Jenna Clifford se Huisware Reeks, die perfekte geskenk opsie

Opsoek na ʼn oulike geskenk vir jou vriendin wat trou?  Jenna Clifford se Huisware reeks, die perfekte geskenk opsie.  In dié inskrywing gesels ons met die span agter Jenna Clifford.  Vir die van julle wat bekend is met Jenna Clifford, sal haar ken vir hul luukse juweliersware.  Dit is nie nie waar dit stop nie.  Nou kan jy een van Jenna Clifford se Huisware reeks produkte koop vir jou beste vriendin.  Of as jy wil, sommer vir jou eie tuiste.

Huisware en Juweliersware is die perfekte kombinasie.  Almal hou van pragtige juweliersware en mooi goed vir hul huis.  As jy ʼn gas is by ʼn troue, dan het ons die perfekte trou geskenke vir jou gevind.  Elke paartjie wat besig is om huis op te sit, kort ʼn ietsie luuks in hul tuiste en Jenna Clifford se Huisware reeks is perfek.  Geniet ʼn middagtee saam met jou vriendinne met die mooiste tee stelletjie.  Of as julle ʼn wyntjie wil drink, dan het hulle die mooiste wynglase, perfek vir die geleentheid.

Jy kan hul huisware reeks vind op hul aanlynwinkel of in hulle twee boetiek styl winkels in Gauteng.  Die Mooi Troue span het bietjie met die span van Jenna Clifford gesels oor hul huisware reeks.  Rol af om meer te lees.

Jenna Clifford as geheel:


Hulle is ʼn Suid-Afrikaanse juweliers maatskappy wat spesialiseer in nuut gemaakte persoonlike ontwerpe en hermodelering. Jenna Clifford het uitgebrei na die huisware-sektor met die bekendstelling van hul Jenna Clifford huisware versameling.  In 1992 het Jenna Clifford, die juwelier en Dex Kotze die besigheid gestig.  Jenna en haar dogters, Chanelle en Summer, is vandag aktief by die besigheid betrokke met ʼn gevorderde hoogs gespesialiseerde span van kundiges.  Die dogters speel ʼn belangrike rol in die bemarking en verkoop kant van die besigheid en haar dogter, Shayna werk nogsteeds saam met die familie vanuit die Verenigde Koninkryk.  Jenna Clifford het begin as, en bly ʼn gesin onderneming wat ʼn uitgebreide familie van hardwerkende en toegewyde personeel insluit, waarvan sommige al meer as 25 jaar by die handelsmerk is.

Jenna se persoonlike benadering tot juweliersware-ontwerp onderskei hul werk en die ervaring by Jenna Clifford.  Hul vertroue dat vakmanskap met gesprek begin, beteken dat hul nog altyd ʼn diep persoonlike verhouding met hul kliënte gehad het, ʼn kwaliteit wat bydra tot die uniekheid van elke Jenna Clifford-stuk.  Die persoonlike aard en eksklusiwiteit agter hulle handelsmerk was instrumenteel in die verspreiding van hul voetspoor oor die hele wêreld en het mense soos wêreldbekende bekendes gelok.

Die Jenna Clifford Huisware Versameling is in die begin van 2020 bekendgestel, aangevuur deur Jenna se passie om skoonheid, siel en erfenis in Suid-Afrikaanse huise in te bring.  Sedertdien het hul ʼn verskeidenheid saamgestelde reekse ontwikkel om by die uniekheid en persoonlike styl van elke individu te pas, van lewendige gekleurde blomme detail en minimalistiese ontwerpe tot luiperd druk.

Die Jenna Clifford Huisware reeks:


Jenna Clifford se nuwe huisware reeks is amptelik in die begin van 2020 vrygestel en dit het reeds deel geword van baie gesinne regoor Suid-Afrika en die wêreld, wat liefde en samesyn aanmoedig.

Die Inspirasie agter die Huisware reeks:


Jenna is ʼn ikoon van veerkragtigheid, haar hart vir die natuur, diere, kinders, familie en die verbetering van die mensdom en goedheid spreek boekdele.  Die huisware reekse is ʼn boodskap hiervan. Elke reeks het sy eie inspirasie. Sy glo vas die versameling sal gesinne bymekaar bring en hulle die geleentheid bied om ʼn ruimte van skoonheid en liefde binne hul huise te skep.  Dié versameling is van hoë gehalte, bekostigbaar wat dit ʼn gesogte toevoeging tot elke huis maak.

reeks Produkte:


Hulle het meer as 10 uniek ontwerpte huisware reekse, binne elke reeks is ʼn volledige tafelgerei en teestel.  Daarbenewens het Jenna Clifford ook ʼn reeks glasware ontwikkel van wyn-, sjampanje-, whisky- en waterglase, asook ʼn verskeidenheid eetgerei, slaai bedieners en koek vurke.  Alles wat jy nodig het om jou eie onvergeetlike tafel te dek om ʼn alle persoonlikheid te vereenselwig.

Eksklusief vervaardig:


Jenna Clifford se huisware reeks is ontwerp en eksklusief vervaardig onder die Jenna Clifford-handelsmerk.

Plaaslik vervaardig:


Jenna Clifford se huisware versameling word in Suid-Afrika ontwerp, en die produksie word gefasiliteer deur die heel beste internasionaal geakkrediteerde vervaardiger.

Mees populêre produkte:


Die teekoppie en pierings met die klein borde, spesifiek die eksklusiewe ontwerpte Wavy Rose-reeks.  Hierdie reeks was geïnspireer ter nagedagtenis aan Rosemary, Jenna se oorlede Ma.  Die eksentrieke ontwerp en lewendige kleure van hulle nuwe bekend gestelde Botanica Rose-reeks het geblyk om ʼn groot treffer te wees.

Koop so Jenna Clifford se Huisware reeks:


Jenna Clifford se huisware reeks is beskikbaar op hul aanlynwinkel.  Of by hul Jenna Clifford Morningside vlagskip-vertoonlokaal en Jenna Clifford Lynwood Collective.  Hulle het ook ʼn seleksie van uitgesoekte kleinhandelaars regoor Suid-Afrika wat die tuiste van die Jenna Clifford Huisware reeks is.

Hulle is trots om ʼn unieke kliënt-ervaring aan te bied aan hul kliënte.  Kliënte word verwelkom vir ʼn besoek aan Jenna Clifford se ateljee, met ʼn sielvolle ervaring in hulle pragtige omgewing.  Met jou gunsteling drankie van keuse, ʼn JC cappuccino, tee vir die siel, wyn of ʼn glas vonkelwyn.

Artikel Krediet: