Armin & Louisa se Moderne Troue in Pretoria

Met baie opgewondenheid deel ons Armin en Louisa se moderne troue in Pretoria by The Lakeside met Mooi Troues se lesers.  Hierdie paartjie se intieme swart en wit tema troue is een wat jy nie moet mis. 

The Lakeside is ʼn prentjie mooi trou venue in die pragtige platteland, Oos van Pretoria.  Hier sal paartjies en hul trou gaste nie net welkom voel nie, maar ook omring wees die asemrowende uitsigte oor die meer en versorgde grasperke.  Dit is is letterlik ʼn stukkie paradys.   

The Lakeside se glaskas kapel is enige paartjie se droom.  Die groot glas ruite en dubbel volume dak laat die natuurlike lig invloei wat sorg vir die mooiste foto geleenthede van jul seremonie.

Armin en Louisa het slegs 15 gaste onthaal by hul troue.  Die moderne dubbel volume trou venue met sy spierwit afwerkings en groot glas ruite wat uitkyk oor die meer is besonders mooi. 

Louisa en Armin se trou dekor het perfek gewerk in die spasie.  Wit en swart dekor items kan gesien word op die wit tafel.  Ons is veral verlief op die swart eetgerei en die riffel wynglase op die tafels.  Die hele tema van die paartjie se troue gee ʼn formele gevoel, maar met ʼn moderne tema.  Groenigheid van die wit blom ontwerpe op die tafels skep ʼn interessante kontras teen die wit en swart elemente.  Tikseltjies goud elemente gee ook ʼn bietjie drama en romantiese atmosfeer aan die tafel dekor.

Louisa se trourok is só mooi en ons is heeltemal versot op die oop rug van haar trourok en die stylvolle eenvoudige vloei daarvan.  Armin het gegaan vir ʼn elegante volle swart troupak wat perfek gepas het by hul troue se moderne, maar elegante gevoel.

Rol af om meer te lees oor Armin en Louisa se moderne troue in Pretoria.

Paartjie se Liefdesreis:


Armin en ek het mekaar by my werkplek ontmoet.  Ek is ʼn apteker en hy het by die apteek ingekom om hulp en medikasie vir ʼn spinnekopbyt te vra.

Ons het by die huis verloof geraak die dag toe hy my ring huis toe gebring het.  Hy het ʼn buitensporige verlowing beplan, maar toe ek by die huis kom, kon hy nie langer wag nie en het net daar vir my gevra om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir ʼn jaar lank verloof voordat ons getroud het.  Ons het die troue self beplan, aangesien ons ʼn baie klein, intieme troue gehad het.  Die trou venue waar ons getrou het, het hul eie in-huis trou beplanners wat ons by gestaan het.

Trou Begroting:


Ons het nie ʼn spesifieke begroting gehad nie.  Meestal beperkings geplaas op wat ons bereid was om aan spesifieke items te bestee.  Ons het net 15 trou gaste gehad, so dit was makliker om op koers te bly as met ʼn groter troue.  Ek sou sê die belangrikste ding is om bietjie rond te kyk voordat jy jou aan ʼn spesifieke verskaffer verbind.  Kry 3 kwotasies van trou diensverskaffers en kyk vir resensies van hul produkte, byvoorbeeld: die trou fotograaf.  Kyk op hul sosiale media-platforms of dit wat hulle verskaf korreleer met wat jy wil hê.  Moenie op jou kosrekening, trou fotograaf of jou trourok spaarsamig wees nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Al ons trou diensverskaffers was ongelooflik.  Zita van 360link Events wat ons blomme en trou dekor gedoen het is ʼn juweel.  Sy het die ekstra myl geloop om my visie lewendig te maak.  Ek sal haar vir enige paartjie aanbeveel.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir myself was dit die oomblik dat Armin my in die trougang sien afstap en toe ek sy reaksie gesien het.  Dit was ongelooflik!  Armin het twee dogters en ek het ʼn seun. Tydens die seremonie het ons die eenheid kerse aangesteek en daarna ʼn hand vashou oomblik gedoen waar ons almal ons hande bo-op mekaar geplaas het.  In daardie oomblik het my seun na Armin gekyk en begin glimlag en sy oë was vol trane.  Almal van ons het toe tranerig begin word, dit was ʼn baie spesiale familie-oomblik vir ons.

Paartjie se styl:


Ons styl as ʼn paartjie was modern, sjiek en elegant.  Armin het heeltemal swart gedra sonder fieterjasies. eenvoudig en gesofistikeerd. My trourok was styf gepas met pragtige kant en ʼn oop rug, modern en strak. 

Ons trouringe het ons self ontwerp, myne ʼn moderne double halo pear shaped diamond en sy ʼn breëband ring met graveerwerk aan die onderkant.

Venue & Dekor:


Ons het The Lakeside Venue as ons trou venue gekies die dag toe ons dit besoek het.  Dit was ons eerste en enigste trou venue waarna ons gekyk het.  Dit was net ʼn pragtige trou venue met Sebras en Kameelperde in die agtergrond.  Ek het onmiddellik geweet dit is die venue toe ons by dié eiendom inry.  Ons wou ʼn moderne, sjiek en elegante troue hê, so ons het gegaan met swart en wit met kristal, goud en silwer.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir bruide sou ek sê die beste raad is om te doen wat jy wil doen.  Moet nie toelaat dat verskaffers jou boelie om te doen wat hulle wil nie.  Wees baie spesifiek oor wat jy wil hê, skryf dit in ʼn e-pos en stuur aan hulle. Hulle handel met baie kliënte en verbaal kan hulle nie alles onthou nie. Moet ook nie aanvaar dat hulle weet wat jy wil hê nie.  As jy wil hê dat jou tafels op ʼn sekere manier moet lyk, gee hulle daardie spesifieke prentjie.  As jy wil hê dat jou handruiker op ʼn sekere manier moet lyk, wys hulle spesifiek en maak seker dat hulle jou kwoteer vir wat jy wil hê.  Bruide kontroleer ook jou kwotasies. Soms word items per abuis dubbel gehef.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie vir die dag gehad, maar nie ekstra vermaak nie.  Na die onthaal het ons Canapés en verwelkomingsdrankies op die dek, langs die meer bedien.  En ons het ook daar die troukoek gesny.

Eerste Dans:


Die eerste dans was na die hoofmaal. Ons het vir danslesse by La Danza dans ateljee gegaan.  Albei van ons het twee linker voete en Michelle het ʼn wonderlike werk gedoen om ons die bewegings te leer.  Ons het Blessed van Thomas Rhett as ons eerste dans liedjie gekies. Die woorde is só perfek vir ons storie.

Wittebrood:


Ons is Dullstroom toe vir ons wittebrood.  Wou net ʼn stil en rustige wegbreek bestemming vir ons twee hê.  Toe ons terugkom is ons weg Mabalingwe toe met ons kinders as ʼn gesins vakansie.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]