Die Bridgerton geïnspireerde Kombuistee

Met opgewondenheid deel ons die Bridgerton geïnspireerde kombuistee van Nicola met Mooi Troues se lesers.  Klik hier om ons advies artikel te lees, waar ons ʼn paar punte bespreek oor ʼn kombuistee se beplanning.

Die eerste stap sal wees om te besluit op die algehele gevoel of tema van die kombuistee.  Nicola se kombuistee tema was gefokus om die populêre Netflix reeks, Bridgerton.  Dit gee mens die basis om mee te werk en om te beplan.

Ons is gek oor die tafel se kleurskema.  Die sagte pienke en tikseltjies goud wat deur trek van die eetgerei en tee koppies se details is só mooi.  Dit gee dit ʼn deftige gevoel.  Daardie vonkelwyn glase is só mooi en breek die vorms van die ander glase en tee koppies op die tafel.

Die vinger happies op die tafel en die pragtige koek het nie net heerlik gelyk nie, maar ook ʼn lieflike middag tee gevoel gegee.  Ons kan sien dat dit ʼn lekker gesellige kuier saam met vriendinne en familie was.  Dit is belangrik om die tyd te geniet saam met hulle.  Neem elke oomblik en probeer almal aan mekaar voorstel sodat die dames mekaar beter leer ken voor die troudag.

Rol af om meer foto’s te sien van die Bridgerton geïnspireerde kombuistee van Nicola en om meer te lees oor die kombuistee se beplanning.

Inspirasie agter die dekor van die kombuistee?


Die Kombuistee was gereël deur die mooi venue Franseman.  Die bruid se ma en pa het via Zoom – Call ʼn oproep met die bruid gehad (wat tans in Durban bly) waar sy haar inspirasie – bord op Pinterest gedeel het met die eienaar van Franseman, Frans.  Met dit het hy dadelik die idee voorgestel van ʼn “Bridgerton-themed” kombuistee, die populêre Netflix series.

Gunstelling deel van die kombuistee:


Natuurlik was dit om my dag te deel met mense vir wie ek lief is en wat vir my iets beteken.  Ou vriendinne weer te sien en raad te kry by diegene wat al voorheen getrou het!  Maar as ek nou die “oppervallige” antwoord moet gee sal ek sê die geskenke se oopmaak en toe die sabrage!

Kombuistee Tema:


Die tema was “Bridgerton”.  Die populêre Netlix series het alreeds twee suksesvolle seisoene uitgebring en mees onlangs, Queen Charlotte wat ʼn “spin off” was.  Dit was op ons almal se televisie skerms en het dit só maklik gemaak om die mooiste kombuistee vol ou bordjies, teekoppies, tulpe en rose te maak!

Advies vir dames wat ʼn kombuistee beplan:


Dit is jou spesiale dag.  Maak seker jy geniet dit, vertrou jou blommemeisies dat hulle dit vir jou so stresvry as moontlik sal maak en “embrace” om in die spotlight te wees!

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: