Johan & Shannon se Fotosessie by hul Huis

Met opgewondenheid deel ons Johan en Shannon se fotosessie by hul huis met Mooi Troues se lesers.  Daar is net iets só anders van ʼn fotosessie by mens se huis, iets so nostalgies en persoonlik. Ons is totaal en al verlief op die paartjie se fotosessie.

Die paartjie se rede vir hul verlowing fotosessie was ʼn oefenlopie om te sien of hulle genoeg van die fotograaf hou om hul troue ook af te neem.  Dit is ʼn goeie idee vir paartjies wat nog nie weet watter trou fotograaf om te kies nie.

Bespreek ʼn verlowing fotosessie by julle top drie fotograwe en betaal per fotosessie.  So sal julle ʼn idee kry van die fotograaf se styl, hoe die fotograaf werk ensovoorts.   Die trou fotograaf is seker een van die mense met wie jy die meeste tyd op julle troudag sal spandeer en die heeltyd in jul spasie gaan wees.  So, maak seker julle kom goed oor die weg met jul trou fotograaf en is op julle gemak.

Mooi Troues se aanlyn Trougids het baie oulike fotograwe wat julle kan kyk na vir julle verlowing fotosessie.  Dit is belangrik om kennis te neem dat jy vir elke verlowing fotosessie by ʼn fotograaf moet betaal, so werk dit ook in julle trou begroting in.

Vir meer oor die paartjie se liefdesreis en hulle baie oulike verlowing fotosessie, rol gerus af.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het op Instagram ontmoet op ʼn bladsy waaroor ons altwee belangstel.  Ons het gesels vir ses maande voordat ons in persoon ontmoet het.  Nadat ons ontmoet het was daar ‘n onmiddelike connection en ons het oor die weg gekom soos ou familie vriende.

Ons het gedate vir ʼn maand toe moes Johan op ʼn boot klim om in Amerika se cruise lines te werk.  Ons was vir ses maande lang afstand.  Johan het terug gekom gedurende Covid Lockdown so ons kon mekaar vir nog ‘n hele maand nie sien nie.  Sewe maande van ons agt maande saam op daai stadium was lang afstand.  Ons het uiteindelik weer by mekaar gekom en soos die Engels man se “the rest is history“.

Ons het ons lewens verander en aangepas vir mekaar sodat ons drome en journeys align.  Na ‘n jaar se dating het ons getrou op 16 Julie 2022.  Dit was ʼn sprokies mooi troue.  Ons is nou al ‘n geruime tydjie getroud en kon nie meer gelukkig wees met mekaar se ewige geselskap en vriendskap nie.

Die groot vraag:


Johan het al geweet hy wil met my trou toe ons ontmoet het.  Trou was nooit ‘n vloek woord in ons verhouding nie en ons het al vroeg daaroor begin praat.  Toe ons finansieel stabiel was het Johan my gevat om my ring te ontwerp.  Hy’t geweet ek is baie spesifiek en wou hê ek moet dit maak presies soos ek dit wil hê sodat ek dit forever sal LOVE.

Die ring was ontwerp deur V’dodili (Erika is ongelooflik).  Die datum was ‘n verassing gewees.   Johan wou my graag op ‘n lugballon vat die oggend en daar my vra om te trou.  Toe het die weer daai dag nie saam gewerk nie en hy moes ʼn vinnige plan maak. Hy wou graag hê my sussie moes by wees vir die verlowing en sy sou in die volgende paar dae vlieg België toe en eers oor 6 maande terug kom.

Hy het toe vir Megan gebel (my sussie) en sy en haar vriendin het ‘n piekniek in die woud naby aan my pa se huis vir ons gemaak.  Nadat Johan my gevat het vir ontbyt die oggend het hy my in die sprokies verhaal woud in gely waar hy my gevra het om te trou.  Megan het al ons fotos geneem in die woud.

Ons het toe vir Adell gevra om ons verlowing te doen in ons nuwe huis waarin ons ingetrek het nadat ons getrou het.  Toe ons finally wel lugballon gevlieg het, het ons twee families saam ontmoet vir ontbyt en feesviering.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ons kom oor die weg soos ou getroudes en nuwe verliefdes gekombineer.  Ons is werklik mekaar se beste vriende.  Alles is net beter as ons dit saam kan doen.  Ons help mekaar met alles, lag saam, huil saam, kan vir ure aan een gesels en is mekaar se veilige spasies.  Tot awkward silence is nie awkward as ons saam is nie.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons was verloof vir minder as ses maande.  So dit was ‘n malhuis om die troue te beplan en ekt alles self gedoen.  Ons het nie geld gehad vir ‘n trou beplanner nie, so al die uitnodigings, tafel plasings, spyskaarte, blomme kies alles het ek self gedoen. Ek’s dankbaar dat ek kreatief is.

Die verloofring:


Soos ek voorheen genoem het, ons het dit laat maak by ʼn ongelooflike ontwerper Erika Cronje in Centurion.  Sy was só behulpsaam en het my droom ring ʼn realiteit gemaak.  Die verloofring is EKSTRA spesiaal, want die middel diamant is die diamant wat my pa vir my ma gegee het toe ek gebore is.  Dit is ‘n heirloom erfstuk van my ouers af wat SUPER sentimenteel en net so, so, sooo spesiaal is.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Dit was meer ʼn toets lopie gewees om te sien of ons genoeg van die fotograaf hou om ons troue vir ons af te neem.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is altwee baie lief vir die natuur so ons het baie buite fotos reeds saam en ons was lus vir ʼn verandering.  Ek is nogal ʼn sentimentele mens so ek het gedink dit sal só spesiaal wees as ons ons verlowings fotos in ons eerste huis kon afneem.  Ons wou graag die warmth and cozyness van ons verhouding vasvang in ons verlowings fotos so dit is hoekom dit ‘n binne huis cozy fotosessie was.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Wel ons is klaar getroud, maar as ek mooi kan onthou was ons grootste ‘hurdle‘ om almal in die familie gelukkig te hou met die trou planne en reëlings.  Alles het gelukkig uitgewerk in die einde.

Visie vir droomtroue:


Ons wou ʼn rustieke woud troue gehad het en dit is presies wat ons gekry het.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: