Wenke om ʼn troue met ʼn kleiner begroting te beplan

In dié artikel gee ons julle wenke om ʼn troue met ʼn kleiner begroting te beplan.  Dit is ʼn vraag wat ons gereeld deur sosiale media kry.  Met vandag se hoër lewenskostes, wil paartjies vooraf begroot en hul kostes aanpas, sodat hulle nie te diep in die skuld gaan nie.  By Mooi Troues glo ons ook daaraan dat mens eerder moet spaar as wat jy jouself te diep in die skuld sit vir julle troudag.

Hierdie artikel fokus op die paartjies wat self hulle troue wil beplan en ʼn kleinerige begroting het vir hulle troue.  Ons sien gereeld pragtige troues wat ter duisende rande gekos het om moontlik te maak, maar wat van dié paartjies wat regtig net ʼn beperkte begroting het.

Om ʼn kleiner begroting te hê is nie die einde van die wêreld nie.  Dit kos net ʼn bietjie meer werk, maar as jy dit reg doen kan julle troue net só mooi wees soos enige ander troue.  Mens moet net mens se denk wyse aanpas dan is alles moontlik.

Moet nie noodwendig hardloop na die goedkoopste opsies toe nie.  Probeer bietjie rondsoek en jy sal aangenaam verras wees hoeveel jy kan bespaar deur slim te beplan.  Baie van die mooiste troues het nie noodwendig so duur gekos nie, dit is net deur goeie beplanning en bietjie werk.  In dié artikel artikel sal ons ʼn paar punte bespreek wat ons dink julle sal help om ʼn troue te beplan binne ʼn kleiner begroting.

Trou buite die besige seisoen:


Ons weet almal wil in die somer troue, met die blou lug, warm weer en ʼn sonnige dag, maar dink bietjie buite die boks.  Dit is net só mooi om in herfs of lente te trou.  Winter troues is net so ʼn wenner.  Wat is dan nou mooier as ʼn gesellige troue met ʼn lekker warm kaggel vuur en gesellige geselsies saam met familie en vriende.  As mens net verby die weer dink kan jy baie geld bespaar.  Dit hang ook af van die ligging van waar julle wil troue.

Die plek waar julle wil trou sal ook ʼn groot impak hê op die seisoen waarin julle wil trou.

Besluit watter diensverskaffers vir julle die belangrikste is:


Maak ʼn kortlys van die trou diensverskaffers wat vir julle die mees belangrikste is.  Allokeer dan meer begroting tot die diensverskaffers lys wat julle opgestel het.  As die trou fotograaf vir julle baie belangrik is, dan kan julle probeer om iemand te kry met meer ervaring.  Meer ervaring beteken heel moontlik ook meer kostes, maar as dit vir julle belangrik is, allokeer meer van jul begroting na die spesifieke diens of produk.

Soek rond vir buite seisoen promosies:


Baie trou diensverskaffers het promosies in die buite seisoen tydperk.  Mooi Troues het self ook ʼn promosie-blad waar jy fantastiese top gehalte trou diensverskaffers teen ʼn besparing kan kry.  So sal jy fantastiese trou diensverskaffers kan vind teen ʼn laer prys.

Beperk die aantal gaste by jul troue:


Hierdie is ʼn punt waaroor baie paartjies bietjie koppe stamp, veral as die een se familie en vriende kring bietjie groter is as die ander persoon sin.  As julle ʼn troue op ʼn begroting beplan, dan sal julle in ag moet neem, dat die gastelys kleiner moet wees.  Elke gas wat julle op jul gastelys sit is ʼn ekstra koste wat julle sal moet begroot voor.  Probeer ʼn kleiner, meer intieme troue beplan met slegs jul naaste famille en vriende.  Veral die familie en vriende waarmee julle gereeld in aanraking mee is.

Hou die gevolg klein:


Dit kan self ʼn baie emosionele storie wees om te besluit wie julle strooimeisies en strooijonkers is.  Hou die gevolg klein.  Kies een of twee vir elke persoon.  Indien julle nie ʼn gevolg wil hê nie, is dit ook reg.  Om ʼn gevolg te hê by jul troue is nie ʼn moet nie.  Dit is julle eie besluit as paartjie of julle ʼn gevolg wil hê of nie, en indien julle een het, hoeveel strooimeisies en strooijonkers julle wil hê.

