Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word. In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ʼn lys van items waaraan jy moet aandag gee. Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie só oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.
Om ʼn troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ʼn selfdoen troue wil hou. Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels. Klik hier vir meer advies artikels.
Ons het die vorige keer die eerste van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel. Teen die tyd sal jul nou al ʼn beter idee hê van julle begroting en hoeveel julle op wat wil spandeer. Maak seker jy kyk net na trou diensverskaffers binne julle begroting, sodat julle nie julself depressief maak nie.
As julle nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jul kan dit doen teen julle spoed. Hierdie artikels is slegs ʼn gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ʼn jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin. Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.
Vir ons tweede artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.
Beplan julle verlowing partytjie:
As julle nog nie ʼn verlowing partytjie gehou het nie, is dit nou die perfekte tyd om een te reël. Julle hoef nie al die gaste van jul troue vir die partytjie te nooi nie. Nooi net wie julle wil na die verlowing partytjie. Dit is meeste van die tyd ʼn baie informele byeenkoms van ʼn paar familie en vriende.
Julle kan dit by die huis hou of by ʼn klein onthaal lokaal, restaurant ensovoorts vier.
ʼn Verlowing partytjie is ook nie ʼn móét nie. Indien julle as ʼn verloofde paartjie eerder wil weggaan vir ʼn naweek, is dit ook reg. Daar is soveel oulike dinge vir paartjies om alleen te doen, indien julle dit eerder alleen wil vier.
Kies julle strooimeisies en strooijonkers:
Almal wil altyd deel wees van die trou gevolg. Vir die wat nie weet wat ʼn trou gevolg is nie, dit is die strooimeisies en strooijonkers by jul troue.
Dit is onmoontlik om elke liewe persoon deel te maak van jul trou gevolg. Om deel te vorm van die trou gevolg, kom ook met ʼn paar verantwoordelikhede en takies om te doen.
Maak ʼn kort lysie van persone wat julle wil hê as strooimeisies en strooijonkers. Dink ook aan elke persoon se verantwoordelikhede en takies.
Kies persone wat julle weet sterk is in seker dinge en katrol hulle in, sodat hulle ook kan help met takies, veral op die troudag. Dit sal die stres bietjie minder maak vir julle, veral op die dag van die troue.
Hoe om jul strooimeisies en strooijonkers te vra?
Indien julle wil hê iemand moet ʼn strooimeisie of strooijonker wees, maak seker julle vra die persoon of hul wel belangstel. Vra hul in ʼn meer informele manier, sodat die persoon nie voel hulle moet ja sê nie.
Indien die strooimeisie of strooijonker wel ja gesê het, dan kan julle ʼn meer formele uitnodiging doen.
Die geskenk boksies word gewoonlik gedoen op die troudag self as ʼn dankie geskenk. Moet nie julle strooimeisies of strooijonkers vra met ʼn geskenk in die hand nie. Dit sal die persoon heel moontlik laat voel dat hulle ja moet sê en nie ʼn keuse het nie.
Dit is ʼn dankie geskenk aan die strooimeisies en strooijonkers. Daar is soveel oulike geskenk idees beskikbaar. Dit is ʼn oulike gebaar en nie ʼn moet nie.
Begin dink aan die wittebrood:
Elke paartjie wil op ʼn wittebrood gaan, al is dit ʼn kort twee dag wegbreek by ʼn plaaslike bestemming.
Begin nou al kyk na wittebrood opsies, en maak ʼn spaar rekening oop waar julle geld spaar vir die wittebrood. Daar is baie kennisgewing rekeninge beskikbaar by plaaslike banke. So weet julle, jul geld word veilig gespaar by die bank.
Só begin julle klaar maandeliks te spaar vir jul wittebrood en uitgawes gedurende julle wittebrood. Begin kyk na bestemmings waar julle graag wil gaan vir ʼn wittebrood en vind uit oor die visas, verblyf kostes, etes en vermaak kostes, vlugte, vervoer kostes en ander addisionele kostes.
Maak ook seker of julle op enige medikasie moet gaan voor julle na daardie deel van die wêreld reis. Daar is sekere bestemmings waar jy byvoorbeeld op Malaria behandeling moet wees voor mens reis. Alhoewel die COVID-19 pandemie verby voel, is daar steeds lande wat streng reëls het rakende inentings en masers. Maak seker julle doen jul huiswerk voor die tyd.
Probeer so vroeg moontlik jul wittebrood bespreek en deposito’s betaal. Voordat julle ʼn reis agentskap gebruik, lees op oor die agentskap op sosiale media en plekke soos Tripadvisor om seker te maak die reis agent is betroubaar en het ʼn goeie reputasie en resensies van vorige kliënte.
Kies julle Huweliksbevestiger:
ʼn Huweliksbevestiger is die persoon wat julle gaan trou, so dit kan ʼn dominee, predikant, priester of ʼn geregistreerde huweliksbevestiger wees.
Hulle trou gewoonlik meer as een paartjie op ʼn dag. So as julle ʼn spesifieke persoon ingedagte het, vind uit hoe hulle skedule lyk vir die dag van julle troue.
Besluit op ʼn paar huweliksbevestigers waarin julle belangstel en gaan ontmoet hulle, sodat julle ʼn gevoel kan kry oor watter tipe dienste hul bied en om te sien of die persoon se persoonlikheid sal werk vir wat jul in gedagte het.
Besluite om te neem voor die tyd sluit in of julle die seremonie meer spiritueel-, gelowig, tradisioneel-, modern ensovoorts wil hê. Daar is ʼn hele paar opsies en tradisies wat gevolg kan word.
Dit is die paartjie se eie besluit oor wie hulle graag wil hê hulle moet trou.
Ons weet daar is party paartjies wat voel dat die plaaslike dominee julle moet trou, maar onthou dit is julle troue en julle kan doen wat gemaklik is vir julle. Verduidelik dit ook so aan jul ouers en ons is seker hulle sal verstaan.
Sit ook jul huweliksbevestiger in jul trou begroting.
Artikel Krediet:
- Advies geskryf deur: Mooi Troues