Marcel & Corlize se Verlowing Fotosessie in Greyton

Ons is omtrent opgewonde om Marcel en Corlize se verlowing fotosessie in Greyton met Mooi Troues se lesers te deel. Die paartjie het die oulikste verlowing fotosessie gehad en is een wat julle nie moet mis nie.  Hierdie is ook die perfekte voorbeeld van ʼn winters dag verlowing fotosessie, omrede dit lekker gereën het tydens die paartjie se verlowing fotosessie.

Reën hoef nie altyd gesien te word as negatief wanneer dit kom by mooi foto’s nie.  Daar is baie wat mens kan doen in reënweer.  Veral as julle ʼn fotograaf het wat ook hou van iets ander en deel is van die speletjie.  Mooi Troues se Trougids is vol professionele fotograwe as jul opsoek is na ʼn trou fotograaf om julle verlowing storie vastevang.

Greyton is ʼn pragtige dorpie in die Overberg.  Dit is nie net ʼn kunstige dorpie vol kultuur en pragtige argitektuur nie, maar die natuurskoon wat dit omring is besonders mooi.

Corlize en Marcel het die geleedheid ten volle aangepak.  Met foto’s in die natuurskoon omring deur plante, waterbronne en berge wat só mooi lyk met die donker wolke as die agtergrond.  Dit laat die paartjie sommer ekstra uitstaan in die foto’s.

Hulle het ook foto’s in die middedorp van Greyton geneem.  Omdat die reënweer dit bietjie donker gemaak het, maak dit die foto’s soveel meer uniek.  Die ligte wat op die nat paaie reflekteer gee die foto’s so ʼn mooi romantiese gevoel.  Rol af om meer te lees oor die paartjie se verlowings pad en ook om meer te sien van hulle oulike verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het op skool ontmoet toe ek in Graad 10 ingekom het vanaf ʼn ander skool.  Was lank vriende, maar het eers na skool ʼn verhouding begin.  Ons was van 2017 in ʼn verhouding gewees vir 5 jaar en het verloof geraak 9 Maart 2022.

Die groot vraag:


Dit was ʼn groot verrassing!  Marcel het op 9 Maart 2022, ʼn week voor hy vir 9 maande oorsee gaan werk het, my gevra om te trou.

My Pa het gevra ek moet hom gaan aflaai by Buffeljagsdam vir hulle dam vergadering.  Min wetend dat daar geen vergadering was en dat Marcel daar vir my staan en wag.  Met aankom was daar ʼn pier wat mooi gemaak is met kussings, kombersies en liggies wat uit kyk na die dam en berge, die mooiste piekniek vir ons.  Ek was afgelaai en met groot blydskap staan Marcel en wag vir my.

Sy woorde was deurmekaar van stres, maar ek het verstaan presies wat hy gesê het toe hy die groot vraag vra.  Natuurlik was my antwoord “Ja”.  Marcel was te veel op sy senuwees en het mooi gevra dat die ouers eers ʼn uur moet wag na hulle my afgelaai het om af te ry en saam met ons te vier.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Daar is vele.  Vir ons trou dag het ons elk 10 redes gegee waarom ons mal is oormekaar, maar wat vir my uitstaan van Marcel is sy sagte hart en hoe baie nuuskierig hy kan wees.  Wat uitstaan vir Marcel van my is hoe selfstandig en bereidwillig ek is om ander te help.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons vir 11 maande verloof.  Het op 9 Maart 2022 verloof geraak en ons trou datum was 4 Maart 2023.

Die verloofring:


Ek het ʼn plein goue ring gekry vanaf my ouma se Ma, wat ons laat smelt het en ʼn diamant daarop gesit het.  Marcel was verskeie leidrade gegee oor my droom verloof ring en het dit perfek reg gekry.  Die ring het ʼn dun goue band met sy 1.5 karaat steen daarop.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ananda Claassen Photography wat ons foto’s geneem het, het verskeie van ons vriende op hulle spesiale dag afgeneem en van wat ons al gesien het wat sy afneem het, is sy verseker baie talent vol. Ons het die spesiale geleentheid met Ananda gesien en met beide hande gegryp om die foto’s in ons huis te vermeerder en ʼn dag vol herinneringe te maak.

 

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek en Ananda wou ʼn nuwe uitdaging probeer en sy het die perfekte plek gekies. Ananda het Greyton voorgestel en ek was onmiddellik opgewonde. Greyton is ʼn mooi dorp wat baie kunstig voorkom met die mooiste berg uitsig.  Ons het op verskeie plekke in die dorp gestop. Ook by ʼn stap roete in die berg gestop en foto’s gaan neem.  Ons het gedink die weer gaan gou ʼn stop sit op ons foto sessie, maar het ons baie verras met die mooiste foto’s.  Dit is verseker ʼn dag wat ons nie gou sal vergeet nie.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]