik só spesiaal.
Eerste Dans:
Dit was ʼn baie klein intieme troue. Ons het ongelukkig nie ons eerste dans gehad nie, maar ons dans nogsteeds elke aand kaalvoet in die kombuis.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Dames:
Omring jouself met die mense wat net die beste vir jou wil hê, jou ondersteun en altyd daar sal wees vir jou.
Kêrels:
Wees daar vir jou vrou deur die beplanningsproses, deel jou opinie en werk saam as ʼn span.
Wittebrood:
Die begin van ons nuwe lewe saam was ʼn tyd van geluk en ʼn heerlike breek van alle verantwoordelikheid. Die prentjie mooi landskappe van Ierland met hulle klein kus dorpies was die perfekte wittebrood bestemming vir ons, veral omdat Milo ook sy nuwe droom werk daar begin het.
Ons het deur Ierland gereis met ʼn padkaart in die hand van dorpie na dorpie, van Dublin tot Kilrush, ʼn ware opwindende avontuur. Die bekende gedig van Antjie Krog kom in my gedagtes as ek aan Milo en ons lewe saam dink –
Ek het my padkaarte bêre met die wete: my reise op soek na jou is nou verby.
- Fotograaf: Mona-Liza Fotografie
- Venue: Perdekraal Wedding VenueVenue
- Blomme: Blaauwfields
- Bruidegom-pak: Polo
- Dekor: Perdekraal Venue & MNE Verhurings
- Grimering: Lizelle Pienaar
- Hare: EDEN Haarsalon + Anel Schoeman
- Huwelik kontrak: Jolande Bester Prokureurs
- Huurdienste: Bonney’s Macramé & Wood
- Huweliksbevestiger: Ds. Gerhard
- Juweliersware: Lovisa
- Koördineerder: Perdekraal Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: Perdekraal Wedding VenueVenue
- Skoene: Forever New
- Spyseniering: Perdekraal Wedding VenueVenue
- Trourok: Lizan Zondagh Couture
- Trouring: Carlo Hayes Diamonds
- Wittebrood plek: Ierland