Met opgewondenheid deel ons Justin en Liandri se karnaval verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers. As mens dink aan ล karnaval dink jy aan klomp liggies, speletjies en tonne pret! Dit is presies wat Liandri en Justin se verlowing fotosessie was. Die Hoรซrskool liefdes se verlowing fotosessie is een wat jy nie moet mis nie.
ล Verlowing fotosessie kan soveel pret wees, veral as julle dit doen om meer gemaklik te raak voor die kamera. Dit is ล baie belangrike punt. Om gemaklik te wees voor die kamera en ook sodoende met jul trou fotograaf, sal die stres soveel minder maak op jul troudag. Kies ล pret ligging, soos Justin en Liandri se verlowing fotosessie by ล karnaval en geniet elke oomblik daarvan.
Dit is die perfekte tyd vir julle fotograaf om julle tou wys te maak oor die verskillende foto geleenthede wat daar is en hoe om te poseer ensovoorts. ล Verlowing fotosessie kan gesien word as ล proeflopie vir jul troudag. Dit sal julle definitief baie help om te verstaan hoe jul trou fotograaf werk. Onthou, die trou fotograaf is daardie een persoon waarmee jy seker meeste tyd saam sal spandeer op jul troudag.
Julle sal ook pragtige fotoโs gebruik wat spesiale herinneringe as verloofde paartjie sal verewig. Dit is ook fotoโs wat julle kan gebruik vir jul trou webtuiste, of as julle dit wil gebruik vir jul spaar-die-datum kaartjies, of selfs jul trou uitnodigings.
As julle klaar besig is om jul troue te beplan, besoek Mooi Troues se Trougids. Ons trougids het professionele trou diensverskaffers wat julle trou beplanning proses soveel meer gemaklik en stresvry sal maak. Rol af om meer te lees oor Justin en Liandri se karnaval verlowing fotosessie en hulle pad wat gelei het na hul verlowing.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons is wat jy sou noem โHoรซrskool Liefdesโ. Die eerste regte ontmoeting het gebeur aan die einde van ons Graad 10 veldskool-kamp. Een skoolbus was stukkend en die seuns is gevra om die bus te verlaat, sodat die meisies eerste huis toe kan gaan.
Moeรซ seuns het skelm agter gebly op die bus omdat hulle ook graag huis toe wou gaan. So ล paar kilometer van die kampterrein ontdek ons daar is te min sitplekke op die bus, en so het my nou verloofde, op my skoot op geรซindig vir die pad huis toe.
Ons was 9 jaar saam voordat ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
Dit was ล doodgewone Vrydagmiddag in Oktober, wat beteken dit is Jakaranda-seisoen in Pretoria. Ek wou baie graag ล paar fotoโs in die Jakaranda strate gaan neem het. Ons het op ล stil doodloop straat afgekom, die kar parkeer en my verloofde het ล paar fotoโs van my geneem.
Hy het toe voorgestel dat ek die foon staande maak op die kar se dak, sodat ons ล paar paartjie fotoโs kan neem. Ek het die foon laat staan en die aftel klok aangesit. My verloofde het voorgestel dat ek eerder my foon op video moet sit, aangesien ons dan baie verskillende posisies kan doen en ek net later die aand skerm kiekies kan vat.
Ek het dit gedoen, hy het my gedraai en gedip. Net voordat hy my wou optel vir die laaste beweging, het hy afgesak en my die groot vraag gevra. Ek was heeltemal verras. Ons het daaroor gepraat, maar ek dink die feit dat dit net soos ล normale Vrydag gevoel het, het my afgegooi van die groot verrassing wat vir my wag.
Daar was niemand anders betrokke nie, net ek en my verloofde en die โfotograafโ (Die Motor). Dit het ons verlowing ekstra spesiaal gemaak.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Haar gunsteling eienskap: Hy plaas my altyd eerste en neem my in ag met alles wat hy aanpak. Justin is my grootste ondersteuner en motiveerder. Hy is altyd daar vir my.
Sy gunsteling eienskap: Haar omgee en ondersteuning. En dat sy altyd ander mense se behoeftes voor haar eie plaas en bereid is om te help.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan om 7 maande verloof te wees. Is 20 Mei 2023, 10 jaar saam, en gaan die knoop deurhak op ons 10 jaar herdenking.
Die verloofring:
Ons het daaroor gepraat en ek het verskeie voorbeelde vir hom gewys, maar die finale ontwerp was ล verrassing. Iets wat hy self ontwerp het met die hulp van die juwelier.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Die verlowing fotosessie was deel van die pakket wat ons gekies het, maar dit was vir ons ล goeie manier om ons fotograaf te leer ken voor ons groot dag.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons is albei prettige mense, en wou nie iets doodgewoon en styf hรช nie, dus het die Karnaval ล goeie agtergrond gebied vir ons persoonlikhede.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Verwagtinge:
Om al die idees, Pinterest prentjies en tydskrif artikels ล werklikheid te maak, maar ook op ล eie unieke manier, sodat dit ons as paartjie weerspieรซl.
Vrese:
Seker te maak dat geen detail gemis word terwyl mens die groot dag beplan.
Iets te mis, in die gejaag van die lewe is daar dikwels oomblikke waar jy ล aftiklys twintig keer opstel en goedjies afkrap, net om seker te maak al jou varkies bly op hok en jy al die nodige reรซlings tref.
Visie vir droomtroue:
Om ล lekker saam kuier geleentheid te hรช met ons naaste vriende en familie. ล Dag gevul met liefde.
- Fotograaf: The Tiemensmas Photo and Film
- Fotosessie Venue: Carnival @ the Grove Mall
- Verloofring: Lumen By Poggenpoel Diamonds