Hein & Marnelle se Romantiese Bosveld Troue

Ons is vreeslik opgewonde om Hein en Marnelle se romantiese bosveld troue met Mooi Troues se lesers te deel.  Hierdie oulike paartjie het buitekant Pretoria-Oos by ʼn pragtige trou venue getrou bekend vir hulle prentjie mooi bosveld landskappe.  Dit was die perfekte agtergrond vir die paartjie se troue.

Die talentvolle Love Beloved het seker gemaak die paartjie se troue lyk mooi.  Love Beloved was verantwoordelik vir die paartjie se trou dekor, blom ontwerpe en fotohokkie se dekor elemente.  As jy die perfekte visuele uitkoms vir julle troue wil hê, dan moet jy Love Beloved kontak vir julle troue se dekor en blomme.  Ons is versot op die paartjie se trou dekor.  Die gebruik van donker herfskleure, gemeng met aardse kleure en ook brons en goue elemente saam met die kerse is ʼn wen kombinasie.  Blomme op die gaste tafels was minimaal gehou, om nogsteeds daardie minimalistiese gevoel aan die gaste tafels te gee.   Die rottang elemente en die die goeie eetgerei gee dit ʼn effense Boheemse gevoel.

Marnelle het ʼn pragtige trourok aangehad.  Ons hou veral baie van die detail aan die bo kant van haar trourok en hoe mooi dit pofferig na onder vloei.  Hein se donker troupak het ʼn deftige gevoel gegee en sy das het mooi ingepas by die hele troue se kleurskema.

Oh en het ons gesê!  Ons is dol verlief op hulle Macaroons troukoek.  Dit is só besonders mooi en is ʼn fantastiese idee vir paartjies opsoek na troukoek idees vir hulle eie troue.

Vir hulle wittebrood het hulle na hul gunsteling bestemming gegaan, Mosambiek.  Rol af om meer te lees oor Hein en Marnelle se liefdes verhaal en ook om meer te lees oor hulle romantiese bosveld troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Beide van ons het ʼn liefde vir motorfiets ry.  Hein het saam met “mutual friend” een Saterdag gaan motorfiets ry en Marnelle saam met haar pa.  Ons het daar vir die eerste keer ontmoet, en Hein het na daardie dag vir almal vertel hy gaan een dag met Marnelle trou.

Ons het verloof geraak in Mosambiek tydens ons familie vakansie.  Ek het vir Hein gesê, as die dag kom wat hy my vra om te trou, moet dit nie ʼn opgeblaasde ding wees nie.  Ek soek nie fotograwe, perfekte grimering en 50 mense daar nie, ek wil hê dit moet net ek en hy wees, soos wat ons elke dag is.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het Desember verloof geraak, en in Mei getrou so 5 maande nadat ons verloof geraak het.  Ons het ʼn trou beplanner gehad, maar ons was baie betrokke by die beplanning.

Trou Begroting:


Ons begroting was R250 000.  Die enigste manier hoe ons is rerig daar by gehou het is, ons het vooraf besluit watse goed ons definitief wil hê op die troue, en ʼn lysie van goed wat ons sal by sit as daar genoeg geld oor is.  Ons het 85 gaste op die troue gehad.

Eintlik die enigste raad wat ons vir iemand kan gee wat trou is, moet nie skuld maak om ʼn troue te hou nie, doen soveel as wat jy kan met dit wat jy het.  Dit is nie nodig om geld te spandeer op goed wat mense nie na die tyd gaan onthou nie.  Niemand onthou watse kleur was die tafeldoeke, of was daar 3 of 4 kerse op die tafels nie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir Hein was dit definitief toe hy Marnelle vir die eerste keer gesien het in die trougang afloop.

Vir Marnelle, ek het baie merkwaardige oomblikke gehad, my top 3 sal wees:

  1. Toe ek vir Hein uiteindelik sien.  Dit voel asof die dag tot daai oomblik in slow motion beweeg, en dan teen 500km/h daarna!
  2. Toe my pa en my boeties my vir die eerste keer sien.
  3. Om die dag regtig saam met ons naaste mense te kon vier.

Die Besluitnemingsproses:


Ons albei was redelik betrokke.  Ons het meeste van die goed vir die trou beplanner gelos om te doen.  Maar by die groot goed het ons albei ons insette gegee.  Hein, maar soos enige man het eintlik meeste van die tyd net gegaan met “Wat ookal jy wil hê my lief” 🙂

Ons families was betrokke, maar ons wou nie hê enige iemand moes werk op ons trou dag nie, dis die hoof rede hoekom ons ʼn trou beplanner gekry het, ons wou hê almal moes die dag geniet en nie net ons nie.

Paartjie se styl:


Ons is albei baie minimalistiese mense.  Hein hou nie van helder kleure of enige iets uitspattig nie, so hy het gegaan vir ʼn swart 3 stuk pak, met ʼn burgundy das wat by die strooimeisies se rokke gepas het.

Marnelle se trou rok was ʼn 3-in-1 gewees, ek wou al die drama gehad het vir die fotos en seremonie, en iets kort en cute vir die onthaal wat ek saam met my tekkies kon dra.

Trou ringe :

Hein – net ʼn plein swart ring pand.
Marnelle – net ʼn plein witgoud pandjie wat by my verloof ring pas.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Kêrels:

Dis een dag in jou toekomstige vrou se lewe. Ons is nie gepla oor die blomme en die mooi goedjies nie, laat haar toe om dit vir haar mooi te maak.  Maak seker jy drink ʼn lekker koue bier saam jou pelle vir die senuwees , en neem elke oomblik in.  Dis die beste dag van jou lewe.

Dames:

Moet nie alles tot op die fynste detail beplan en oordink nie.  Maak seker jy eet iets terwyl jy reg maak.  Drink genoeg water, neem elke oomblik in die dag gaan só vinnig verby.  Soek vir ʼn tydjie deur die chaos net om ʼn oomblik saam jou man alles in te neem.  Lag baie, en AS iets nie verloop soos dit moet nie, moet nie daaroor stres nie, dis jou dag, ander mense se opinies tel nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Fotograaf en videograaf!! Jeanine en Bernard van Evergreen Lovers Photo & Film.  Hulle is twee sulke besonderse mense.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar is nie een ding van ons troue wat ons sal verander nie, alles was perfek.  Ons sou dalk wel wou hê dit moes nog so twee dae langer wees.

Venue & Dekor:


Al die belangrike datums in ons verhouding het die nommer 7 in.  Ons het Simbali gekontak en gesê ons wil graag in Mei trou, en toe hulle se hulle het NET 7 Mei oop.  Dit was half soos ʼn teken van bo.  Ons het gaan kyk na die venue, en dit was so ʼn maklike besluit eintlik, ons was dadelik verlief.  Ons het net na een venue gaan kyk, en geweet, dis dié een.

Inspirasie agter die trou dekor – ons het ʼn kleur skema gekies, en rondom dit gewerk, ons wou nie baie blomme op die tafels hê nie, minimalisties en eenvoudig was maar die roete wat ons gevolg het.

Indien julle enige inspirasie van Mooi Troues gekry?


Ons het BAIE tafel inspirasie van mooi troues se Instagram af gekry, en so bietjie gevat en los van alles wat ons na ge kyk het, tot ons iets gekry het waarvan ons hou.

Vermaak:


Ons het net ʼn platejoggie gehad.  En ons baie ver swanger skoonsussie het vir ons gesing ook. Side note: Sy kan nie sing nie, maar sy kan perform, en dit was nogal ʼn goeie manier om die mense aan die lag te kry.

Eerste Dans:


Ons het gedans op Theuns Jordaan se liedjie – Hongerhart.  Ons het nie dans lesse gehad het, ons het gesê ons gaan ons dans dieselfde doen as wat ons op ʼn Saterdag aand op ons stoep saam sal dans.

Wittebrood:


Ons was in Mosambiek.  Dit is ons gunsteling plek om heen te gaan.  Hein is baie lief vir visvang, en Marnelle baie lief vir die strand, so ons kon albei doen op ons wittebrood.  Ons het in Machangulo Beach Resort gebly, die kos was ongelooflik lekker, ons kon elke aand op ons stoep sit, ʼn glas wyn drink, en net tyd saam mekaar waardeer.

Hein het op dag 7 gesê: “Ek is baie lief vir jou, maar die raak nou lank.” minwetend dat my pa oppad soontoe is met sy boot sodat hulle kan gaan visvang, my pa het ook my beste vriendin saam gebring, so die girls het lekker op die strand gelê en skemerkelkies drink, en die mans het gaan visvang.  Hein het ook sy grootste vis nóg gevang, so dit was seker die beste vakansie en wittebrood nog ooit vir hom 🙂


    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: