In dié inskrywing deel ons Stephan en Jaené se klassieke troue in Pretoria met Mooi Troues se lesers. Hulle het by ʼn pragtige trou venue getrou wat ʼn ou Franse Provinsiale Styl gevoel tot dit het, wat die perfekte agtergrond vir die paartjie se troudag was.
Hulle seremonie was in die mooiste kapel gewees, omring deur die plaas aar hul getrou het se versorgde tuine. Definitief, die perfekte plek om hul lewenspad saam te verewig. Daar is net só ʼn klassieke styl wat deur trek, tot by die pragtige foto’s in die tuine.
Vir hul trou dekor het hulle gegaan met ʼn meer eenvoudige dekor styl, waarvan ons baie hou. Minder is meer wanneer dit kom by tafel dekor. Die groen en wit blom ontwerpe in die middel van die gaste tafels staan so mooi uit teen die donker hout tafels. Dit pas ook weer in by die wit stoele wat by die tafels gebruik word en bring die verskillende style bymekaar.
Hulle eerste dans was in die buitelug gewees onder klein liggies, wat iets besonders mooi is. Daar is net iets anders om in die opelug te dans. Besoek Mooi Troues se Trougids as julle besig is om ʼn troue te beplan, jy sal baie oulike trou diensverskaffers daar vind wat jou trou beplanning so stresvry as moontlik sal maak.
Jaené en Stephan het enige paartjie se droom wittebrood gehad in die mooie Maldives. Die Maldives is nie net ʼn pragtige wittebrood bestemming nie, maar begin al hoe meer populêr word onder Suid Afrikaanse paartjie.
Rol af om meer te lees oor Stephan en Jaené se klassieke troue in Pretoria, asook hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar ontmoet op skool en het saam geswem van laerskool dae af. Soos wat ons ouer geword het, het ons vriendskap verder gegroei en in Matriek begin uitgaan, na ʼn Kringe in die Bos staptoer in Knysna. Stephan het ʼn Privaat Lodge bespreek naby die Kruger Wildtuin saam met my ouers en skoonouers. Daar het ons die Saterdag gegaan vir Wildritte. Na die lekker wildrit was ons weer terug by die lodge, toe die drywer sê dat daar ʼn luiperd is wat hy ons twee wil wys. In die bos was daar ʼn piekniek uitgepak en toe ek dit raaksien het hy my gevra om te trou.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was 11 maande verloof. 23 Oktober 2021 het ons verloof geraak en op 8 Oktober 2022 getrou.
Trou Begroting:
Ons begroting het alles van die troue ingesluit. Saam met die trourok en geskenkies. Wanneer daar ʼn realistiese begroting saamgestel word moet jy by die bedrag bly vir elke afdeling van die troue.
Merkwaardigste Oomblikke:
Nadat ek ingestap het in die kerk het ons aanbidding liedjies gesing. So het dit begin reën en na die seremonie het die reën verdwyn. ʼn Groot seëning van God. Vir albei van ons was dit merkwaardig in die kerk om te sien hoe ons mense in ons lewe het wat ons altyd bystaan en ondersteun in ons huwelik. Die seremonie was baie spesiaal.
Spesiale Tradisies:
Ons het aanbidding liedjie gehad nadat ek ingestap het voordat die seremonie voortgegaan het.
Die Besluitnemingsproses:
Die bruid het baie voorstelle gehad en idees hoe sy dit wou hê. Sy het verskillende opsies aan die bruid gegee waar hy dit verkort het en dan het ons saam die finale besluite geneem.
Paartjie se styl:
Ek hou baie van strokiesverhale. So het ons ligte kleure en blomme gekies om by die sprokiesdag te pas. My trourok het gevloei tot op die grond met detail op die rug soos ‘n feëprinses. My trouring het krulletjies en draaie en is baie uniek en spesiaal. Dit pas by die strokiesverhaal tema waarvan ons hou.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons Trou Fotograaf! Wow! Die hoeveelheid geduld en vriendelikheid asook moeite wat hulle ingesit het is die moeite werd. Ons is mal oor ons trou foto’s.
Die trou venue het agter alles gekyk. Inge het altyd seker gemaak dat ons reg is en sodra iets lyk asof dit verkeerd loop het sy ingespring en gehelp.
Venue & Dekor:
Die trou venue was alles wat ons wou gehad het. Daar is baie spasie. Dit was ʼn Franse Kaapse styl wat ons in die Boland kon ervaar. Daar is so baie natuurlike elemente wat bydrae tot die mooi van die venue. Ons wou die trou dekor elegant en eenvoudig hou om die mooi van die trou venue uit te bring. So het ons besluit op groen en wit blomme en blare, sowel as minimale dekor elemente.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Moet nie idees weggooi wat ander mense doen net omdat jy uniek wil wees nie. Dit is jou dag en jou keuse wat jy wil maak.
Baie mense gee advies – familie, vriende en vreemdelinge vir die groot dag. Sif uit watter raad julle wil gebruik en los die res. Dit is julle dag wat net julle sal onthou.
Eerste Dans:
Ons eerste dans was op Somebody Like You– van Keith Urban. Albei van ons is mal oor ouer musiek en wou beide ʼn lekker dansritme liedjie gehad het. Ons al twee hou baie van sokkie en het ʼn paar idees ingeoefen op ons eie voor die groot dag. Dit was só spesiaal, want ons het buite gedans onder die goud pienk van die sonsak.
Wittebrood:
Ons was Maldives toe en het baie lank gespaar om dit moontlik te maak. Dit was ʼn droom wat waar word. Ons beide hou van natuur en dit is een van die mooiste plekke om te sien. Die see en natuurlewe was fenomenaal.
Net so ʼn uur nadat dit aankom was daar net reën vir so paar dae. Maar dit het ons ook die geleentheid gegee om te rus na die troue. Soos wat die dae aanstap het die weer lekker saamgespeel. Daar was ʼn ouer Spaanse paartjie wat met meermin sterte in die see baljaar het en van mekaar foto’s geneem het.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Anne Grace Photography
- Venue: Bell Amour
- Blomme + Dekor: Bell Amour (Inge van die venue)
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Grimering + Hare: Melissa Minne Makeup
- Huweliksbevestiger: Agape Gemeente Rustenburg
- Koördineerder: Inge van Bell Amour
- Platejoggie: Fame productions
- Paartjie se verblyf: Bell Amour
- Skoene: Woolworths
- Skryfbehoeftes: Olivlee
- Spyseniering + Kroegdiens: Bell Amour
- Strooimeisie-rokke: The Maiden
- Trourok: Lady Anne Bridal Hartebeespoort @Enzoani
- Trouring: Poggenpoel
- Troukoek: Pesto @ Moredou Potchefstroom
- Videograaf: Fame productions
- Wittebrood plek: Maldives Thudufushi resort