Kyle & Annette se Klassieke Troue in die Constantia-Vallei

Ons deel graag Kyle en Annette se klassieke troue in die Constantia-vallei met Mooi Troues se lesers.  Die Constantia-vallei in Kaapstad is een van die plekke met die mooiste natuurskoon in die Kaap.

Annette se trourok sal jou laat smag na asem, só mooi is dit.  Ons is mal oor die klassieke voorkoms van haar trourok.  Die detail aan die kante van haar trourok is besonders mooi en so ook die sluier van die rok.  Alhoewel die trourok ʼn simplistiese voorkoms gehad het, het die detail aan die kante en op die skouers onmiddellik mens se aandag getrek.  Kyle se formele swart pak met sy swart strikdas het so mooi ingepas by die klassieke tema van die paartjie se troudag.

Die paartjie se seremonie was voor die pragtige historiese geboue van hul luukse trou venue by ʼn bekroonde hotel in Constantia.  Omring deur pragtige versorgde tuine en die mooi natuurskoon van die gebied, was dit die perfekte ligging vir hul trou seremonie.

Mark Jackson Photography het die paartjie se trou vasgevang in die mooiste foto’s.  Mark se fotografie styl is modern, lig en klassiek wat die paartjie se troudag so mooi weerspieël.  ʼn Professionele trou fotograaf speel so ʼn belangrike rol by enige paartjie se troue.  Foto’s is ʼn baie spesiale herinnering vir paartjie om hul troudag in detail te onthou.

Annette en Kyle se trou dekor is besonders mooi vir ons en ons hou veral van die klassieke gevoel daarvan.  Dit is nie net mooi en lig nie, maar die linne oor die tafels en wit stoele gee ʼn meer formele voorkoms aan die trou dekor.  ʼn Minimalistiese voorkoms is altyd ʼn wenner by ʼn meer klassieke styl troue.

Rol af om meer te lees oor Kyle en Annette se klassieke troue in die Constantia-vallei en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het in 2013 by ʼn gemeenskaplike vriend se Mexikaanse-tema partytjie in Kaapstad ontmoet, maar het eers op 21 Desember 2014 begin uitgaan.

Twee jaar later het ons ʼn onvergeetlike reis na Koh Lanta in Thailand aangepak.  En dit was daar, op ʼn afgesonderde strand, aan die suidpunt van Koh Lanta, dat Kyle vir Annette gevra het om te trou, op ons 2-jaar herdenking, 21 Desember 2016.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir 6 jaar verloof.  Gedurende daardie tyd het ons gereis en ons besigheid saam laat groei.   Ons het nie ʼn troubeplanner gehad nie, ons het hierdie troue self beplan.  Die troue was eers oor sowat 3 weke beplan.

Trou Begroting:


Ons het nie ʼn troubegroting gehad nie en het 60 gaste genooi.

Omdat alles so op die laaste oomblik was, het ons eindelik top dollar vir die meeste dinge betaal en het nie veel tyd gehad om rond te shop vir die beste prys nie.  As jy oop is vir die idee om jou trourok te huur, sal jy baie geld bespaar.

Merkwaardigste Oomblikke:


Om die register vreedsaam te teken na die gejaag om voor almal te staan en ons I do’s te sê.  ʼn Eervolle vermelding is ook om tyd te hê om met ons vriende en familie te meng voor die onthaal.

Die Besluitnemingsproses:


Elke besluit is saam geneem.  Vriende en familie was glad nie betrokke nie, weens die kort tydraam kon ons nie by te veel ander menings betrokke raak nie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames:

Kies jou strooimeisies versigtig, myne was ongelooflik en het my ekstra spesiaal laat voel op die dag.  Moenie meisies kies om jou strooimeisies te wees uit skuldgevoelens of hoflikheid nie.

Mans:

Kies ʼn venue wat gefokus is op goeie diens.

Vermaak:


Ons het ʼn violis gehad vir voordrankies, die seremonie en kuiertyd.  ʼn Platejoggie vir later die aand na ete.

Venue & Dekor:


Ons het die lokaal gevind terwyl ons navorsing aanlyn gedoen het en toe ons die plek gaan kyk het ons albei geweet dit is waar ons wil trou.  Dit voel soos ʼn klein oase in Kaapstad.  Ons wou die dekor elegant en minimalisties hou.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek dink met die kort tydraam was ons net bly dat alles glad verloop het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Die venue, hul spyseniering en aandag aan detail. 5 sterre!

Wittebrood:


Ons gaan na die plek waar ons verloof geraak het – die eiland Koh Lanta en bly by ʼn oord naby die strand waar ons verloof geraak het; Pimalai Resort and Spa genoem.  Ons was nog nie terug sedert die verlowing nie en is opgewonde om weer te kuier.

Eerste Dans:


Ja ons het, ons het “Can’t Help Falling in Love – Elvis Presley” gekies.

Ons het geen danslesse gedoen nie, ons het ʼn bietjie om die dansvloer geswaai wat perfek was en ons het dit lekker gemaak.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]