Ewald & Natasha se Prettige Verlowing Fotosessie

In dié inskrywing deel ons Ewald en Natasha se prettige verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie se verlowing fotosessie sal tonne idees bied vir paartjies wat op trou staan en opsoek is na idees vir hulle eie verlowing foto’s.  Verlowing fotosessie is baie meer ontspanne as foto’s op jul troudag, net omrede mens gewoonlik bietjie meer tyd het en minder van ʼn skedule van dinge om te doen.

Dit is ook die perfekte tyd om gemaklik te raak met julle trou fotograaf en ook voor die kamera.  Natasha en Ewald se fotosessie was by die taalmonument in die Paarl, asook Du Toitskloof pas.  Ons hou van die twee verskillende liggings, want dit hou die fotosessie interessant en avontuurlustig.

Ewald en Natasha het besluit op swart en wit uitrustings vir hul verlowing foto’s, wat ons dink lyk so mooi.  Dit skep die perfekte kontras teenoor die agtergrond en die foto’s sal vir altyd in die mode wees en kan vir soveel verskillende doeleindes gebruik word.

Bespreek jou fotograaf deur Mooi Troue se Trougids en geniet julle eie verlowing fotosessie. Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdes paadjie en om die prettige verlowing fotosessie te sien.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ewald het vir my ʼn boodskap op Instagram gestuur en ons het so lekker gesels.  Dit was ʼn maand later wat ons mekaar vir die eerste keer ontmoet het.

Ons was bietjie meer as vyf jaar ʼn paartjie voor ons verloof geraak het.  Ons het daaroor gesels van omtrent vier jaar van saam wees.

Die groot vraag:


Ons was weg vir ʼn naweek Karoo toe saam met vriende.  Dit was die middag voor ons moes huis toe gaan toe ek en Ewald bietjie alleen rond gery het in die natuur reservaat.  Ons het tot heel bo die Gannaga Pas gery waar ons die sonsondergang geniet het.  Ons wou toe ʼn foto saam neem, maar toe het Ewald eintlik ʼn video geneem en my gevra om te trou.

Dit was definitief ʼn verassing! Al het geweet dit kom vir een of ander rede het ek dit glad nie verwag nie.

Na die verlowing was dit só lekker om terug te gaan na ons vriende toe om dit saam hulle te vier.  Daar was geen sein waar ons was nie.  So ons kon ook net die oomblik saam geniet voor ons die volgende dag almal laat weet het.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ewald: “Sy’t ʼn mooi hart, sy is ʼn omgee mens.”

Natasha: “Ewald het ʼn baie rustige geaardheid, min kan om ontstel, maar hy kan ook standvastig wees wanneer hy moet wees.”

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou fotos hê vir ons ‘save the date‘ en trou uitnodiging.  Maar ons wou ook ʼn gevoel kry van die fotograaf dat ons bietjie meer gemakliker kan wees voor die kamera op die groot dag.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het die idee gehad van ʼn baie romanties, maar ook baie formele troue en ons wou hê die fotos moet dieselfde ‘look and feel’ gee, omrede ons die fotos gebruik vir die trou uitnodigings.

Ons fotograaf, Kirsten Jonker, het ons gehelp met plekke waar ons kan neem en dit het baie goed uitgewerk.  Sy het ook inspirasie fotos gestuur waarvan ek gesien het sy verstaan watse idee ek in gedagte gehad het.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: