Geniet ʼn Romantiese Wegbreek na The Bungalow in Plettenbergbaai

Opsoek na ʼn oulike wegbreek bestemming? Geniet ʼn romantiese wegbreek na The Bungalow by Raw Africa Boutique Collection in Plettenbergbaai en vergeet van die gejaag van die lewe.  Hierdie lieflike 5-ster Bed-en-Ontbyt het die mooiste see uitsigte en is sentraal geleë, so alles is lekker naby.  As julle hier is sal julle voel of julle iewers op ʼn eksotiese eiland is, want dit is die hele gevoel wat mens kry van The Bungalow.

The Bungalow is deel van die Raw Africa Boutique Collection, so jy kan gewaarborg wees dat jy 5-ster diens en ʼn onvergeetlike tyd hier sal hê.

Plettenbergbaai en die Tuinroete in geheel is ʼn populêre wegbreek bestemming vir paartjies opsoek na ʼn romantiese wegbreek.  Baie pasgetroude paartjies geniet ook hulle wittebrood in die Tuinroete, veral omdat daar só baie is in die gebied om te doen.

Plettenbergbaai se natuurskoon en wêreld klas infrastruktuur maak dit die ideale wegbreek bestemming vir paartjies.  Dit het nogsteeds daardie kusdorpie gevoel, maar met fantastiese fasiliteite soos winkels, restaurante en vele meer.

Hierdie perfek geleë 5-ster Bed-en-Ontbyt het een van die beste liggings in Plettenbergbaai, slegs ʼn paar tree van die water by Hobie-strand.  Rol af om meer te lees oor The Bungalow en hoekom julle hierdie oulike Bed-en-Ontbyt moet bespreek vir julle volgende wegbreek of wittebrood.

Verblyf opsies:


Die Bungalow se akkommodasie opsies bestaan uit sewe luukse kamers wat na die see uitkyk.  Elk van hul kamers het ook en-suite-badkamers en eersteklas geriewe.  Ideaal vir, óf ʼn kort wegbreek, óf ʼn langer vakansie.

Hulle kamer keuses sluit in The Lookout, The Wedge, Hobie, Hobie, Cliff-Side 1, Cliff-Side 2,  Cliff-Side 3, en The Spot – hulle luukse Villa.

Alle kamers is toegerus met die volgende:
  • Kamerjas
  • Strand-handdoeke
  • Braai geriewe
  • Komplimentêre toiletware
  • DSTV
  • Platskerm-TV
  • Haardroër
  • Mini Bar
  • Nespresso Masjien
  • Suiwer Perkal Katoen beddegoed.
  • Kluis.
  • Tee & Koffie
  • WiFi

The Bungalow Beach Villa:


Buiten die kamers by The Bungalow het hulle ook The Bungalow Beach Villa wat bestaan uit drie verskillende woonstelle.

  • The Cove is hulle wittebroodsuite met ʼn en-suite-badkamer en klein sitkamer.
  • The Beach het twee slaapkamers, twee badkamers en gemeenskaplike sitkamer op die grondvloer.
  • The Bay is ʼn selfsorg woonstel met twee slaapkamers, ʼn groot sitkamer, ʼn eetkamer en ʼn kombuis.

Geriewe by The Bungalow:


The Bungalow is reg teen die see geleë, so as jy iemand is wat hou van die strand, dan sal dit die perfekte wegbreek plek wees.  Daar is verskeie ontspannings areas waar gaste lekker rustig kan ontspan met die geluide van die branders wat op die strand breek in die agtergrond.

Gaste kan ook afkoel in die swembad wat omring is deur ʼn hout dek waar jy die sonlig kan geniet onder ʼn sambreel met ʼn skemerkelkie of lekker sap in die hand.

As jy eerder onder een van hulle skaduryke bome wil sit, kan jy so maak en die banke wat orals onder die bome gevind kan word benut, en ʼn boek lees of net sit en ontspan.

Restaurant en Kroeg:

Die Restaurant en Kroeg by The Bungalow is nie net ʼn populêre keuse vir paartjies om ʼn lekker ete by die see te geniet nie, maar ook ʼn lieflike plek vir gaste om die sonsak te aanskou met ʼn drankie en goeie geselskap.

Daar is sitplek langs die swembad wat uitkyk oor die strand en dan is daar ook ʼn dek op die eerste vloer wat uitkyk oor die strand.  Dit is só ʼn romantiese ligging en die perfekte plek om ʼn romantiese ete te geniet.

Aktiwiteite in die omliggende gebied sluit in:


The Bungalow is gerieflik naby winkels en restaurante, asook die Robberg-natuurreservaat.  Plettenbergbaai-lughawe is ongeveer 8 km se ry. Natuurlik, reg op die strand is daar water sportgeriewe en verskeie aktiwiteit opsies beskikbaar.

Hieronder is ʼn paar aktiwiteite wat beskikbaar is in die omliggende omgewing:

  • Strand
  • Voëlkyk
  • Bootvaart
  • Fietsry
  • Visvang
  • Gholf
  • Kajak
  • Wandelpaaie
  • Restaurante
  • Inkopies
  • Sonbad
  • Watersport soos branderplankry en ander.
  • Walvis kyk.

Sentrale ligging:


The Bungalow is gerieflik naby winkels en restaurante, asook die Robberg-natuurreservaat. Plettenbergbaai-lughawe is ongeveer 8 km se ry.

Natuurlik, reg op die strand is daar water sportgeriewe en verskeie aktiwiteit opsies beskikbaar – swem, branderplankry, walvis kyk, bootvaart en visvang; ook fietsry, gholf, voetslaan, kajak, stappies in die natuur en voëlkyk. ʼn Sterk gunsteling van see liefhebbers en gaste wat avontuur soek, word aangemoedig om The Bungalow as “jou eie see-bungalow” te beskou.

Meer oor Raw Africa Boutique Collection:


Raw Africa Boutique Collection is ʼn boetiek versameling van hotelle en villas in die Wes-Kaap.  Hul hotelle is geleë in Kaapstad, Kaapse Wynlande, Stellenbosch, die Tuinroete en ook in Plettenbergbaai.  Al hul bestemmings is naby populêre toerisme besienswaardighede geleë.  Klik hier om meer te lees oor Raw Africa Boutique Collection se hotel en villa versameling.

Bespreek jou wegbreek na The Bungalow:


Om julle wegbreek na The Bungalow te bespreek, klik hier.  Wil jy meer sien?  Volg The Bungalow op Facebook en Instagram vir tonne pragtige foto’s en meer inligting oor wat die nuutste nuus is by die oulike bestemming.

Artikel Krediet:

  • Foto’s:  Verskaf deur The Bungalow