Met opgewondenheid deel ons Larissa en Brendan se troue in Hartbeespoort met Mooi Troues se lesers. Hierdie pragtige paartjie se troue op die mooiste neut plaas in die Skeerpoort gebied is een wat julle nie moet miskyk nie.
Larissa het beeldskoon gelyk op haar troudag. Haar trourok is só mooi! Die V-nek lyn met die detail op is besonders mooi en ons hou van die gemaklike vloei van die trourok in geheel. Brendan het ʼn ligte aards kleurige troupak aangehad met ʼn leer das wat so mooi ingepas het by hul troue se gevoel.
Die paartjie se seremonie in die trou venue se versorgde tuin was só mooi onder die opelug en die liggies wat bo oor die trou gaste hang.
Love Beloved was verantwoordelik vir die paartjie se blomme en trou dekor. Soos altyd het Love Beloved mens heeltemal verstom met hulle fantastiese werk. Skakerings van perse, pienk en sagte blou kan regdeur die paartjie se troue gesien word. Ons is verlief op die paartjie se trou dekor en die kleurvolle helder pastel kleurige blomme op die tafels. Die gehekelde tafel loper in die middel van die tafel breek die hout van die tafel bietjie en bring die blom en ander dekor elemente op die tafels bymekaar. Al die tafel dekor pas só mooi by die beboste groen wat bo oor die tafels hang.
Die tafelnommers is nogal iets uniek. Dit is groot draad tafelnommers wat op die grond langs elke tafel gestaan het. ʼn Unieke fokus punt wat trou gaste definitief aan die praat sal kry. Gaste geskenkies was sleutelhouers gemaak uit leer wat ook getel het as plek naam kaartjies.
Rol af om meer te lees oor Larissa en Brendan se troue en hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het op Universiteit ontmoet tydens jool, en nie lank na dit nie het ons begin uitgaan.
Ek en Brendan was weg saam vriende vir die naweek, die Saterdag oggend het Brendan vir Larissa wakker gemaak met ʼn geskenk want sy het graad gevang die week net voor die naweek.
Hy het gesê ons gaan vir ʼn sonsopkoms ontbyt om dit te vier. Die manne het die hele piekniek opgestel terwyl ons meisies klaar gemaak het. Toe ons by die piekniek aankom toe besef Larissa wat aangaan en na ʼn mooi storie gaan Brendan op sy knieg en vra vir Larissa die groot vraag.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was net oor ʼn jaar en ʼn half verloof gewees. Larissa het die troue self beplan, met die inset en hulp van Brendan en ons ouers.
Trou Begroting:
Ons was baie bevoorreg dat ons ouers vir ons troue betaal het, so ons weet nie wat die totaal was nie. Larissa se Ma was in beheer van die finansies so sy het al die kwotasies goedgekeur of gesê ons kort iemand anders.
In totaal het ons 130 gaste gehad.
My advies is kies een of twee goed wat vir jou ononderhandelbaar is waarop jy geld spandeer en probeer meer begroot vriendelike opsies kies vir die res.
Tweedens. Dit is jou en jou man se groot dag, moet nie laat ander mense se opinies/voorstelle jou onder laat kry of jou plan verander nie.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Geen troue sal ooit gebeur soos wat mens dink dit gaan nie. Gelukkig vir ons het daar niks groot verkeerd gegaan nie. Ons het net ʼn klein bietjie reën gehad gedurende ons buite seremonie, maar die trou venue was darem vinnig om vir almal sambrele te gee en ons kon aangaan met ons diens.
Merkwaardigste Oomblikke:
Brendan se merkwaardigste oomblik was toe hy vir Larissa sien afstap het in die “aisle” asook ons praise and worship liedjie.
Larissa se merkwaardigste oomblik was ons eerste dans.
Paartjie se styl:
Trourok was ʼn pas en opvlam styl met ʼn diep v-nek lyn. Die bo-stuk was van kant met krale gemaak, asook die sluit in die trourok.
Die bruidegom se pak kleur was gekies deur Larissa. Dit was ʼn pasgemaakte Frank Bespoke 3-stuk. Daarby het hy bruin leer skoene van Six Kings gedra. ʼn Leer das van House of Love David en Versus Unicorn sokkies.
Ons trou ringe was deur Marion Rehwinkel Jewellery gemaak. Larissa se verloof ring is ʼn platinum ovaal halo ring met steentjies in die pand. Die troupand is ʼn bypassende half halo.
Brendan het ʼn grys tungsten ring gekies.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het al die finale besluite geneem. Albei ons ouers was baie betrokke deur ons hele beplannings proses, en het net met ons hulle opinies gedeel.
Venue & Dekor:
Larissa het nog altyd van trou venues gehou met groot glas vensters. Ons het na ʼn klomp verskillende trou venues gaan kyk en The Nut Farm se groot glas ruite het van dag een af Larissa se hart gesteel. Met die feetjie ligte wat teen die gebou blink in die aand was net die kersie op die koek.
Ons wou die elemente van die venue deur trek in ons trou dekor. Met dit wou ons net ʼn elegante tafel gehad het, met geen uitermatige groot rangskikkings nie, sodat gaste nogsteeds met mekaar oor die tafel kon gesels.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid se raad:
- As jy nie ander mense se opinies wil hê oor jou troue nie, moet nie met hulle daaroor praat nie. Besluit wat julle gaan gelukkig maak en bly by julle besluit.
- Ek sal definitief vir paartjies aanraai om ʼn fotografie span te kies met wie jy baie goed oor die weg kom, want jy spandeer so baie van jou dag saam met hulle.
Bruidegom se raad:
- Wees deel van die ervaring, moet nie dink dit is net jou verloofde wat dit beplan nie.
Wittebrood:
Ons was Ballito toe vir ʼn week. Het hierop besluit want ons was besig om te emigreer en ons wou vir ʼn laaste keer op ʼn vakansie gaan in ons land. Ons het elke dag vir ʼn brunch en aandete gegaan na een van die vele restaurante in die area.
Dan het ons ook gegaan vir ʼn spa dag en ons eendag deur gegaan na uShaka Marine toe in Durban.
Eerste Dans:
Ons het een aand gesit en na ons gunsteling liedjies en kunstenaars geluister. Toe het ons op Forest Blakk se liedjie, “Fall into me” afgekom en ons al twee was mal daaroor en op dit besluit. Ons het vir dansklasse gegaan waar hulle vir ons, ons dans uitgewerk het en dit was soveel pret om te doen.
- Blomme + Dekor: Love Beloved
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf + Videograaf: Anne Grace Photography
- Venue: The Nut Farm
- Bruidegom-pak: Frank Bespoke
- Fotohokkie: Magic Mirror Memories Photo Booth
- Gaste Geskenke: Epifany Personalised Gifting
- Grimering: Corlene Vorster
- Hare: Marishann
- Huwelik kontrak: Barnard Inc
- Juweliersware: Lovisa
- Platejoggie: EMC Productions
- Paartjie se verblyf: Pecan Manor
- Strooijonkers bykomstighede: Company and Good
- Skoene: Miss Black Footwear
- Trourok: Veil Bridal Couture
- Trouring: Marion Rehwinkel Jewellery
- Troukoek: Gill’s Cake Studio
- Wittebrood plek: Jakita’s Guest House