Kyk na digitale skryfbehoefte opsies:


Meeste trou skryfbehoefte ontwerpers bied beide gedrukte en ook digitale trou skryfbehoefte ontwerpe.  Kry kwotasies van verskillende trou skryfbehoefte ontwerpers.  Julle kan ook kyk na ʼn kombinasie van gedrukte en digitale skryfbehoeftes.

Party paartjies wil ook hul eie skryfbehoeftes ontwerp en laat druk.  Dink twee keer voor julle dit doen.  Dit mag dalk maklik lyk, maar jy moet regtig professioneel wees om trou skryfbehoeftes te ontwerp wat professioneel en kreatief voorkom.  Huur eerder ʼn professionele trou skryfbehoeftes ontwerper binne jul begroting wat die skryfbehoeftes kan ontwerp.

Doen navorsing oor julle trou dekor:


Maak ʼn visie bord vir jul trou dekor idees.  Dink aan die kleurskema, tema en algehele gevoel van jul trou dekor.  Probeer dan ʼn kort lysie maak van wat julle graag op jul trou tafels wil hê.  Besoek verhuring maatskappye se webtuistes wat spesialiseer in troues.  Kyk hoeveel die items kos om te huur en skryf dit neer.

Voordat julle enige iets huur, vra ook julle trou venue wat het hulle beskikbaar om te huur en wat is dalk moontlik ingesluit in die trou venue huur koste.  So kan julle ook baie geld bespaar om self dekor items te huur en dit te stileer.  As julle ʼn vriend of vriendin het wat goed is met dekor stilering, probeer hulle ook deel maak hiervan en so julle te help.

Gaan vir ʼn meer eenvoudige voorkoms.  Dit sal ook help met dekor elemente en bespaar op dekor items.

Hou jul troukoek eenvoudig en ook die nagereg:


Wanneer dit kom by julle troukoek, probeer dit so eenvoudig moontlik hou as julle ʼn beperkte begroting het.  Laat maak eerder ʼn kleiner troukoek wat lekker proe en mooi lyk as wat julle geld spandeer op ʼn groot troukoek wat nie lekker is nie. Dit is nie net oor die smaak nie, maar ook oor die koek wat gaan oorbly.  Probeer ʼn groot genoeg troukoek te laat maak sodat elke gas ʼn stukkie kan kry.

Indien julle nie groot is op nagereg nie, gebruik sommer die troukoek as julle nagereg, so sal julle baie kostes bespaar.  Julle kan dalk ʼn paar lekkernye hê of ietsie sout soos ʼn kaasbord vir die wat nie koek eet nie.  Bespreek die opsies met julle trou spysenier of -venue voor die tyd.

Beperk gaste geskenke begroting:


Om vir elke gas ʼn duur geskenk te koop tel vinnig op.  Julle hoef nie vir jul trou gaste ʼn geskenk te gee nie, dit is nie meer so ʼn groot tradisie soos dit altyd was nie.  As julle voel julle wil wel iets gee vir jul trou gaste, probeer dit klein hou.  Dalk kan julle dink aan ʼn selfdoen geskenk wat julle dalk self kan maak, veral as julle bietjie kreatief en kunstig is.

Beplan ʼn plaaslike wittebrood:


ʼn Wittebrood is ʼn baie oulike idee vir paartjies wat pasgetroud is, maar dit hoef nie uitspattig te wees nie.  Nie almal kan luukse vyfster wittebrood bestemming op eksotiese eilande bekostig nie.  Moet nie dat dit julle terughou om ʼn romantiese wittebrood wegbreek te geniet nie.  Kyk na plaaslike wittebrood opsies en bespreek julle wittebrood plekke vooruit.  As julle vooruit beplan bespaar julle baie kostes en kry moontlik afslag pryse, veral as die wittebrood buite seisoen is.

Artikel Krediet:

  • Advies:  Mooi Troues
  • Foto’s: Pexels