Kevin & Dominique se Troue in die Robertson Vallei

In hierdie inskrywing deel ons Kevin en Dominique se troue in die Robertson Vallei met Mooi Troues se lesers.  Dié paartjie het op Robertson besluit as hul trou bestemming, sodat hul trou gaste sommer ʼn lekker naweek wegbreek kan maak van hul troue.  Dit is ʼn briljante idee.  Robertson Vallei is ʼn baie populêre trou bestemming en ons het self ʼn hele paar baie oulike trou venues in ons trougids wat geleë is in die bestemming.  Nie net is daar fantastiese trou venues nie, maar ook oulike verblyf en soveel om te doen in die area.  Van wynproe tot sportiewe aktiwiteite.

 Ons is dol verlief op Dominique se eksentrieke trourok.  Dit is letterlik soos iets wat jy in ʼn mode tydskrif sal sien.  Pragtig!  Kevin het gegaan vir ʼn swart pak en das wat ingepas het by die gevoel van die paartjie se troue.  Mens kry amper daardie stedelike invloed in kontras met die plattelandse agtergrond, wat só mooi is.

Hulle trou dekor was eenvoudig gehou, met skakerings van wit, perske-,  room-, en sjampanje kleure.  Die wit staan só mooi uit teen die hout tafels, baksteen mure en ook die gedroogte blom ontwerpe op die tafels.  Kombinasie van vars blomme en gedroogte blomme asook pampas gras was gebruik op die tafels, wat só mooi is.  Dit trek ook alles mooi bymekaar soos die trou venue se rottang ligskerms wat hoog vanuit die dak hang.  Dit gee definitief ʼn warm atmosfeer aan die onthaal lokaal wat omvou is met glas.

ʼn Troue gaan só vinnig verby, so dit is belangrik om elke oomblik in te neem en ten volle te geniet.  Om meer te lees oor Kevin en Dominique se liefdesreis en hulle pragtige trou storie te lees, rol af.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het op hoërskool ontmoet!  Alhoewel, ons het nooit eintlik begin uitgaan totdat Kevin die hoërskool verlaat het en ek in matriek was nie – dit was in 2012.

My ouers het ʼn strandhuis is Pearly Beach, dit was nog altyd ʼn plek na aan beide ons harte.  Ons het die naweek van 24 Julie 2020 daarheen gegaan vir ʼn naweek alleen.  Ons het Vrydagaand teen sononder op die strand gestap waar daar geen siel in sig was behalwe ons twee nie.  Kevin het op een knie gegaan en my gevra om met hom te trou.  Dag en ʼn oomblik wat ons vir altyd met liefde sal koester en terugkyk.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vanaf Julie 2020 tot ons troudag op 8 Oktober 2022.  So ons was net meer as twee jaar verloof.  Ek dink ons sou ʼn bietjie vroeër die knoop deurgehak het as dit nie was vir Covid en al die beperkings was nie.

Ek was egter só ongelooflik dankbaar vir die hele tyd sodat ek grasieus my tyd in beplanning kan neem.  Al die skryfbehoeftes kon ek self doen, ek kon van my eie bunny tails en pampasgras bymekaarmaak en uitdroog.  So dit was ʼn lekker rustige tyd van beplanning.

Ek het nie ʼn troubeplanner gehad nie, maar eerder ʼn koördineerder wat my van so twee weke voor die troue bygestaan het wat met soveel gehelp het!

Trou Begroting:


Ek en Kevin was baie gelukkig om tyd te kon hê om vir ons troue te spaar.  Beide my ouers en sy ma gehad het ons ondersteun, wat so ʼn seën was!

Ons het by ons begroting gebly en selfs ʼn wittebrood na die buiteland in berekening gebring sodat ons ʼn tydjie alleen saam kon geniet na ons wonderlike troue.  Ons het altesaam ongeveer 95 gaste gehad by die troue wat intiem gevoel het, maar steeds groot genoeg gekuier het om die venue en dansvloer mooi te vul!

My grootste raad vir paartjies wat hul troue finansieel beplan, is om van begin af te besluit wat die belangrikste faktore/elemente van die troue is en dan daarby te hou!  Ek het ʼn Excel-sigblad gehad waaruit ek gewerk het.  Ek het dit ʼn uitdaging gemaak om onder begroting in elke kategorie te wees.  Dit was moeilik, maar eintlik nogal lekker om myself uit te daag om my droomtroue teen my vasgestelde begroting te hê.  Vir ons was die venue, kos, fotograaf en wittebrood die belangrikste.  So dit is die elemente waarop ons gefokus het en nie omgegee het om finansieel af te knyp op die ander elemente wat vir ons minder belangrik was nie.  Hierdie strategie het ons SO BAIE gehelp!

Merkwaardigste Oomblikke:


Dominique:

Verreweg die merkwaardigste deel van my dag was om in die paadjie af te stap, arm aan arm met my pa, op pad na Kevin toe.  Dit het gevoel asof die tyd stilgestaan het.  Daar was ʼn oomblik tussen hom en my, gesien deur die mense wat die absolute wêreld vir ons albei beteken.

Kevin:

Die oomblik wat mees uitstaan vir hom was toe die deure na The Key se seremonie area oopgemaak het vir my om in die paadjie af te stap.  Sy ervare weergalm myne in terme van die oomblik wat só groot, oorweldigend en só absoluut perfek gevoel het.

Die Besluitnemingsproses:


Ek (Die bruid) het beslis die meeste van die besluite geneem.  Kevin was egter reg aan my sy deur die proses en het ʼn oor en sin gegee om my deur al die keuses te kontroleer/ondersteun.

Ons gesin was só ongelooflik om daar te wees wanneer ons raad nodig gehad het, maar het heeltemal vertroue in beide myne en Kevin se visie vir die dag.

Hulle het my geweldig baie gehelp in die rok keuse aangesien my ma, skoonsuster en toekomstige skoonma na soveel bruid winkels gegaan het op soek na my droomrok (wat ons op die heel laaste plek gevind het waar ons gegaan het.  Dit was so bedoel om te wees).

Vermaak:


Ons het regstreekse vermaak (Shaun Tait) by ons pre-drinks gehad. Hy het ʼn akoestiese stel gespeel terwyl ons kos geëet het en ons champagne toring gedoen het.  Dit het regtig so ʼn ongelooflike toon aangegee vir wat ʼn wonderlike aand was om te volg.

Vir ons onthaal het ons DJ Jinx gehad, wat ʼn absolute towenaar was wat nooit die dansvloer vir ʼn sekonde die hele aand leeg gelaat het nie!

Paartjie se styl:


Beide Kevin en ek beskou ons style as baie klassiek en minimalisties.  Ons albei is verlief op warm skakerings, nie baie kleur nie, maar baie tekstuur.  Dit is deurgevoer na al die elemente in ons troue.

My trou rok was deur Randy Fenoli en dit was klassiek, crêpe styl, af van die skouer met ʼn strik aan die agterkant, gaas aan die rug wat ʼn bietjie tekstuur aan die rok skep. Dit was regtig my absolute droomrok en ek het soos ‘n  bruid gevoel daarin!

Kevin se trou pak was ʼn klassieke swart pak, wit hemp, swart skoene en ʼn swart das met satyn swart afwerking om die illusie van tekstuur te skep. Ons het ʼn bietjie “huislewe” in sy sokkies gesit, wat ons klein yorkie Marmite se gesig op gehad het.

Kevin het ʼn klassieke geelgoud matte band wat hom só goed pas.  Terwyl my verloofring ʼn warm getinte roosgoud gold pave band is met ʼn sjampanje kleurige middel steen omring deur diamante, met ʼn pave roosgoud troupand met diamante.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Glo dit of nie, ek kan eintlik aan niks dink nie!  Miskien net dat ons nie die dag langer kon maak nie!  Ek was nooit die tipe bruid wat ʼn vaste manier van presies detail gehad het om te verduidelik hoe ek wou hê dinge moes verloop nie.  So ek het toegelaat dat dit organies gebeur.  Ek is oortuig daarvan dat dit dalk die geheim is om werklik te laat gaan en jou troue te geniet!

Venue & Dekor:


Laat ek jul vertel … Ek en Kev het wyd-en-syd gesoek om ons droom venue te vind!  Ons was vasgevang tussen ʼn paar lokale maar toe ek The Key aanlyn kry, het ek geweet ons moet dit gaan kyk!

Toe ons daar aankom, was die lokaal nog besig om hul kapel op te sit.  Hulle het pas hul onthaal lokaal geopen.  Alhoewel die seremonie area nie klaar was nie, het ek en Kevin verlief geraak op die onthaal lokaal en die planne wat hulle vir die seremonie lokaal gehad het, het ons laat swymel!

Ons was mal oor die glas voorkoms/gevoel en ons was absoluut mal oor die idee om in Robertson te trou sodat ons gaste ʼn naweek van ons troue kan maak!

Wat trou dekor betref, was ons mal oor die warm kleure van beige, sjampanje en die kontras van wit, so ons het al ons dekor hierdie kleure ingesluit. Ons is ook lief vir gedroogde blare, so ons het baie pampasgras gehad, ʼn gedroogde palmblaar muur agter ons tafel, bunny tails en droë hydrangeas.  Dit is vergesel van vars wit rose, tulpe en tikkies lelies regdeur ons dekor.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is ʼn onmoontlike keuse aangesien al ons verskaffers so ongelooflik was!!

Ons spysenier Pauline (van Pauline Schroder Catering) se kos en nagereg was so smaaklik!  Al ons gaste kon nie ophou praat oor hoe lekker die kos was nie.

The Key was ook so ongelooflik om ons by te staan deur die beplanningsproses en so hands on te wees op die dag dat ek en Kevin oor niks hoef te stres nie!

Maar soos genoem, al my verskaffers was ongelooflik!

Eerste Dans:


Ons eerste dans was vir Lover deur Taylor Swift.  Ons het wel geoefen (maar net ʼn paar keer in ons sitkamer).  Dit was baie organies en ons was net só meegesleur deur die oomblik.

Spesiale Tradisies:


Ons het die tradisionele bruidegom toespraak en pa-dogter-dans gehad, wat só ongelooflik spesiaal was.

Wittebrood:


Vir ons wittebrood het ons na Doha (Qatar) en Thailand gegaan!  Ons het 3 weke deur Thailand island hopping en dit was so ongelooflik!

Ons het op Thailand besluit omdat ons iewers warm wou gaan, waar ons kon snorkel, pragtige eilande kon sien en ʼn skemerkelkie teug!  Dit was die perfekte bestemming vir ons, want ons moes by die wonderlikste plekke bly, die ongelooflikste seelewe en eilande sien, en net opreg ʼn ongelooflike tyd saam hê!

Ons het besluit op ʼn dag of wat in Doha op pad na Thailand.  Ons het ʼn stadstoer gedoen om al die wolkekrabbers te sien, want dit is ʼn belangstelling van Kevin, terwyl ek ʼn kulturele ervaring kon geniet!

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: